Mans dink toe nie nét aan seks

2012-01-08 21:12

Mans bestuur hul gesondheid deur seksuele denke. Foto: getty/thinkstock

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Mans is van Mars en vroue van Venus waar almal anders oor dinge dink. Maar verskil gedagtes oor seks werklik so baie? Celinda Groenewaldhet ná ’n nuwe studie hieroor met ’n seksterapeut gesels.

Daar word gesê vir mans om aan seks te dink, is soos die spasies tussen woorde: jyisnieheeltyddaarvan bewusnie, maar dis heeltyd daar.

Maar volgens ’n nuwe studie deur die Ohio-universiteit in die VSA oor mans en vroue se denkpatrone is die mite dat mans elke sewe sekondes aan seks dink bloot net dit: ’n mite.

Indien dit waar was, sou mans tot meer as 8 000 seks­gedagtes in 16 uur gehad het.

“Daar is werklik geen goeie rede waarom die samelewing moet glo dat mans soveel meer aan seks dink as vroue nie.”

Só sê prof. Terri Fisher, die hoofnavorser van dié studie wat vandeesmaand in die Journal of Sex Research gepubliseer is.

Mans dink wel meer gereeld aan seks as vroue, maar volgens Fisher se navorsing dink mans ook meer aan ander biologiese behoeftes, soos slaap en eet, as wat vroue doen.

Luidens die studie onder bykans 300 manlike en vroulike studente tussen 18 en 25 jaar het die mans ’n gemiddeld van 19 keer per dag aan seks, 18 keer aan kos en 11 keer aan slaap gedink.

Die vroue se gemiddelde was 10 keer aan seks, 15 keer aan kos en 8 keer aan slaap.

Mites en hormone


Dr. Marlene Wasserman, ook bekend as Dr. Eve, is ’n bekende kliniese seksuoloog in Kaapstad.

Sy dink nie die navorsing lewer noodwendig aardskuddende nuwe bevindings nie, maar glo dis uiters belangrik om die stereotipe rondom mans se seksuele gedagtes te korrigeer.

“Ek stem heeltemal saam dat ons die mite van mans wat nét aan seks dink, moet ontluister,” sê Dr. Eve.

“Soos die studie bewys, kan mans en vroue aan ander goed soos slaap en kos dink, wat hulle normaliseer, maar ’n mens moet wel ook in ag neem: Is daar iets fout met mans wat aan seks dink?”

Wasserman meen dit word verkeerd verpak dat mans nét aan seks dink en dit dan ook wil hê.

“Dit laat vroue geïntimideer voel omdat hulle onderpresteer of moet oorpresteer,” sê sy.

Sy beklemtoon ook dat mans hul gesondheid deur seksuele denke bestuur.

“Hormonaal sal mans meer aan seks dink as vroue omdat hulle elke 15 minute ’n testosteroon-opwelling kry wat dié proses fasiliteer.

“Ons kan hulle nie daarvoor verantwoordelik hou of beskaam nie.”

Geslag bepaal nié denke

Volgens Fisher is gereelde gedagtes aan seks aan verander­likes verwant wat vêr verwyderd is van iemand se biologiese geslag.

“As jy een ding van ’n persoon moes weet om te bepaal hoe dikwels hulle aan seks dink, is dit beter om te weet wat hul emosionele oriëntasie teenoor seksualiteit is as hul geslag.”

Hoofsaaklik sal ’n mens se verhoudings hul seksualiteit meer bepaal as hormone of geslag, meen Wasserman.

“Baie sterk navorsing wys keer op keer dat mans en vroue deur hul seksuele tekste, wat boodskappe oor seksualiteit, masturbasie, vroue, mans, beskaming en mishandeling kan dra, gedryf word.

“So, selfs ’n man het ’n hart en as sy verhoudings of tekste negatief is, sal hy nie seksueel selfvertroue hê of tevrede wees nie,” verduidelik Wasserman.

Ontkenning van seksuele vryheid


Volgens Fisher dink baie meer vroue aan seks as wat ’n mens sou verwag, hoewel hulle dit nie altyd erken nie.

“Daar was geen vroue in die studie wat nul keer per dag aan seks gedink het nie ... en diegene met ’n hoër erotophilia-punt, oftewel gemak met hul seksualiteit, het meer gereeld aan seks gedink,” sê sy.

Maar vroue wat meer sosiaal aanvaarbaar wou wees, het aangedui dat hulle minder gereeld aan seks dink.

“Ons het gesien vroue wat meer bekommerd is oor watter indruk hulle maak, geneig is om minder seksuele gedagtes aan te meld omdat gedagtes oor seksualiteit teenstrydig is met die tipiese verwagting van vroue.”

Wasserman sê die mites en dubbele standaarde wat steeds bestaan, vul haar met afgryse.

“Op ’n onlangse sosiale geleentheid het ek saam met ’n klompie jongmense en hul ouers gekuier.

“Die mans het gevoel hulle het die reg om vir vroue langs die pad toeter te blaas omdat hulle dit sekerlik as ’n kompliment sien – al het die vroue dit ten sterkste ontken.”

Toe die jong vroue erken dat hulle na nagklubs gaan om ouens te ontmoet vir seksuele flirtasie en pret, het hul ouers dit as sletterige gedrag afgemaak en verklaar hul dogters sal as “gebruikte goedere” gesien word vir ’n toekomstige huwelik.

“Die jong mans is daarteenoor glad nie oor dieselfde kam geskeer nie,” sê sy.

“Dié soort denke sluit vroue daarvan af om hul eie seksualiteit op ’n gesonde en verantwoordelike wyse te eien en hou ernstige gevolge vir seksuele gesondheid in.”

Wasserman sê verder vroue en mans word nie opgevoed of ingelig oor seksualiteit en verhoudings nie.

“Hulle kry nie inentings teen die menslike papilloom-virus (HPV), voorbehoeding of kondome nie en word nooit geleer hoe om krities oor hul eie seksualiteit en verhoudings te dink nie.

“Dié soort opvoeding is broodnodig,” sê sy
 
-Pols-

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bloem: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Group Financial Director

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Senior Financial Director

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Senior Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2005
R 104,995.00

VOLKSWAGEN

Caravelle T4 TDi Highline MPV Dsl
2003
R 189,950.00

VOLKSWAGEN

Caravelle 2.6 Minibus
2002
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.