Is jy gister se rebel, vandag se sot?

2012-01-10 21:45

Probeer jy ook jou week se oefening oor naweke inhaal? Versigtig, die naweekstrydersindroom kan tot beserings lei. Foto: Karl Weatherly,?Thinkstock

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

“A weekend warrior lately ...” lui Iron Maiden se liedjie.

Dié woorde is ook van toepassing op die gryswordende brigade wat dikwels Maandae dokters se spreekkamers volsit ná ’n strawwe naweek, skryf Corné Coetzee.

Jy kan die skuld pak op die mode van gimna­sium toe gaan.

Of die baby boomers se viervoetige vasstekery voor oudword.

Óf dokters wat waarsku dat hartsiekte lê en wag op dié wat net sit en uitsit ...

Hoe dit ook al sy, die sogenaamde weekend warrior – oftewel die naweekstrydersindroom – neem toe.

Dis nou wanneer mense ouer as 30 wat op weekdae lang ure in kantore sit, saans tuis bly by hul gesinne en dan oor naweke oorywerig aan sport deelneem of ambisieuse doen-dit-self-projekte aanpak.

“Dan oefen hulle harder as wat hulle behoort en kry beserings van oorgebruik (soos Achilles tendonitis of gholf-elmboog) of breuke of ontwrigtings,” sê dr. Mark Human, ’n ortopediese chirurg in die Olivedale-hospitaal in Johannesburg.

“Ons praat ook van die testosteroonsindroom: Mense van hier rondom 40 wat minder geoefen het toe hulle langer ure begin werk en kinders gekry het.

“Nou vergeet hulle hulle is nie so fiks nie, maar hulle wil nie by die jonger kêrels afsteek nie.”

Dít kry meestal seer

Die mees algemene naweekstryder-besering wat hy as ortopedis sien, is sleutelbeenbreuk. Dit gebeur dikwels wanneer mense van hul bergfietse afval.

“Mense het baie ervaring en onthou wat hulle kón doen, maar hulle het van die vaardighede verloor,” sê Human.

“Die knie is ook iets wat dikwels seerkry, soos die sogenaamde hardlopersknie.

“Dis die enigste gewrig in die liggaam waarvan die ontwerp nie ideaal is vir die werk wat dit moet doen nie.

“Vroeë artritis is ook ’n probleem vir knieë.

Die oorsaak is ’n knie wat te veel geoefen word wanneer die spiere nie sterk genoeg is om die gewrig stabiel te hou nie.

Wat ek derdespanrugby-beserings noem, is baie algemeen.

Dis beserings onder die ouens wat ná ’n paar jaar teruggaan na rugby speel, maar nie fiks genoeg is vir die eerste of tweede spanne nie.

“Rugby is ’n sport waar ’n mens eintlik twee of drie jaar lank moet fiks word voordat jy dit weer behoort te speel ... dis miskien ’n oordrywing,” lag hy.

Skouers, knieë en Achilles- of hakskeensenings bly gedurig in die slag met rugby.

Moenie oorhaastig wees

Mnr. Sean Viljoen, biokinetikus in ’n private praktyk van Honeydew, Roodepoort, sê ’n algemene besering onder vroue is verstuite enkels of Achilles-senings wat verrek word, veral wanneer vroue gewoond is om die hele week lank hoëhakskoene te dra en dan kragtige oefening doen met plat drafskoene.

Om een keer per week te oefen, is nie ’n goeie plan nie, sê hy.

“Ses dae tussen oefensessies is te lank, ons noem dit die dekondisioneringseffek.

“Mense is ook haastig om aan die oefen te kom omdat hulle tyd beperk is en warm dan nie genoeg op nie. Dis ’n resep vir beserings,” sê hy.

“Aan die ander kant wys studies enige oefening wanneer jy gesond is, is beter as niks.

“Maar as iemand oorgewig is of hartprobleme het, kan een oefensessie per week die liggaam oorlaai,” sê Viljoen.

Hou onmiddellik op oefen wanneer jy ’n skerp of steekpyn voel.

Volg die Rice-noodhulpbeginsels: rus, sit ys op, pas druk toe (soos ’n ligte verband, nie te styf nie) en lig die beseerde ledemaat op (soos ’n voet op ’n kussing) totdat jy by ’n dokter of ’n terapeut kan uitkom ... Maandag, saam met al die ander naweekstryders.

Besoek die Sports Science Orthopaedic-kliniek se webwerf by www.ssoc.co.za vir meer inligting oor die voorkoming en behandeling van beserings.

Vermy beserings só

Human se raad is om jou aktiwiteit weer stadig aan te pak en gewigte of afstande met nie meer nie as 10% per week te vermeerder.

Hy waarsku dat byvoegings en aanvullings soms amfetamien-tipe bestanddele bevat en dikwels baie gevaarlik kan wees. Bly ook weg van testosteroon-inspuitings, sê hy. Dit kan wel prestasie verbeter, maar spiere wat nie oor tyd sterk geoefen is nie, kan daaronder ly.

Viljoen sê dis beter om drie keer per week vir 30 minute op ’n keer te oefen. “As ’n mens dit twee keer oor die naweek doen, soek jy na nog net (minstens) een halfuur om te oefen. Dis ook beter om iets te doen soos met honde of kinders te gaan stap as om niks te doen nie.”

Gebruik die regte tegnieke wanneer jy oefen. Om ’n beweging effens verkeerd talle kere te herhaal, lei na ’n besering. Vra ’n afrigter of lees na.

'n Goeie opwarmtegniek is stap of fietsry teen ’n gematigde pas. Wag met die strek-oefeninge tot later wanneer jou spiere warm is.

Vir meer inligting oor hoe om beserings te vermy, besoek www.realbuzz.com.
 
-POLS-

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bloem: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2005
R 104,995.00

VOLKSWAGEN

Caravelle T4 TDi Highline MPV Dsl
2003
R 189,950.00

VOLKSWAGEN

Caravelle 2.6 Minibus
2002
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.