Kry ’n winskopie vir die wynglas

2012-01-25 06:00

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Net soos Amazon die manier waarop boeke verkoop word radikaal verander het, is daar nou ’n groep webwerf-entrepreneurs wat probeer om dieselfde revolusie in die wynmark te vestig.

In Amerika is daar meer as ’n halfdosyn webwerwe waarop wyn teen tot 60% afslag geadverteer word. Daar is soortgelyke webwerwe met ’n tuisbasis in Brittanje en Australië en daar is selfs een of twee in Frankryk.
 
Hierdie entrepreneurs gebruik die sosiale media om wynliefhebbers bewus te maak van dié winskopies.

Maar is dit werklik goeie aanbiedinge?

“Ek dink dis soms dalk ’n goeie kopie vir die nie-ernstige wyndrinker,” sê Bill Marsano, voormalige wynredakteur by die tydskrif Hemispheres.

“Die ernstige wynversamelaar, wat baie kennis het van wyne, sal moontlik teleurgesteld wees.”

Slurp.co.uk is ’n aanlyn-wynhandelaar wat uit Londen bedryf word. Volgens dr. Jeremy Howard, uitvoerende hoof, werk dit op dieselfde basis as Amazon.

En net soos die Amerikaanse webwerwe hou Slurp sogenaamde kitsuitverkopings waarin wyn teen groot afslagpryse vir ’n baie kort tydperk beskikbaar is – soms so kort as 30 minute.

Daar is ook ’n susterwebwerf in Hongkong.

Albei dié webwerwe adverteer hul kitsuitverkopings op Twitter en Facebook, maar nie per e-pos nie.

Wynhandelaars in Amerika gebruik ook Facebook en Twitter om kliënte te werf. Hulle sal ook e-posse inspan. Wat hulle anders doen, is om langer uitverkopings te hou en geen of min versendingskoste te vra. Hulle sal ook die wyn stoor.

In Europa lyk die prentjie ’n bietjie anders.

Die Franse sakeskool BEM het in ’n studie gevind daar is ’n paar webwerwe in Frankryk, Spanje en Duitsland wat wyn aanlyn verkoop, maar slegs ’n paar span die sosiale media in om verkope te bevorder. Die meeste het geen Facebook-blad nie en slegs ’n paar is op Twitter.

Volgens BEM is R32 miljard se wyn verlede jaar aanlyn verkoop en dié syfer kan vanjaar tot R50 miljard styg.

Dié verkope is gedryf deur webwerwe soos Wine.com, WTSO.com, Invino.com en Vitius.com, wat op Twitter, Facebook en e-pos staatmaak om hul produkte te bemark.

“Ons kliënte is sekerlik nie die gesofistikeerde soort nie, maar ons maak wyn toeganklik vir almal,” sê Elliot Arking, wat saam met sy broer Joseph en seun Jamie WTSO.com bedryf.

“Wine Til Sold Out” se daaglikse aanbiedinge geld – een soort wyn op ’n slag – totdat die laaste bottel verkoop is.

Invino.com se uitverkopings hou gewoonlik ’n paar dae, terwyl Vitius.com ’n gemiddelde van drie uitverkopings per dag het. – Reuters
 

binne die burger

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2005
R 104,995.00

VOLKSWAGEN

Caravelle T4 TDi Highline MPV Dsl
2003
R 189,950.00

VOLKSWAGEN

Caravelle 2.6 Minibus
2002
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.