Gryp ’n boek help jouself

2012-01-25 06:00

Selfhelpboeke kan jou dalk help?.?.?. of jou hard laat worstel om die boek deurgelees te kry.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's



Ek het dekades lank al ’n liefde-haat-verhouding met selfhelpboeke wat my enersyds aan die lees hou met louwarm geesdrif en andersyds laat met die immer brandende hoop dat dié een my eksistensialistiese wa deur die drif gaan trek.

OP DIE PAD IN DIE 1980’S
Die eerste motiverende magnum opus wat ek êrens in die 1980’s onder oë gekry het, was M. Scott Peck se 1978-boek The Road Less Traveled. Nou kyk, Scotty vat nie prisoners nie. Hy sê dit soos dit is – sonder ’n soet lagie. Die eerste sin is iets in die lyn van “Life is difficult. Once you realise that, it is no longer difficult.” Met ongekende deursettingsvermoë het ek dié meesterwerk deurgewroeg, maar dit was, soos oorlede Jan Spies sou sê, soos om geboorte te skenk aan ’n onderstebo ystervark.

My volgende huiwerige uitreik na selfbegrip, kitsbevrediging en die kosmos (nie noodwendig in daardie volgorde nie) was You Can Heal Your Life, die seminale werk van Louise Hay, koningin van kosmiese wys-heid. Dit was fassinerende leesstof en beslis nie sonder meriete nie. (Ek het net tien jaar later my alie af gesukkel om die twee A4-bladsye met al my frustrasies en my hele unhappy childhood op met ’n vuurhoutjie verbrand te kry, soos aanbeveel deur die You Can Heal Your Life-werkboek.)

GEESTELIK IN DIE 1990’S

Vroeg in die 1990’s was The Celestine Prophecy van James Redfield die hoogs neersitbare motiveringsmoetie langs my bed.
Maar hom het ek ook kafgedraf. En amper 20 jaar later is dit interessant wat ek daarvan onthou. Heel eerste is hoe swak dit geskryf is.
 
En twee van die nege paradigmaskuiwende insigte, waarmee ek nogal saamstem. Een: Daar is nie iets soos toeval nie; en twee: As jy nie die regte vrae vra nie, gaan jy nie die regte antwoorde kry nie.

Ná ’n semi-welverdiende blaaskans het ek in die middel-1990’s my leserslendene omgord met die ­Gone with the Wind van motiveringsliteratuur, The 7 Habits of Highly Effective People deur Steven Covey. Dit was, soos die Engelse sê, ’n long, hard slog, maar ek het hom deurgebars en moes myself sterk in die bek ruk om nie die gepaardgaande baan- én begrotingsbrekende Filofax te koop nie.
 
Volgende op my leeslysie, min of meer dieselfde tyd, was Feel the Fear and Do It Anyway van Susan Jeffers, op aanbeveling van ’n lankmoedige terapeut wat ook The Road Less Traveled na my kant toe gestuur het...

So ook, ná ’n ietwat onverkwiklike verhouding, People of the Lie, nog ’n juweel uit Scotty se pen. Wat my van laasgenoemde bygebly het, was dat dit gegaan het oor mense wat hulle in aansienlik groter bollie bevind as yours truly. ’
Maar terug na Feel the Fear.

Dit is een van daardie boeke waarvan jy net die titel hoef te lees om die essensie te verstaan (soos The Virtue of Selfishness van Ayn Rand en He’s Just Not That Into You van Greg Behrendt en Liz Tucillo).

Maar lees, het ek hom deurgelees en nogal baie geleer. Nou nie dat ek vandag ’n begripstoets daaroor sou deurkom nie, maar ek is seker onder hipnose sou ek iets kon kwytraak.

In retrospek is dit interessant om te sien hoe die motiveringstitels se geestelike momentum mettertyd begin toeneem het. Byvoorbeeld, ene Neale Donald Walsh hoor op ’n dag ’n stem. Hy sê dis God wat met hom praat, hy skryf ’n hele boek daaroor.

En niemand lag vir hom nie. Hy lag net al die pad bank toe. Ek self het my geld bymekaar geskraap, Conversations with God gekoop en begin lees, maar dit nie klaargemaak nie. Ek het wel baie entoesiasties onderstreep, en vermoed ek sal dit nou deurwerk as ek dit weer kan kry.

En so, met nog ’n paar ompaaie – wat insluit ’n boek genaamd All God’s Children Are Lost But Only a Few Can Play the Piano deur Sheldon Kopp – het ek my uiteindelik aan die verkeerde kant van die 1990’s bevind...

Die herinnering aan opgestopte skouers, groot hare en brandende ambisie het vervaag, terwyl die nuwe millennium al hoe nader gekom het, met menigtes wat hulle voorberei op alles van die laaste stryd op die vlaktes van Armageddon tot ’n groot rave in die naaste M.O.T.H.-saal.

BRUG TUSSEN GEES EN VLEES
Die fokus het meer begin val op die geestelike, maar dit beteken nie Mammon het die kamer verlaat nie. En met dié lees ek toe ook Robert Kiyosaki se topverkoper Rich Dad Poor Dad, waarvan enige insigte in dié stadium diep verborge lê.

Volgende aan die beurt, om my persoonlike kloof tussen gees en vlees te oorbrug, was The Monk Who Sold His Ferrari van Robin Sharma. Weke lank het die sjarmante Sharma se insigte my tot diep nadenke en baie onderstrepings gestem, tot dit een aand saam met my skootrekenaar in Melville gesteel is. (Ek moet bieg ek was verlig; ek het net té skuldig gevoel as ek lees hoe belangrik dit is om vyfuur soggens op te staan om opheffende literatuur te lees.)

’n Spesiale vermelding gaan aan John Gray se Men Are from Mars, Women Are from Venus, ’n werk wat na my vermoede momentum gegee het aan die spinoff-manie wat die afgelope dekade gevolg het op die meeste motiveringstreffers.
 
So, wat lees ek nou? Verlede jaar het ek vir my 50ste verjaardag ’n geskenkbewys vir ’n boekwinkel gekry en vir my die oudioboek van A New Earth van Eckhart Tolle aangeskaf.

Genadiglik gaan dit toe nie (net) oor groen foendi’s, kristalsoeners en hasiedrukkers nie. Die boek het van begin tot einde vir my sin. En ek het besef al die boeke wat ek deurgewroeg het, het my ’n beter teelaarde gemaak vir die nuwe aarde.

Miskien is dit die geheim: om nie te verwag dat ’n enkele boek ’n wêreld se verskil gaan maak nie. Dalk moet ’n mens eerder die wys­heid aangryp hoe en waar jy dit kry...

Amazon se top-selfhelpboeke
1. Man’s Search for Meaning – Viktor E. Frankl.
2. The 7 Habits of Highly Effective People – Stephen R. Covey.
3. Feeling Good: The New Mood Therapy Revised and Updated – David D. Burns.
4. Awaken the Giant Within: How to Take Immediate Control of Your Mental, Emotional, Physical and Financial Destiny! – Anthony Robbins.
5. The One Minute Manager – Ken Blanchard.
6. Eat That Frog!: 21 Great Ways to Stop Procrastinating and Get More Done in Less Time – Brian Tracy.
7. How to Win Friends and Influence People – Dale Carnegie.
8. Organizing from the Inside Out, Second Edition: The Foolproof System for Organizing Your Home, Your Office and Your Life – Julie Morgenstern.
9. Flow: The Psychology of Optimal Experience – Mihaly Csikszentmihalyi.
10. 50 Self-help Classics: 50 Inspirational Books to Transform Your Life – Tom Butler-Bowdon.
 

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bloem: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Embedded Developer

Cape Town
Communicate Cape Town IT
R30000 - R40000

Software Engineer

Cape Town
Communicate Cape Town IT
R20000 - R30000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2005
R 104,995.00

VOLKSWAGEN

Caravelle T4 TDi Highline MPV Dsl
2003
R 189,950.00

VOLKSWAGEN

Caravelle 2.6 Minibus
2002
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.