Berg jou hele lewe op jou knipmes

2012-01-18 06:00

Victorinox se innoverende knipmes met ’n oulike geheuestokkie.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Een van die eienskappe wat ’n goeie katoeter moet hê, is veelsydigheid sonder om elegansie in te boet.

So byvoorbeeld was die klassieke Switserse leërmes ’n begeerlike ding: eenvoudig dog veelsydig. Maar oordryf dit met te veel goeters wat kan uitvou, uitwip of uitrol en die hele ding raak ’n grap.

Daarom hou ek so baie van Victorinox se nuutste weergawe van dié einste leërmes: ’n lem, ’n skêrtjie, ’n naelvyl en ’n minuskule soliedestaat-hardeskyf wat tot ’n terragreep se geheue kan berg!

Soliedestaat-skywe (SSD) is besig om die nuwe standaard te word omdat hulle vinniger, stiller en betroubaarder as die ou hardeskywe is. Victorinox sê sy mes-weergawe hiervan is die kleinste SSD wat só baie data kan berg. Dit bied outomatiese rugsteun van jou data elke keer as jy dit by jou rekenaar inprop en het selfs ’n klein loodkristal-skermpie wat jou vertel wat aangaan.

’n Terragreep is genoeg om al die data te berg wat die meeste mense in ’n leeftyd kan versamel, selfs al bêre jy al die korrespondensie oor jou rekeningdispuut met die Johannesburgse metroraad in hoëresolusie-fotoformaat daarop. En dit pas gemaklik in jou sak.

Victorinox het terselfdertyd messe met meer beskeie maar steeds baie nuttige USB 3.0-geheuestokkies bekend gestel met kapasiteit wat wissel van 64 tot 512 gigagrepe.
Die pryse is heelwat
hoër as wat die Nigeriër by die verkeerslig jou gaan vra, maar dan is sy modelle waarskynlik nie water- en skokbestand en beveilig teen kuber-mesdiewe nie.

Victorinox het onder meer ’n lekker 007-oplossing vir minstens ’n deel van laasgenoemde probleem: die skywe vernietig hulself as hulle agterkom iemand probeer onregmatig toegang kry. As ’n kuber-inbreker byvoorbeeld veelvoudige wagwoorde probeer, of sagteware gebruik wat die ander veiligheidsmaatreëls probeer omseil, sal jou mes ’n oormaat stroom na die skyfie stuur en dit sodoende permanent onbruikbaar maak.

Baie oulik, maar net as jy in die soort bedryf is waar jy liewer jou inligting sal verloor as dat dit in die verkeerde hande beland, soos spioenasie of krieket-administrasie.

Pryse wissel tussen $3?000 (ja, reg gelees: meer as R24?000) vir die terragreep-weergawe en sowat $650 (sowat R5 225) vir die brood-en-tsjakalaka-weergawe. Al die modelle is beskikbaar in die tradisionele rooi, maar jy kan ook ’n swart weergawe kies wat geen lemme of ander bykomstighede het nie sodat jy dit op die vliegtuig kan saamvat.
 
’n Mes sonder lemme, dus: iets waarmee seker net Switsers vorendag sou kon kom.
 

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bloem: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Director

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Cost Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Group Financial Manager

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2005
R 104,995.00

VOLKSWAGEN

Caravelle T4 TDi Highline MPV Dsl
2003
R 189,950.00

VOLKSWAGEN

Caravelle 2.6 Minibus
2002
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.