Noord-Koreane rou steeds oor hul leier se dood:
Die berugte Noord-Koreaanse leier Kim Jong-Il is op 28 Desember met 'n militêre begrafnis gehuldig. Die wêreld kyk verwonderd na die beeldmateriaal van hordes huilende Koreane, wat deur die land se amptelike nuusagentskap vrygestel word.