Kaapstad

Vrydag

Sunny. Mild.

19°C
24°C

7 day forecasts

‘Malema se woorde gevaarlik, hoor hof

2009-11-25 02:11

Daniëlla du Plooy

Johannesburg

As politikus moet mnr. Ju­lius Malema, leier van die ANC-jeugliga, sy woorde weeg en besef watter invloed dit kan hê.

Só het mnr. Chris Todd, prokureur van die Sonke Gender Justice Network (SGJN), gister in die gelykheidshof in Johannesburg gesê.

Mnr. Mbuyiselo Botha, SGJN-raadgewer, het Malema vroeër voor dié hof gedaag vir haatspraak en teistering nadat hy geweier het om verskoning te vra vir sy opmerkings voor studente van die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie.

Albei regspanne het gister hul slotbetoë gelewer. Malema was nie teenwoordig nie.

Malema het hom in Januarie uitgelaat oor die verkragtingsaanklag waarop pres. Jacob Zuma in 2006 onskuldig bevind is.

Malema het gesê Khwezi (die klaagster se skuilnaam) het ’n “lekker tyd” gehad. “As ’n vrou dit (seks) nie geniet nie, loop sy vroeg in die oggend. Dié wat dit geniet, wag totdat die son opkom en vra ontbyt en taxigeld. Dié oggend het daardie vrou ontbyt en taxigeld gevra. Jy vra nie taxigeld van iemand wat jou verkrag het nie.”

Hy het vroeër in die hof ontken hy het dié uitlatings oor vroue in die algemeen gemaak. “Ek het spesifiek van haar (die klaer) en dié saak gepraat.”

Todd het gesê: “Geslagsdiskriminasie is nie so sigbaar soos rassisme nie, maar is ewe ernstig.

“Sy woorde is nog gevaarliker omdat hy dit by ’n openbare politieke byeenkoms gesê het... jong mense, wat hom as rolmodel sien, het na hom kom luister”

Mnr. Tumi Mokwena, Malema se prokureur, het gesê Malema se woorde is uit verband geruk.

“Net dié enkele sinne is aangehaal. As na die hele konteks gekyk is – Malema is gevra om kommentaar te lewer op Zuma se verkragtingsaak – sou hulle verstaan het wat hy bedoel.”

Uitspraak is voorbehou.
 

Lewer kommentaar op dié storie


Plato 11/25/2009 8:55:37 AM
Die Media gee te veel publisiteit aan die man en die probleem insgelyks is dat `n beduidende persentasie van die massas opsweepbaar is en nie `n te hoe vlak van ontwikkeling beleef het nie. Derhalwe kan Malema maklik `n vonk veroorsaak wat `n rewolusie kan ontketen. Maar my 2sent. Moet dus vir geen oomblik dink hy is `n "nar" of "simpel" nie. Hy kan werklik gevaarlik wees.
chan 11/25/2009 9:52:36 AM
Almal dink Malema is dom. Baie mense het ook gedink dat Hitler en Mugabe is Dom!! PASOP vir Malema!!! hy het 'n GROOT INVLOED op vandag se jongmense. PASOP!!!
Albatros 11/25/2009 10:11:07 AM
Mugabe het vir jare sy volk aan sy kant gehou deurdat elke keer as sy onderdane met hom ongelukkig geraak het, het hy net die blankes geteiken en dan was sy volkie weer soos een agter hom totdat daar uiteindelik niks oor was nie. Waarom sal Malema nie so n voorbeeld van sukses volg nie ?
Op die lang duur is dit ongelukkig net n einde van smart maar vir die oomblik glorie
carin 11/25/2009 12:23:16 PM
malema is so vol haat. 'n leier wat met sulke probleme sukkel is nie werd om 'n leier genoem te word nie, hy is eerder 'n slagoffer van sy eie onsekerhede. soos met steve, joost en ander is dit werklik nie nodig om soveel publisiteit aan hul uitsprake te gee nie, want dit beteken niks positiefs vir die samelwing nie. hulle almal prewel net 'n sinnelose klomp twak en kry lekker as almal dit lees en nog kommentaar ook daarop lewer. daar is baie mense wat meer sinvolle, leersame dinge te vertel het waaraan aandag gegee kan word.
Felix 11/25/2009 12:27:54 PM
Malema is baie gevaarliker as Hitler en ander soortgelykes, omdat hy geen of bitter min kennis het, en dit is duidelik uit die opmerking wat hy so gereeld maak om sy soort aan sy kant te kry deur die ras kaart te speel. Verwyder rassisme totaal en al uit Suid Afrika uit, en die hele ANC en ANCYL sal plat val. Rassisme is hulle fondament, en dit is die kaart wat hulle gebruik het om die verkiesing mee te wen. Geen rassisme = Geen ANC
Hendrik 11/25/2009 12:28:40 PM
Chan is reg, maar Malema 'n "politikus"? Dis skreeusnaaks
Kaapenaar 11/25/2009 1:04:39 PM
Skiet hom vrek! :-)
Johan 11/26/2009 10:38:24 AM
Malema is so onnosel soos 'n Minky Whale.
Maar geen Swarte kan leef sonder om Wittes rassiste te noem nie. Hulle is die rassiste.
Dit is hulle troefkaart want sonder dit kan hulle nie leef nie.
As die taxi se wiel pap is, is dit rassisme.

Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Allistor De Lange sê... Aan diegene wat hulle so skerp uitlaat oor die " dronk Mthembu " storie, oordink asseblief die volgende aspekte :
1. Die demokrasie wat u kritiseer bied aan u die kans om jou opinie te spreek ( vryheid van spraak )
2. Kritiseer u die ANC of verpersoonlik u die neersien mentaliteit op die individu ( almal het die reg tot menswaardigheid )
3. Daar is 'n paar beinvloedende faktore tydens regsprosedures in Suid-Afrika ( politiek, geld, kleur, die geskiedenis en agendas )
Dronkbestuur is verkeerd en onverantwoordelik, maar moet nie die saak uit verband neem met vrugtelose propoganda, asook om iemand te verneder oor sy/haar fisiese voorkoms. Die kommentare strook nie met volwasse denke nie, maar wel met baas-klaas-baas moddergooiery. Die land se probleme ontstaan uit geskiedenis en ons gaan die geskiedenis herhaal keer op keer, want ons wil nie groei nie.Die regering van die dag moet werklik die pleidooi van landsburgers gehoor gee & aksies neem, maar individue wat met negatiwiteit 'n positiewe verandering wil maak, sal patriotisme in die verklarende woordeboek gaan lees. Ek gebruik nie 'n skuilnaam nie. Allistor ( CW ) Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 19-24°C Sunny. Mild. Jhb: 18-32°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm. Pta: 16-32°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 22-30°C More sun than clouds. Warm. PE: 22-27°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Audit Manager(AA)

Gauteng - Pretoria
Network Recruitment CA- Centurion
R850,000-950,000 Per Annum Cost To Company

Financial Director (AA)

KwaZulu Natal - Durban
Network Recruitment CA- Centurion
R850,000-950,000 Per Annum Cost To Company

Tax Accountant

Mpumalanga
Frontline Gauteng (Head Office)
R275,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 1.8T FSi Ambition 3-dr MY09
2009
R 289,990.00

BMW

335i CONVERT EXCLUSIVE AT (E93)
2007
R 489,900.00

TOYOTA

Auris 1.6 RS 5-dr
2009
R 154,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

ASSAGAY

Single Residential - House R 7 500 000

GORDONS BAY

Single Residential - House R 11 500 000

FANCOURT GARDENS

R 4 100 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

Oscars 2010 DVD' s op Uitverkoping

82 Jaar van Uitstaande Rolprente

Casablanca, Titanic, Braveheart, American Beauty, Silence Of The Lambs & meer!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!