Kaapstad

Woensdag

Morning clouds. Mild.

19°C
24°C

7 day forecasts

Dirk Prinsloo dalk aan SA uitgelewer ná sy verhoor vir bankrooftog in Januarie in Belo-Rusland

2009-11-23 01:43

Virginia Keppler

Johannesburg

Die vermeende kinderseksmisdadiger Dirk Prinsloo se verhoor weens ’n mislukte bankrooftog in Belo-Rusland sal waarskynlik teen einde Januarie begin.

Volgens die koerant Sondaghet Prinsloo se Belo-Russiese vriendin, Tatiana, gesê die saak sal volgens die ondersoekbeampte op 10 Desember afgesluit word.

Nadat die polisie-ondersoek klaar is, sal ’n staatsaanklaer die dossier deurgaan.

Dit sal glo tussen vyf en tien dae neem.

Daarna sal dit aan ’n regter gestuur word wat sowat ’n maand tyd het om dit deur te gaan, lui die berig.

Sr.supt. Tummi Golding, woordvoerder van Interpol in Suid-Afrika, het gister by navraag gesê sodra die regsproses in Belo-Rusland afgehandel is, sal die twee lande saam besluit oor wanneer Prinsloo aan Suid-Afrika uitgelewer gaan word.

“Tot dan kan ons geen datum van uitlewering bekend maak nie,” sê Golding.

Volgens Sondag is Prinsloo vir sielkundige waarneming na ’n inrigting gestuur waar vasgestel is hy is nie geestesversteurd nie.

Prinsloo is in Junie in Minsk, hoofstad van Belo-Rusland, in hegtenis geneem.

Hy was hy glo daar in ’n mislukte bankrooftog betrokke.

Prinsloo het glo ’n bank probeer beroof in die klein dorpie waar hy saam met Tatiana en hul eenjarige dogtertjie gewoon het.

Prinsloo word glo ook in Minsk met ’n prostitusienetwerk verbind.

Die gewese advokaat het in 2005 tydens ’n “sakebesoek” aan Rusland verdwyn terwyl hy in Suid-Afrika op borgtog was.

Hy het saam met Cézanne Visser, sy eertydse vriendin, in die hooggeregshof in Pretoria tereggestaan op verskeie aanklagte wat onder meer met seksuele dade met kinders en pornografie verband hou.

Visser, oftewel “adv. Barbie”, is op 11 Oktober skuldig bevind op 11 aanklagte van bedrog, onsedelike aanranding, uitlokking van ’n minderjarige tot onsedelike dade, die besit van kinderpornografie en die vervaardiging van kinderpornografie.

Haar vonnisverrigtinge begin op 8 Desember.

- Die Burger

Lewer kommentaar op dié storie


Redge 11/24/2009 6:13:28 AM
Jou dag van afrekening kom al nader en nader Dirkie!Seker hy sal homself eerder iets aandoen die poefter. Onthou om die family te vra vir BAIE vasoline Dirkie want jy gaan buk buk makouvlei volgende jaar jou stuk gemors!
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Jahendel sê... Sjoe maar julle is en sal altyd kommin wees.Noem net Zuma en almal is op hul perdjies.Stem volkome saam met Charl Botha se kommentaar.Soos julle aangaan sou 'n mens se julle is almal 'n klomp engeljies(voorvaders en moeders was engeltjies)Al verskil tussen nuwe regering en ou regering is die nuwes se k@k kom uit.Die oues s'n was toegesmeer.Hokom dink julle was die vorige ministers so rondgeskuif?Omdat hulle veelsydig was?hoe se die spreekwoord...vee eers voor jou eie deur skoon. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 19-24°C Morning clouds. Mild. Jhb: 14-29°C Morning clouds. Warm.
Dbn: 11-25°C Morning clouds. Mild. Pta: 19-31°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Bfn: 24-33°C High level clouds. Warm. PE: 21-26°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Manager

Gauteng - Johannesburg
Network Finance Menlyn
R380,000-480,000 Per Annum Cost To Company

Communications Manager

Gauteng - Pretoria
Bridgena Barnard Personnel Group
R25,000-30,000 Per Month

Marketing Manager

Gauteng - Pretoria
Bridgena Barnard Personnel Group

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X5 xDrive48i E70 4x4 AT
2008
R 679,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl MY05
2009
R 189,900.00

CHRYSLER

GRAND VOYAGER 3.3 LX AT
2006
R 239,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

NINAPARK

Single Residential R4,920,000

MONTANA PARK

Single Residential R4,590,000

DURBAN NORTH

Single Residential R4,750,000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

Valentynsdag Blomme & Geskenkpakkies

12 Rooi Rose in Sellofaan – Nou R439.00

'n Groot verskeidenheid van Valentynsrose en -blomme, -geskenkpakkies, -juweliersware en baie meer.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!