Kaapstad

Woensdag

Morning clouds. Mild.

19°C
24°C

7 day forecasts

Verkeer ontwrig toe luukse passasiersbus brand

2009-11-23 01:43

Tisha Steyn

George

’n Luukse passasiersbus het Saterdagoggend omstreeks 10:30 op die N2 tussen Mosselbaai en George uitgebrand.

Daar was geen passasiers aan boord van die 62-sitplekbus wat aan Brandt Vervoer behoort nie.

Die bestuurder is ongedeerd.

Volgens Brandt Vervoer was die bus op pad George om buitelandse besoekers op te laai en na Oudtshoorn te neem. ’n Ander busdiens is gevra om die buitelandse besoekers te vervoer.

Volgens ’n ooggetuie, mnr. Steve D’Elboux, ’n fotograaf wat op die toneel aangekom het kort nadat die bus aan die brand geslaan het, het die bestuurder afgetrek nadat hy rook by die agterwiele gewaar het.

“Die polisie was binne oomblikke daar. Hulle het die N2 afgesper. Mosselbaai, George en Eden se brand en reddingsdienste asook die Rooi Kruis se AMS-helikopter was kort daarna op die toneel,” het hy gesê.

Die brand het na bewering in die enjin-kompartement ontstaan en ’n sterk suidoostewind het die vlamme vinnig na die res van die bus versprei.

Verkeer is herlei na die R102 na George. “ ’n Paar motoriste was baie ongelukkig omdat hulle op pad was na die George-lughawe en sou moontlik hul vlugte verpas,” het D’Elboux gesê.

Die brand was omstreeks 12:00 onder beheer.

Die uitgebrande bus is kort daarna na George geneem en die pad is weer vir verkeer oopgestel.

Brandt Vervoer doen landswye toere, asook toere na Namibië.

Lewer kommentaar op dié storie


Emile 11/23/2009 12:48:08 PM
Nogals Ironies... Brandt Vervoer se bus Brandt uit
Paul 11/23/2009 3:52:31 PM
Ek laaik die een van die suid-oostewind wat die brand in die bus versprei het! Ons Kapenaars blameer ook die sedoos vir alles!
Wilhelm Wilkens 11/24/2009 7:57:22 AM
Ironies ja, ek wonder waar die water vandaan verkry is. Eden is glo rampsgebied.
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Jahendel sê... Sjoe maar julle is en sal altyd kommin wees.Noem net Zuma en almal is op hul perdjies.Stem volkome saam met Charl Botha se kommentaar.Soos julle aangaan sou 'n mens se julle is almal 'n klomp engeljies(voorvaders en moeders was engeltjies)Al verskil tussen nuwe regering en ou regering is die nuwes se k@k kom uit.Die oues s'n was toegesmeer.Hokom dink julle was die vorige ministers so rondgeskuif?Omdat hulle veelsydig was?hoe se die spreekwoord...vee eers voor jou eie deur skoon. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 19-24°C Morning clouds. Mild. Jhb: 14-29°C Morning clouds. Warm.
Dbn: 11-25°C Morning clouds. Mild. Pta: 19-31°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Bfn: 24-33°C High level clouds. Warm. PE: 21-26°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X5 xDrive48i E70 4x4 AT
2008
R 679,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl MY05
2009
R 189,900.00

CHRYSLER

GRAND VOYAGER 3.3 LX AT
2006
R 239,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

FAERIE GLEN

Single Residential R17,000,000

THE WILDS

Single Residential R6,800,000

WELGEMOED

Single Residential R4,995,000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

Valentynsdag Blomme & Geskenkpakkies

12 Rooi Rose in Sellofaan – Nou R439.00

'n Groot verskeidenheid van Valentynsrose en -blomme, -geskenkpakkies, -juweliersware en baie meer.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!