Kaapstad

Dinsdag

Mostly sunny. Mild.

21°C
26°C

7 day forecasts

Kind soos hond aan tafel vasgemaak

2009-11-25 06:31

Magdel Fourie

Johannesburg - Uitgeteer, besmeer, al knagende aan ’n vleisbeen en soos ’n hond aan ’n tafelpoot vasgemaak.

Dít is hoe ’n vyfjarige meisie van die Oos-Rand wat glo oor ’n tydperk herhaaldelik verkrag is, onlangs gevind is nadat iemand ’n miaau-geluid gehoor het.

Haar ma, vermoedelik ’n prostituut wat dalk selfs die kind uitverhuur het, word nou van kinderverwaarlosing aangekla.

’n Buurvrou het op die kind afgekom nadat sy ’n geluid uit ’n plakkershut in Etwatwa gehoor het. Sy het toe die deur afgeskop, het Philip Stoneman van die iThemba-verkragting-en-trauma-steunsentrum in Benoni gesê.

’n Waterbak het langs die kind op die vloer gestaan. “Sy was baie vuil en dit blyk sy het selfs van haar eie ontlasting geëet.”

Sy het dik eelte op haar knieë, enkels en elmboë gehad, kon nie loop of praat nie en was nie in staat om ’n toilet te gebruik nie.

“Sy was baie aggressief en het hard gelag. Sy het glad nie gereageer op liefde van die sorgwerkers nie. Toe een van die werkers haar ’n poppie gee, het sy dit net weggesmyt.”

Duidelike bewyse van herhaaldelike verkragting oor ’n lang tydperk is gevind, het Stoneman gesê. Dit is onduidelik of dit met ’n geslagsorgaan of ’n objek was.

Haar ma is in aanhouding, het kapt. Timothy Masilela, polisiewoordvoerder, gesê.

Sedert “Klein L,” soos die werknemers van iThemba haar noem, in die sorg van ’n sorgwerker in Etwatwa geplaas is, het haar toestand en gedrag reeds baie verbeter, het Stoneman gesê.

- Beeld

Lewer kommentaar op dié storie


Elana 11/25/2009 10:15:48 AM
My hart gaan uit na hierdie onskuldige kind. Ek sal nooit kan verstaan hoe enige man so iets aan 'n kind of vrou kan doen nie. Dit is hoekom ek die doodstraf ondersteun. Sulke mans is nie welkom in hierdie wêreld van ons nie. Hulle moet uitgeroei word.
Fouche 11/25/2009 11:02:12 AM
...en hierdie mense het stemreg! Lyk my die optimiste onder ons, wat reken Afrikane kan volgens beskaafde, Westerse reels en norme leef, se antwoorde raak op. Dis seker net in Afrika waar 'n ma haar 5 jarige kind laat verkrag vir geld. Viva ANC, viva Afrika
Ongebleddielooflik.
Annaleen 11/25/2009 11:28:47 AM
Vir die ma is daar net een straf doen presies aan haar wat sy aan die klein dogtertjie gedoen het. Vir so 'n ma kan jy nie 'n mens noem nie sy is in my oe net 'n barbaarse gedrog. Maar volg die storie en kyk gedrogte soos dit wat onskuldige kinders so laat ly sal skot vry kom. Ek moet nooit die ding(want vrou kan jy haar nie noem nie)raak loop nie want ek sal nie verantwoordlik wees vir my dade nie.
Jannie van Pretoria 11/25/2009 11:36:11 AM
Nee julle het dit verkeerd. Volgens Julius sal die appartheid se skuld wees. Dit is al die miljoen immegrante wat na die Land van Melk en plenty toe kom
afgryslik 11/25/2009 12:13:17 PM
ek stem saam met fouche. dit wil vookom asof ons in hierdie land met heelwat mense te doen het wat hulle soos diere gedra.hulle lewe van teer op ander, plundery en geweld soos bloeddorstige ondiere. hoeveel eeue gaan ons nodig hê om sulkes op aanvaarbare standaard te kry en wat moet intussen van die land word! wat gaan van so 'n arme kindjie word? sal sy ooit naastenby 'n normale lewe kan hê of sal genadedood dalk beter wees vir haar. ek dink die ouers en "gebruikers" van die kind moet baie stadig met klippe doodgegooi word.
msrlene 11/25/2009 12:25:26 PM
ek stem saam met analeen sit haar in 'n klein kamertjie en doen dieselfde aan haar sy is nie werd om 'n ma genoem te word nie ek stem vir die doodstraf
Annette Kruger 11/25/2009 12:42:56 PM
Ek kan eerlikwaar nie verstaan hoe sy net vir verwaarloosing kan aangekla word nie. Dit is verskriklik, arme kind. Dis net verkeerd!!!
liza 11/25/2009 12:47:37 PM
waarom kinders he en dan hul soos diere behandel. daardie kind het nie gevra om daar te wees nie. as jy nie wil kinders he nie hou op om rond te slaap.
dikstem 11/25/2009 1:16:21 PM
Bring terug die doodstraf vir sulke misdade.
Debra 11/25/2009 2:15:40 PM
Geen woorde...net trane en nog baie trane...wat het van ons wereld geword?!
Sharon 11/25/2009 2:38:08 PM
Ek kan nie glo wat ek lees nie. Ag nee man. Daar is hoeveel mense wat nie kan kinders he nie, wat hierdie dogtertjie met ope arms sou verwelkom het. En dan word ma net vir 'n paar dae dalk toegesluit. Ek stem, doen aan haar wat sy aan haar kind gedoen het. Ek hoop die dogtertjie kan ten volle gerehabiliteer word met die regte liefde en aandag.
Anomiem 11/25/2009 3:08:49 PM
Ek gaan nie my woorde op hierdie DIER mors nie!
Wilna 11/25/2009 3:45:45 PM
Dit is totaal en al onmenslik !
@Fouche 11/25/2009 4:04:58 PM
Het jy dalk vergeet van Josef Fritzl? Dit is mense wat sulke goed doen, nie net swartmense nie. Hou op om sulke stories as regverdiging vir jou rassisme te gebruik.
vsa boer 11/25/2009 4:45:20 PM
Daar was nou onlangs die geval in Amerika van Jaceylee Dugard wat op 11jarige ouderdom deur 'n egpaar ontvoer en toe oor 'n tydperk van 18jaar in 'n sinkgebou in die ontvoerder se agterplaas aangehou is. Hy het 2 kinders by haar verwek. Dis vreeslik wat mense kan doen en ja ons is maar net soogdiere met 'n stel reels om ons gedrag te reguleer maar daarsonder verval ons maar in gedragswyse soos oor en oor bewys die hele wereld deur.
Katinka 11/25/2009 4:47:56 PM
Elke dag lees ek berigte wat my ontstel,maar die een ontstel my so ek wil sommer huil.
Ek hoop en bid dat die kind in veilige hande beland en sy hopenlik eendag herstel en liefde leer ken.
Sonika Carse 11/25/2009 5:24:02 PM
Kan dit nie eers glo nie!! en mens kry rerig sulke SIEK mense!!! doodstaf sal nooit trerug kom nie, nes dit nooit sal gebeur dat stort gan keer dat jy nie VIGS kry en dan wonder ons hoekom sulke onmenslike goed gebeur!!!!!
Marie 11/26/2009 5:33:29 AM
Sjoe, dit is absoluut afgryslik. Lank laas het 'n storie trane gebring!! Dis net vir my erg om te dink dat so 'n kind waarskynlik nooit sal kan herstel nie, nooit "normaal" sal kan verstaan of "reg en verkeerd" sien soos ander kinders van haar ouderdom nie. Haar ontwikkeling (verstandelik, emosioneel, sosiaal...) is op ALLE vlakke permanent beskadig. As iemand wat werk binne die opvoedkunde, is ek ontsettend bekommerd. Mens kan net vir so 'n meisie bid, dat sy uiteindelik wonderbaarlik sal kan herstel. Dis 'n lang paadjie.
In vroeer eeue sou die ma/verantwoordelikes sonder twyfel gehang word of gestenig word. Dit laat mens dink, dat as 'n ernstige soortgelyke straf NIE toegepas word nie, dan is daar mos groot fout met ons samelewing. Hoe kan ons as mense dan so iets toe laat?
Klaas 11/26/2009 6:31:24 AM
Sies! Ons is veronderstel om bo-aan die Skepping te wees!
Kaapenaar 11/26/2009 6:52:45 AM
Bring terug die doodstraf. Haal hierdie dieragtige gene uit die "gene pool".
Johan 11/26/2009 7:04:44 AM
Vat die gemors van 'n ma & gooi haar vir die leeus.
Maar selfs 'n leeu het sy trots, hulle sal haar straks net bekyk.
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne die burger

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-26°C Mostly sunny. Mild. Jhb: 17-29°C Sprinkles early. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 14-25°C More sun than clouds. Mild. Pta: 19-31°C Morning clouds. Pleasantly warm.
Bfn: 24-32°C Sunny. Warm. PE: 22-32°C Drizzle. More sun than clouds. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Finance Executive

Gauteng - Johannesburg
Network Finance Menlyn
R650,000-750,000 Per Annum Cost To Company

Group Art Director

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

MUSIC AND GAMES PRODUCT MANAGER

Gauteng
MultiChoice Africa
R300,000-550,000 Per Annum

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

TT Roadster 2.0 TFSi S-Tronic
2008
R 409,260.00

BMW

320i E90
2006
R 185,000.00

AUDI

A6 3.0 TDi Quattro Tiptronic Dsl MY06
2007
R 319,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

EVERTON

Single Residential R9,500,000

BEACON BAY

Single Residential R3,650,000

SALT ROCK

Single Residential R2,950,000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

Valentynsdag Blomme & Geskenkpakkies

12 Rooi Rose in Sellofaan – Nou R439.00

'n Groot verskeidenheid van Valentynsrose en -blomme, -geskenkpakkies, -juweliersware en baie meer.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!