Kaapstad

Dinsdag

More sun than clouds. Mild.

21°C
26°C

7 day forecasts

Resessie knou Wes-Kaapse regering se inkomste uit dobbelary, sê minister

2009-11-27 03:19

Philda Essop

Kaapstad

Die resessie knyp ook in die dobbelbedryf.

Dít blyk duidelik uit die laer inkomste wat die Wes-Kaapse regering die afgelope boekjaar uit dobbelary gekry het.

Mnr. Alan Winde, provinsiale minister van finansies en ekonomiese ontwikkeling, het gister syfers hieroor in sy aansuiweringsbegroting bekend gemaak.

“Casino-belasting het in die boekjaar 2009-’10 gedaal weens die swakker ekonomiese klimaat. Die provinsie het potensiële inkomste van tot R40 miljoen per jaar op middeltermyn verloor.”

Daar is altesaam vyf casino’s in die Wes-Kaap.

Winde het voor sy toespraak op ’n nuuskonferensie gesê as die ekonomie probleme het, styg drankverkope en dobbelary gewoonlik. “Die syfers toon egter dat mense nie geld het om te dobbel nie.”

Volgens hom is die belasting wat casino’s moet betaal vanjaar verhoog.

Luidens die Wes-Kaapse Sestiende Wysigingswetsontwerp op Dobbelary en Wedrenne gaan die koste van die jaarlikse casino-bedryfslisensies van R120 000 tot R172 000 styg. Die jaarlikse verhoging vir ’n beperkte dobbelmasjienlisensie styg van R60 000 tot R86 340, terwyl die totalisator-bedryfslisensies van R2 400 tot R3 450 styg.

Ander inkomstebronne van die provinsie sluit motorvoertuiglisensies en hospitaaltariewe in.

- Die Burger

binne die burger

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-26°C More sun than clouds. Mild. Jhb: 16-29°C Sprinkles early. Morning clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 14-25°C More sun than clouds. Mild. Pta: 19-31°C Morning clouds. Pleasantly warm.
Bfn: 24-32°C Sunny. Warm. PE: 23-33°C Drizzle. More sun than clouds. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 1.8T FSi Ambition MY09 8-sp Multitronic
2008
R 279,995.00

AUDI

A3 1.8T FSi Ambition 3-dr MY09 S-Tronic
2009
R 285,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.6i VeloCiti 5-dr Phase II
2007
R 79,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

NINAPARK

Single Residential R4,920,000

MONTANA PARK

Single Residential R4,590,000

DURBAN NORTH

Single Residential R4,750,000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

Valentynsdag Blomme & Geskenkpakkies

12 Rooi Rose in Sellofaan – Nou R439.00

'n Groot verskeidenheid van Valentynsrose en -blomme, -geskenkpakkies, -juweliersware en baie meer.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!