Kaapstad

Dinsdag

More sun than clouds. Mild.

21°C
26°C

7 day forecasts

Eskom-hoof se verhoging ‘klap in verbruiker se gesig’

2009-09-17 03:14

Marelize Barnard

Kaapstad - Die burgemeesterskomitee van Kaapstad is woedend oor die reuse-salarisverhoging van Eskom se baas en sê Eskom se topbestuur het heeltemal voeling verloor met die finansiële werklikheid.

Mnr. Clive Justus, burgemeesterskomiteelid vir nutsdienste, het in ’n ongewone stap op gister se burgemeesterskomiteevergadering ’n sterk bewoorde verklaring op rekord geplaas waarin hy uitgevaar het oor mnr. Jacob Maroga, Eskom se uitvoerende hoof, se 26,7%-verhoging.

Hy het gesê Maroga se salaris moet in der waarheid eerder gesny word en het gevra dat verbruikers standpunt moet inneem hieroor.

Justus meen die verhoging is net eenvoudig ongevraagd, in ag genome dat daar reeds tariefverhogings van tussen 40% en 60% per jaar vir die volgende aantal jare deur Eskom oorweeg word.

Mnr. Mike Schüssler, ekonoom van T-Sec, het gesê die verhoging is ’n klap in die gesig van verbruikers. Daar is geen ander manier om dit te beskryf nie.

“Dié soort verhoging is beslis onvanpas in tye waarin almal sukkel,” het Schüssler gesê.

Justus het bygevoeg tot Maroga en ander bestuurslui van Eskom in hul oorspronklike doelwitte slaag, moet hul salarisse gesny word totdat hulle beter presteer, of afgedank word.

“Maroga se verhoogde salaris van ’n reeds massiewe R3,9 miljoen na R4,9 miljoen (per jaar) is ’n belediging. ’n Bedrag soos dié strook glad nie met inflasie nie,” het Justus gesê.

Hy het verder uitgevaar en gesê Eskom het ook heeltemal voeling verloor met die behoeftes van sy klante. “Dit wil vir my lyk hoe slegter jy presteer, hoe meer kan jy eis. En dít in ’n tydperk waarin Eskom elke aand op televisie met ernstige kragverbruik-waarskuwings aandui dat hy nie kan voldoen aan die vraag van sy verbruikers nie.”

Justus het Eskom verder gekap oor sy finansieringsmodel wat steeds in die donkerte gehou word, maar wat reeds in Junie aan die Nasionale Energie-reguleerder (Nersa) beloof is.

Mnr. Pieter van Dalen, DA-LP, het op Dinsdag se parlementêre portefeuljekomitee oor openbare ondernemings gesê Eskom sal slegs weer deur die publiek vertrou word indien Maroga sy verhoging en bonusse opoffer.

“Ons verwag nie krisisbestuur wanneer daar R5 miljoen betaal word aan die salaris van Eskom se bestuurder nie,” het Van Dalen gesê.

Eskom se volgende tariefverhoging-aansoek moet teen einde vandeesmaand by Nersa ingehandig word.


- Die Burger

Lewer kommentaar op dié storie


Vreeslik 9/17/2009 8:57:33 AM
Dit is 'n belediging. Wonder hoe "Slim" hy werklik is. Kan hy ooit ordentlik praat?
Colin 9/17/2009 9:23:26 AM
Wat by Eskom aan die gang is, is 'n Godskreiende skande en as die regering nie na dese ingryp nie, moet ons maar besef die stryd is verloor. Hoe Maroga nog steeds daardie pos kan beklee is om van te huil. Na al die vroee waarskuwings en dan nog dit ook. Nee wat, die boompie moet geknak word. Gouer as gister.
Andries 9/17/2009 9:26:18 AM
Hierdie is eintlik lagwekkend,maar net as jy n oordrewe sin vir humor het.Ek wonder hoe voel die mense wat vir dae lank staak sonder salaris om net n verhoging te kry wat tred hou met die lewenskoste.Dit moet eintlik goed gaan met Eskom.Hulle is die enigste besigheid wat elke aand op tv adverteer dat ons nie hulle produk moet gebruik nie.Mr Maroga,you lucky devil.Wys jou net die gevaar van hierdie monopolie.
Brünhilde 9/17/2009 9:31:28 AM
Ek dink dis 'n skreiende skande, ek sou eerder verwag dat paar mense se koppe moes waai i.p.v. reuse verhogings kry. Hoe op aarde regverdig hulle so iets, wie besluit dat hy so 'n verhoging moet kry. Ek dink dis hoog tyd dat iemand iets omtrent die ESKOM saak doen.
Andries 9/17/2009 9:33:17 AM
Hierdie is eintlik lagwekkend,maar net as jy n oordrewe sin vir humor het.Ek wonder hoe voel die mense wat vir dae lank staak sonder salaris om net n verhoging te kry wat tred hou met die lewenskoste.Dit moet eintlik goed gaan met Eskom.Hulle is die enigste besigheid wat elke aand op tv adverteer dat ons nie hulle produk moet gebruik nie.Mr Maroga,you lucky devil.Wys jou net die gevaar van hierdie monopolie.
harry 9/17/2009 10:20:54 AM
Nou gaan hy seker bedank, en dan gee Eskom hom nog 10 miljoen as skeidings pakket.
Laura 9/17/2009 11:29:16 AM
Lagwekkend is nie snaaks nie, wie op aarde is so dig dat hulle so n verhoging aanbeveel/goedkeur, dit moet seker die selfde "beamptes" wees wat Eskom hanteer, swak swakker en pateties. Terwyl duisende mense sonder krag sit om rede hulle nie geld het om die duur krag te betaal nie, doen Eskom sulke idiootiese goed. Gaan die regering iets hieraan doen??? of is die dae van wonderwerke verby??
Henriette 9/17/2009 11:38:24 AM
Absoluut belaglik! Geen wonder hy kan nie sy werk doen nie. Seker te besig om uit te werk hoe om sy fortuin te spandeer en bele. Sluit hierdie belaglike salaris nie-belasbare by-voordele van die soustrein in?
D.T.M @ Brunhilde 9/17/2009 12:25:59 PM
Brunhilde, dit is een ding om daaroor te praat, maar totaal iets anders om iets daaroor te doen. Wat stel jy voor word daaromtrent gedoen?
gysie 9/17/2009 12:41:38 PM
Walglik!
WILLEM 9/17/2009 12:49:23 PM
EK KRY DIE IDEE DAT NERSA GEEN BENUL HET WAT BY ESCOM AAN DIE GANG IS NIE.WIE IS IN ELKE GEVAL SOVEEL GELD WERD,TYD HET GEKOM DAT IETS GEDOEN WORD AAN HIERDIE BAKHANDE WAT KORT-KORT GEHOU WORD. DIE VERBRUIKER IS VERDOMP AL VOOS!!!! SAGKENS GESTEL!! SLAPGATTE.!!
Sara 9/17/2009 1:29:43 PM
Nou is ek sommer die **##@ in. Dit is verregaande !!
Hoffie 9/17/2009 2:01:36 PM
4.9 Miljoen per jaar kom neer op meer as 400 duisend rand per maand, hoe op aarde bestee mens soveel geld???
Realis 9/17/2009 2:08:37 PM
Doeltrefendheid, pligsgetrouheid, hardwerkendheid,integriteit, produktiwiteit,... , is begrippe wat nie in "nuwe SA" verstaan word nie
Hennie 9/17/2009 2:22:00 PM
Ek kan nie sterk genoeg woorde vind om my afkeur uit te spreek nie.
Pepi 9/17/2009 3:10:15 PM
Wat is mnr Jacob Maroga se kwalifikasies, weet iemand?
Deon 9/17/2009 6:15:21 PM
Dit is nou wat gebeur in 'n een party staat. Ons het nie 'n opposisie nie, want hulle is te klein. Niemand in hierdie regering steur hulle aan die opposisie se klaery en skellery nie, want hulle weet daar is nie 'n manier hoe hulle uitgeskop kan word nie. Die een kan ook nie die ander skuld gee oor iets en hom afdank nie, want almal is ewe skuldig. Die probleem is net dat iewers in die toekoms sal Suid Afrika so bankrot wees soos Zimbabwe en dan gaan wie vir SA sorg. SA sorg vir Zim en baie ander Afrikalande, maar as die gans dood is, waar gaan die goue eiers dan vandaan kom. Dank die hele bestuur af en stel mense aan wat weet wat hulle doen, nie struggle comrades of vriende en familie nie, maar mense met die nodige kwalifikasies en 'n CV. JZ het mooi beloftes gemaak voor die verkiesing, maar nou begin hy maar net weer na Ntuli huis se pype dans. Geen ferm leierskap wat slapgatte op hul plek sit nie.
Pieter 9/17/2009 9:11:27 PM
Ag lekker nuwe Suid Afrika, hoe meer nonsens jy aanjaag hoe groter jou salaris.
Rysmier 9/17/2009 11:10:11 PM
Pepi. Ek weet wat Jakob se kwalifikasies is. St 8 met houdwerk - nes neef maaalema.
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne die burger

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-26°C More sun than clouds. Mild. Jhb: 16-29°C Sprinkles early. Morning clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 14-25°C More sun than clouds. Mild. Pta: 19-31°C Morning clouds. Pleasantly warm.
Bfn: 24-32°C Sunny. Warm. PE: 23-33°C Drizzle. More sun than clouds. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2008
R 109,900.00

AUDI

A4 1.8T FSi Ambition MY09
2009
R 332,000.00

TOYOTA

RunX RSi 5-dr
2003
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

HOUT BAY

Single Residential R4,650,000

KWAAIWATER

Single Residential R27,900,000

MIDFIELD ESTATE

Single Residential R3,000,000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

Valentynsdag Blomme & Geskenkpakkies

12 Rooi Rose in Sellofaan – Nou R439.00

'n Groot verskeidenheid van Valentynsrose en -blomme, -geskenkpakkies, -juweliersware en baie meer.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!