Kaapstad

Woensdag

Morning clouds. Mild.

19°C
24°C

7 day forecasts

Getuienis ‘hou nie gevaar vir staat in’

2009-11-25 02:12

Marga Ley

Johannesburg

Daar is hoegenaamd geen gevaar vir die staat nie indien die oud-intelligensiehoof getuienis sou lewer oor die bestaan van ’n hoogs geheime dokument wat na bewering deur mnr. Jackie Selebi aan sy vriend mnr. Glenn Agliotti gewys is.

Regter Meyer Joffe het gister die aansoek van die minister en direkteur-generaal (DG) van staatsveiligheid om te keer dat mnr. Barry Gilder getuig, van die hand gewys.

Gilder is die voormalige ­koördineerder van die nasionale intelligensie-koördineringskomitee (Nicoc).

Joffe het bevind vrae oor die bestaan van die dokument en oor een paragraaf daarin waarvan die inhoud reeds bekend is, stel nie die staat se inligtingsprosesse, metodes en bronne in gevaar nie, soos aangevoer deur adv. Marumo Moerane SC, vir die minister en DG.

Joffe het gesê hy sal die getuienis met geslote deure aanhoor om sodoende bykomende versekering aan die minister en DG te bied dat niemand sal hoor wat in die dokument staan nie.

Dié hoogs geheime dokument – waarvan die inhoud nou volgens die departement van staatsveiligheid selfs vir die regter en die hof té geheim is – is volgens Agliotti deur Selebi aan hom gewys.

Selebi het aan Agliotti vertel die paragraaf waarin beweer is dat hy geld van die Kebbles ontvang, is uit Nicoc se finale dokument gehaal en dat hy (Selebi) aangedring het op ’n skriftelike verskoning.

Die brief met die verskoning is na bewering deur Gilder ­geskryf.

Adv. Gerrie Nel, vir die staat, wil hê Gilder moet bevestig dat die dokument bestaan het en dat hy die verskoningsbrief aan Selebi geskryf het.

Net nadat die media en almal in die hof se openbare galery gevra is om die hof te verlaat sodat Gilder kon getuig, het Moerane uitstel gevra sodat hy met die minister en DG kan praat oor ’n moontlike appèl teen Joffe se bevinding.

Agliotti, ’n veroordeelde dwelmbaas wat ook gaan teregstaan van die moord op die mynmagnaat mnr. Brett Kebble, het vroeër getuig Selebi het die dokument aan hom ­gewys. Hy het getuig oor ’n paragraaf waarin inligting was dat die sakeman mnr. Jurgen Kögl beweer het dat geld van die Kebbles na Selebi vloei.

Die saak is tot Dinsdagoggend uitgestel.

Joffe het dit reeds telkens in die hof duidelik gemaak dat hy voel die saak vorder nie vinnig genoeg nie en dat daar te veel om uitstel gevra word.

Die staat het reeds aangedui dat Gilder sy laaste getuie op sy aanvanklike lys van 65 getuies is.

- Die Burger

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Jahendel sê... Sjoe maar julle is en sal altyd kommin wees.Noem net Zuma en almal is op hul perdjies.Stem volkome saam met Charl Botha se kommentaar.Soos julle aangaan sou 'n mens se julle is almal 'n klomp engeljies(voorvaders en moeders was engeltjies)Al verskil tussen nuwe regering en ou regering is die nuwes se k@k kom uit.Die oues s'n was toegesmeer.Hokom dink julle was die vorige ministers so rondgeskuif?Omdat hulle veelsydig was?hoe se die spreekwoord...vee eers voor jou eie deur skoon. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 19-24°C Morning clouds. Mild. Jhb: 14-29°C Morning clouds. Warm.
Dbn: 11-25°C Morning clouds. Mild. Pta: 19-31°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Bfn: 24-33°C High level clouds. Warm. PE: 21-26°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Marketing Manager

Gauteng - Pretoria
Bridgena Barnard Personnel Group

Senior Fraud Investigator

Gauteng - Pretoria
Bridgena Barnard Personnel Group

Accounts Manager - Printing

KwaZulu Natal - Durban
Bridgena Barnard Personnel Group

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X5 xDrive48i E70 4x4 AT
2008
R 679,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl MY05
2009
R 189,900.00

CHRYSLER

GRAND VOYAGER 3.3 LX AT
2006
R 239,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

FAERIE GLEN

Single Residential R17,000,000

THE WILDS

Single Residential R6,800,000

WELGEMOED

Single Residential R4,995,000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

Valentynsdag Blomme & Geskenkpakkies

12 Rooi Rose in Sellofaan – Nou R439.00

'n Groot verskeidenheid van Valentynsrose en -blomme, -geskenkpakkies, -juweliersware en baie meer.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!