Kaapstad leerders in gru-ongeluk in Pinelands
2009-11-16 16:30
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Die Burger op
Jana Breytenbach
Twee tienerseuns is vanmiddag dood en drie beseer in ’n ongeluk op Jan Smuts-rylaan, in Pinelands.
Almal is leerders by die Hoër tegniese skool Oude Molen.
Die bestuurder, met 4 passassiers, het in 'n wit jetta gery.
Hulle het omsteeks 12:15 ’n trok probeer verbysteek en het beheer oor die voertuig verloor.
Volgens insp. Tando Sonjica, polisiewoordvoerder, het die motor gerol en net voor die verkeersligte, reg voor die Old Mutual-gebou, tot stilstand gekom.
“Die motor het op sy dak geland. Twee seuns, onderskeidelik 16 en 18 jaar oud, is op die toneel oorlede,” het Sonjica gesê.
Lees die volledige berig in more se Die Burger.