Kaapstad

Donderdag

Sprinkles early. Morning clouds. Mild.

20°C
27°C

7 day forecasts

Hoë bedank oor fiasko met snelbusdiens

2009-12-24 04:59

Marelize Barnard

Kaapstad

’n Jaar van hoogdrama met die omstrede Kaapstadse snelvervoer-busdiens het gelei tot die bedanking gister van een van die mees senior amptenare in die Kaapstadse munisipaliteit.

Benewens ’n kort verklaring het die Kaapse stadsraad en die betrokke amptenaar, mnr. Eddie Chinnappen, onderneem om verder tjoepstil oor die fiasko te bly.

Dit volg nadat daar vroeër vanjaar op die laaste nippertjie deur die munisipaliteit se afdeling van vervoer, paaie en stormwater aan die portefeuljekomitee oor finansies verslag gedoen is dat ’n berekeningsfout van R2 miljard met dié busdiens gemaak is.

Nie alleenlik is die kapitaaluitgawes vir dié busdiens onderbereken nie, maar die jaarlikse operasionele uitgawes van R125 miljoen is ook buite berekening gelaat.

Gister het die Kaapse stadsraad in ’n verklaring bekend gemaak dat Chinnappen, voorheen uitvoerende direkteur van vervoer, paaie en stormwater, bedank het voordat ’n tugproses oor sy betrokkenheid by die fiasko voltooi kon word.

In die verklaring van net ses paragrawe word min gesê oor die fyner besonderhede van die fiasko met die onderberekening van die kostes.

Daar word egter uitdruklik gesê nié Chinnappen of die stadsraad gaan enige verdere kommentaar lewer op sy betrokkenheid by die fiasko nie.

Dié hoë amptenaar gaan nie sy kennisgewingtydperk van drie maande uitwerk nie en daar gaan ook nie ’n tugproses wees nie.

Luidens die verklaring is ’n proses van private mediasie op versoek van Chinnappen gevolg.

Met die afhandeling van dié proses het Chinnappen bedank.

Die onafhanklike mediator, me. Sarah Christie, het voorgestel dat Chinnappen se bedanking in ooreenstemming met sy werkkontrak aanvaar word en dat daar nie aangevoer of bevind is dat Chinnappen bedrog gepleeg het of oneerlik was nie.

Daar is ook nie aangevoer of bevind dat Chinnappen se optrede sy integriteit geskaad het nie, aldus die verklaring.

Die stadsraad het vroeër reeds aangekondig dat slegs ’n beperkte deel van die oorspronklike Fase 1A van die busdiens voltooi gaan word.

Nou word daar eers daarop gefokus om aan die vervoervereistes vir die Wêreldbeker-sokkertoernooi van 2010 te voldoen.

Benewens die onderberekening was daar vanjaar ’n verdere terugslag met dié reuse-projek weens die ekonomiese insinking en geldtekorte wat die plaaslike en die nasionale regering ondervind.

- Die Burger

binne die burger

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 20-27°C Sprinkles early. Morning clouds. Mild. Jhb: 16-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 13-28°C Mostly sunny. Pleasantly warm. Pta: 16-31°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 21-29°C More sun than clouds. Warm. PE: 20-27°C Thunderstorms. Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Head of Deparment: Accounts & Admin

Gauteng - JHB North/Sandton
Profile Media (Pty) Ltd
R400k p.a. ctc negotiable

Senior Developer

Gauteng - Midrand
MC²

Financial Accountant

Gauteng - Johannesburg
Network Finance Menlyn
R250,000-300,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Passat 1.8 TSi Highline
2008
R 278,025.00

NISSAN

Tiida 1.6 Visia+
2007
R 104,899.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 5-dr
2008
R 159,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

CENTURION GOLF ESTATE

Single Residential - House R 6 200 000

UMHLANGA

Single Residential - House R 10 000 000

SOUTHBROOM

Single Residential - House R 9 625 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

e-Boeke is Nou Beskikbaar by kalahari.net

Tot 50% Af Op Top e-Boek Titels

Laai net Adobe Digital Editions af, soek & koop jou e-Boek, laai die e-Boek vanuit jou LibraryBox af en geniet e-Lees!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!