Kaapstad

Dinsdag

Mostly sunny. Mild.

21°C
26°C

7 day forecasts

Man kry R5 m. vir afval-storting

2009-11-30 00:58

Tom de Wet

Welkom

Mnr. Gavin Brasher, ’n sakeman van Welkom op wie se perseel die grootste stortingsterrein vir gevaarlike mediese afval tot nog toe in Suid-Afrika Vrydag gekry is, het dit teen betaling gedoen omdat hy geldelik in die knyp is.

Brasher het gister by monde van sy prokureur, mnr. Hannes Peyper, erken dat hy R5 miljoen by die opposisie van Wasteman, wat die kontrak vir die hantering en verbranding van mediese afval met 150 hospitale in Suid-Afrika het, sou kry om die afval by sy onderneming, Maximus Bricks, te stort en te begrawe.

Brasher, met verskeie ondernemings in die Goudveld, het onlangs R10 miljoen verloor in ’n kontrak wat hy met die bankrot Pamodzi-myn gehad het. Hy het ook ’n kontrak vir die vervoer van mediese afval met Wasteman. Dié kontrak behels die vervoer van die afval van hospitale in Durban na Wasteman se verbrandingsoond in Klerksdorp.

Peyper het gesê Brasher is deur ’n opposisiemaatskappy van Wasteman genader om teen betaling ’n lokval vir Wasteman te stel. Van die sakke gevaarlike mediese afval is by die steenmakery afgelaai en begrawe as die vragmotors op pad na Klerksdorp daar oornag het, waarna dieselfde hoeveelheid sakke met “ander goed” volgemaak en saam met die res van die mediese afval na die verbrandingsoond in Klerksdorp vervoer is. Sowat twee weke gelede is daar op versoek van die ander maatskappy ook vragte mediese afval by die stortingsterrein van ’n myn in Welkom, sowel as by die ou skougronde in die stad, begrawe “om die prentjie meer volledig te maak”.

Peyper het gesê die Groen Skerpioene weet nie van dié vragte nie, maar hy sal dit aan hulle gaan uitwys as hulle daarna vra.

Brasher was glo bewus daarvan dat beeldmateriaal van die onwettige storting gemaak is.

Die opposisiemaatskappy sou benewens die betaling van R5 miljoen aan hom ook later die stortingsterrein by Maximus Bricks kom skoonmaak én sy boete betaal as hy skuldig bevind word.

“Hy het weens groot geldelike druk toegelaat dat die verkeerde ding gedoen word en die mediese afval op sy terrein laat begrawe. Hy het Wasteman betrek.”

Toe Brasher Vrydag tydens die polisie-optrede die opposisiemaatskappy wou kontak, is sy oproepe nie beantwoord nie.

Daar is vasgestel die mediese afval, hoofsaaklik vanaf Durban, is die afgelope paar maande een keer per week by Maximus Bricks in Welkom afgelaai. Die werkers van die steenwerke het geen beskermende klere gedra nie en is glo elk R50 ekstra betaal om die mediese afval af te laai.

Me. Joanne Yawitch, adjunk-direkteur-generaal van die departement van omgewingsake, het gesê Wasteman en sy maatskappye word ondersoek.

Die maksimum straf vir die oortreding is ’n boete van R10 miljoen of 10 jaar tronkstraf.

Die voorval het vrae laat ontstaan oor die besoedeling van ondergrondse water en siektes soos hepatitis, MIV, ingewandskoors, cholera en geelkoors.


- Die Burger

binne die burger

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-26°C Mostly sunny. Mild. Jhb: 17-29°C Sprinkles early. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 14-25°C More sun than clouds. Mild. Pta: 19-31°C Morning clouds. Pleasantly warm.
Bfn: 24-32°C Sunny. Warm. PE: 22-32°C Drizzle. More sun than clouds. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

TT Roadster 2.0 TFSi S-Tronic
2008
R 409,260.00

BMW

320i E90
2006
R 185,000.00

AUDI

A6 3.0 TDi Quattro Tiptronic Dsl MY06
2007
R 319,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

LLANDUDNO

Single Residential R30,000,000

SAFARI GARDENS

Single Residential R14,500,000

SEA POINT

Single Residential R3,000,000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

Valentynsdag Blomme & Geskenkpakkies

12 Rooi Rose in Sellofaan – Nou R439.00

'n Groot verskeidenheid van Valentynsrose en -blomme, -geskenkpakkies, -juweliersware en baie meer.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!