Kaapstad

Dinsdag

More sun than clouds. Mild.

21°C
26°C

7 day forecasts

Soldate se bonusse bly in die slag

2009-11-23 01:43

Erika Gibson

Johannesburg

Die departement van verdediging praat met ’n gevurkte tong en belowe een ding in die openbaar, net om die volgende oomblik die teenoorgestelde toe te pas.

Daarmee het die departement enige vertroue wat daar nog in die stelsel bestaan het onder soldate uitgewis, het ontstoke soldate en ’n militêre vakbond gesê.

Hulle het gereageer op die nuus dat die weermag ondanks die onlangse bevinding dat hy weens die haglike omstandighede en vergoeding van soldate op ’n “tydbom” sit, pas besluit het om vanjaar nie merietebonusse uit te betaal nie.

Al die soldate is pas deur die evalueringsproses waartydens hul prestasies die afgelope jaar beoordeel is om te bepaal of hulle wel vir so ’n bonus kwalifiseer.

“Daar is dus ’n redelike verwagting onder die presteerders geskep dat hulle wel beloon sal word, net om nou uit te vind dat daar sonder enige rede geen uitbetalings sal wees nie,” het adv. Pikkie Greeff van die SA Nasionale Weermag­unie (Sanwu) gesê.

Soldate het gesê die laaste bietjie aansporing om in die weermag te bly, het nou verdwyn.

Hulle glo eenvoudig nie dat die ministerie en die topbestuur soldate se belange op die hart dra nie.

Hulle wil boonop weet hoekom die bonusse net van vlak 1 tot 12 opgeskort is. “Die generaals is bo vlak 12. Beteken dit hulle gaan steeds bonusse kry wat in verhouding met hul salarisse aansienlik meer is as vir jong soldate?”

Die militêre dienskommissie wat onlangs deur me. Lindiwe Sisulu, minister van verdediging en militêre veterane, aangewys is om soldate se probleme te ondersoek, het die afgelope week weens die erns van die saak ’n tussentydse verslag uitgereik.

Dit was omdat die kommissie meen die weermag sit op ’n “tydbom” weens soldate se haglike werksomstandighede, bouvallige verblyf en karige salarisse.

Die departement het erken die weermag het ’n “dekade van verwaarlosing” agter die rug.

“Dieselfde departement moet nou verduidelik waar die miljoene rande heen is wat vir die merietebonusse begroot is,” het ’n woedende groep soldate aan Die Burger gesê.

“As dit nie gebruik word nie, kan daar nie in die volgende jaar se begroting weer daarvoor begroot word nie. Die afleiding is dus dat dit vir iets anders gebruik is en ons wil weet waarvoor!”

Luidens ’n interne bulletin het die verdedigingsbevelsraad besluit om die bonusse op te skort.

Die waarnemende sekretaris van verdediging, mnr. Tsepe Motumi, het die besluit bekragtig.

“Die beleid bepaal dat die sekretaris sy diskresie in dié verband rasioneel moet toepas. Daarom het elke benadeelde die reg om te weet waarom die besluit geneem is,” het Greeff gesê.

“Hierdie besluit is ’n klap in die gesig van duisende toegewyde en hardwerkende soldate.”

Soldate het gemor dat die reuseverhogings wat generaals aan die begin van die jaar gekry het, dalk die bonusgeld verorber het.

- Die Burger

Lewer kommentaar op dié storie


Jakes 11/23/2009 11:03:37 AM
Ek rerig niks anders doen as om te lag oor hierdie manne se totale onbeholpenheid nie. Wat n grap. Ek gee in elkgeval hierdei sogenaamde weermag presies 5 minute van oorlewing in n konfensionele oorlog. Selfs saddam hoessein het n paar uur staande gebly. Hierdie "weermag" kan niks verweer nie.
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Marieta sê... Almal is skielik onskuldig as hulle uitgevang word.
Daar is dan ook gerieflikheidshalwe altyd iemand of iets anders wat moet pa staan vir hul dade.
'n Mens met haar geleerdheid behoord van beter te weet. Ek het vanoggend op RSG gehoor hoe goed sy nou is. Ek is bly vir haar part, maar dat sy haar straf moet kry is verseker. Sy het nie 'n idee hoe hulle slagoffers voel nie, die kwaad wat hulle aangerig het, sal altyd by onskuldige mense bly, jy kan dit nie net weg wens nie.
Hulle het, deur twee selfsugtige mense se toedoen, 'n knou vir die reg van hul lewens opgedoen. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-26°C More sun than clouds. Mild. Jhb: 16-29°C Sprinkles early. Morning clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 14-25°C More sun than clouds. Mild. Pta: 19-31°C Morning clouds. Pleasantly warm.
Bfn: 24-32°C Sunny. Warm. PE: 23-33°C Drizzle. More sun than clouds. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Management Accountant

Gauteng - Johannesburg
Network Finance Menlyn
R400,000-450,000 Per Annum Cost To Company

Financial Manager

Gauteng - Johannesburg
Network Finance Menlyn
R380,000-480,000 Per Annum Cost To Company

Communications Manager

Gauteng - Pretoria
Bridgena Barnard Personnel Group
R25,000-30,000 Per Month

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A6 2.4 Tiptronic
2000
R 100,890.00

CHEVROLET

Aveo 1.6 LS
2009
R 132,200.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Comfortline 5-dr
2009
R 149,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

FAERIE GLEN

Single Residential R17,000,000

THE WILDS

Single Residential R6,800,000

WELGEMOED

Single Residential R4,995,000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

Valentynsdag Blomme & Geskenkpakkies

12 Rooi Rose in Sellofaan – Nou R439.00

'n Groot verskeidenheid van Valentynsrose en -blomme, -geskenkpakkies, -juweliersware en baie meer.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!