Kaapstad

Dinsdag

More sun than clouds. Mild.

21°C
26°C

7 day forecasts

Tydskrif sal moet opdok oor hy foto wys

2009-11-10 01:54

ROZANNE ELS

ROZANNE ELS

Kaapstad

Die Wes-Kaapse hoog­geregshof het ’n bekende branderry-tydskrif voor stok gekry ná die publikasie van ’n “uitlokkende” foto van ’n 12­-jarige meisie wat volgens dié meisie se ma haar onskuld weggeraap het.

Regter Dennis Davis het gister in me. Angela Wells se guns bevind nadat sy ’n eis teen die tydskrif Zigzag se eienaar, Atoll Media (Edms.) Bpk., en redakteur, Will Bendix, ingestel het.

Davis het bevind dat die foto van Wells se minderjarige dogter, ­Ta­ryn, as ’n “prikkelpop”-plakkaat bedoel was.

Volgens hom is die foto sonder toestemming gepubliseer, of sonder agting van die moontlike implikasies.

Die publikasie daarvan was nalatig en nie geregverdig nie, het hy bevind.

Die foto is in April 2006 gepubliseer met die woorde “pure filth” daarby.

Benewens publikasie in Zigzag, wat tussen 30?000 en 40?000 lesers het, het dié foto op die SuperSport-kanaal verskyn.

Dit wys Taryn in haar bikini op die strand in Kaap St. Francis en is van agter deur ’n vryskut-fotograaf sonder haar medewete geneem.

Haar gesig is nie identifiseerbaar nie.

Taryn het vroeër getuig ­hoewel sy aanvanklik opgewonde was om in die tydskrif te ver­skyn, is sy later onder meer ’n “slet” en “Port Elizabeth se klein porno-ster” genoem.

Bendix het in vroeëre getuienis erken dat hy nie die foto sou ­gepubliseer het as hy geweet het Taryn is 12 nie, maar volge­hou “pure filth” is “positiewe branderryer-slang” wat op “goeie gehalte” dui.

Taryn het op haar beurt getuig dié woorde het haar vernietig.

Davis het bevind dat enige leser met ’n normale intellek die ­woorde as negatief sou interpreteer en is die sogenaamde positiewe betekenis van die woorde nie bewys nie.

Gevolglik het die tydskrif hom aan laster skuldig gemaak.

“Om ’n slet en ’n porno-ster genoem te word, is ’n vernederende en verlagende ervaring vir enigiemand, maar selfs meer so vir ’n jong mens,” het Davis gesê.

Wells het Atoll Media en Bendix vir R500?000 gedagvaar nadat hulle geweier het om om verskoning te vra.

Davis het dié bedrag as ­buitensporig bestempel, veral ­omdat die geskil waarskynlik nie in die hof sou gedraai het as ’n verskoning voorhande was nie.

Davis het gelas dat R10?000 aan Wells betaal word.

Volgens mnr. Johan Theron, wat deel van die verweerders se regspan was, het Davis se uitspraak verreikende gevolge vir die media, veral ten opsigte van die publisering van foto’s van ­individue sonder hul toestemming.

- Die Burger

Lewer kommentaar op dié storie


Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne die burger

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-26°C More sun than clouds. Mild. Jhb: 16-29°C Sprinkles early. Morning clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 14-25°C More sun than clouds. Mild. Pta: 19-31°C Morning clouds. Pleasantly warm.
Bfn: 24-32°C Sunny. Warm. PE: 23-33°C Drizzle. More sun than clouds. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

SEnior C# Developer

Western Cape
Quiglies Solutions

Senior Linux Systems Administrator

Western Cape - Cape Town
Quiglies Solutions

Distribution Manager

Free State - Bloemfontein
Hire Resolve
R300,000 Per Annum

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Aveo 1.6 LT 5-dr
2009
R 145,900.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2008
R 109,990.00

HUMMER

H3 3.7 Luxury 4WD AT
2008
R 329,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

FAERIE GLEN

Single Residential R17,000,000

THE WILDS

Single Residential R6,800,000

WELGEMOED

Single Residential R4,995,000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

Valentynsdag Blomme & Geskenkpakkies

12 Rooi Rose in Sellofaan – Nou R439.00

'n Groot verskeidenheid van Valentynsrose en -blomme, -geskenkpakkies, -juweliersware en baie meer.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!