Kaapstad

Dinsdag

More sun than clouds. Mild.

21°C
26°C

7 day forecasts

Radebe systap vrae oor sy departement se reis- en verblyfuitgawes

2009-11-23 01:43

Heindrich Wyngaardt

Kaapstad

Mnr. Jeff Radebe, minister van justisie en grondwetlike ontwikkeling, weier om te verklap presies hoeveel geld vanjaar onderskeidelik deur hom, sy adjunk en senior amptenare van sy departement op hotelverblyf, restaurantuitgawes en reiskoste bestee is.

Dit is waarskynlik om hom te red van die openbare verleentheid wat hierdie soort inligting die afgelope tyd vir van sy kabinetskollegas veroorsaak het as deel van die DA se veldtog om “vermorste uitgawes” deur die regering oop te vlek.

Onkoste vir “personeel in die kantoor van die minister” het tussen April en Oktober vanjaar meer as R1,65 miljoen vir reiskoste en meer as R740 000 vir akkommodasie beloop – teenoor die onderskeidelik meer as R3 miljoen en meer as R1,2 miljoen in die vorige boekjaar.

Die uitgawes in die kantoor van die adjunkminister, mnr. Andries Nel, was in dieselfde tydperk nagenoeg R730 000 (reiskoste) en R275 000 (akkommodasie), terwyl onderskeidelik nagenoeg R1,2 miljoen en R130 000 verlede jaar bestee is.

Reiskoste sluit sowel vlugte as huurmotors in, terwyl akkommodasie ook ontbyt en aandetes insluit, lui Radebe se antwoord op ’n vraag van die DA hieroor. Hy dui ook die uitgawes in die res van die departement soos volg aan:

  • Direkteur-generaal: R55 000 (reis) en R25 000 (akkommodasie) teenoor 2008-’09 se R250 000 en R96 000;
  • Regters: R1,6 miljoen (reis) en R1,5 miljoen (akkommodasie) teenoor 2008-’09 se R2 miljoen en R2,5 miljoen;
  • Ander personeel: R29,5 miljoen (reis) en R66,9 miljoen (akkommodasie) teenoor 2008-’09 se R55 miljoen en R123 miljoen.

Radebe sê die uitgawes kan nie geskei word om aan te dui presies hoeveel op homself, sy adjunk en ander senior personeel bestee is nie “omdat daar gesamentlik oor die totale uitgawes verantwoording gedoen word ingevolge die BAS-finansiële stelsel wat deur die departement gebruik word”.

In weerwil van Radebe se antwoord het die departement van toerisme pas bekend gemaak dat die adjunkminister, me. Thokozile Xasa, tussen Mei en Augustus vanjaar nagenoeg R120 000 op hotel- en gastehuisverblyf bestee het terwyl haar amptelike woning opgeknap is. Soortgelyke inligting is deur ander departemente, soos dié oor mnr. Nathi Mthethwa, minister van polisie, se “presidensiële” hotelverblyf openbaar gemaak.

- Die Burger

Lewer kommentaar op dié storie


Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne die burger

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-26°C More sun than clouds. Mild. Jhb: 16-29°C Sprinkles early. Morning clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 14-25°C More sun than clouds. Mild. Pta: 19-31°C Morning clouds. Pleasantly warm.
Bfn: 24-32°C Sunny. Warm. PE: 23-33°C Drizzle. More sun than clouds. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Manager (Only South African Citizens )

Gauteng - Johannesburg
Network Finance Menlyn
R460,000-500,000 Per Annum Cost To Company

Financial Manager (Only South African Citizens )

Gauteng - Johannesburg
Network Finance Menlyn

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Aveo 1.6 LT 5-dr
2009
R 145,900.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2008
R 109,990.00

HUMMER

H3 3.7 Luxury 4WD AT
2008
R 329,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

HOUT BAY

Single Residential R4,650,000

KWAAIWATER

Single Residential R27,900,000

MIDFIELD ESTATE

Single Residential R3,000,000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

Valentynsdag Blomme & Geskenkpakkies

12 Rooi Rose in Sellofaan – Nou R439.00

'n Groot verskeidenheid van Valentynsrose en -blomme, -geskenkpakkies, -juweliersware en baie meer.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!