Kaapstad

Dinsdag

Mostly sunny. Mild.

21°C
26°C

7 day forecasts

Hofsaak hou Hestrie uit atletiek

2009-11-27 03:19

Sarel van der Walt

Pretoria

Hestrie Els het dit oorweeg om weer aan atletiek te begin deelneem, maar die hofsaak waarby haar man betrokke is, tap te veel van haar energie.

Só het die voormalige hoogspring-wêreldkampioen (destyds Hestrie Cloete) gister in die Noord-Gautengse hooggeregshof hier gesê waar haar man, die sanger Jurie Els, teregstaan op aanklagte dat hy sy medesanger Robbie Klay gemolesteer het toe dié tussen 11 en 16 jaar oud was. Els ontken skuld.

“Ek het dit verlede jaar oorweeg om weer te begin oefen vir volgende jaar (2010) se Statebondspele (in Indië).

“Maar ek kan nie. Dié saak tap te veel van my energie. Dis nou al twee jaar en ek wens die hele ding is nou verby,” het sy gesê.

“Ek wou selfs in ’n sta­dium hê Coach (haar eertydse afrigter, mnr. Martin Marx) moet Nieu-Seeland toe kom om my weer af te rig.”

Sy, haar man en hul twee kinders woon die afgelope sowat twee jaar in Nieu-Seeland.

“Ek weet nie of ek nie dalk al te oud is nie.

“Ek is al 31 en die ma van twee kinders.

“Ek weet nie, dalk kom ek terug atletiek toe,” het die tweemalige Olimpiese silwermedaljewenner en twee­malige Statebondspele-kampioen gesê.

Haar stem is hees weens ’n verkoue. “Ek dink verlede week se koue het dit veroorsaak.”

Dié boorling van Coligny het die eerste twee weke van die verhoor by haar ­ouers in dié Noordwes-dorp deurgebring.

“Ons gaan nou tuis by ’n vriendin hier in Pretoria. Ek is nou hier om Jurie by te staan,” het sy gesê.

Terwyl haar man gister getuig het, het sy heel voor in die hof gesit en aandagtig na sy getuienis geluister.


- Die Burger

binne die burger

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-26°C Mostly sunny. Mild. Jhb: 17-29°C Sprinkles early. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 14-25°C More sun than clouds. Mild. Pta: 19-31°C Morning clouds. Pleasantly warm.
Bfn: 24-32°C Sunny. Warm. PE: 22-32°C Drizzle. More sun than clouds. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Manager (Only South African Citizens )

Gauteng - Johannesburg
Network Finance Menlyn
R460,000-500,000 Per Annum Cost To Company

Financial Manager (Only South African Citizens )

Gauteng - Johannesburg
Network Finance Menlyn

Financial Accountant

Gauteng - Johannesburg
Network Finance Menlyn
R300,000-360,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Scenic II 1.6 Expression MPV
2006
R 89,990.00

AUDI

TT Coupe 2.0 TFSi
2009
R 385,000.00

HONDA

Accord 2.4i i-VTEC Executive MY09 AT
2008
R 199,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

EVERTON

Single Residential R9,500,000

BEACON BAY

Single Residential R3,650,000

SALT ROCK

Single Residential R2,950,000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

Valentynsdag Blomme & Geskenkpakkies

12 Rooi Rose in Sellofaan – Nou R439.00

'n Groot verskeidenheid van Valentynsrose en -blomme, -geskenkpakkies, -juweliersware en baie meer.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!