Kaapstad

Dinsdag

Mostly sunny. Mild.

21°C
26°C

7 day forecasts

Manto se lewer ‘kan lank ná oorplanting verwerp word’

2009-11-30 00:58

Cobus Coetzee

Johannesburg

Dit is nie ongewoon dat iemand se liggaam ’n nuwe lewer ná ’n oorplanting verwerp nie.

Só het prof. Del Kahn, hoof van Groote Schuur-hospitaal se oorplantingsafdeling, gister aan Die Burger bevestig nadat Rapport berig het dr. Manto Tshabalala-Msimang (69), vorige gesondheidsminister, is ernstig siek en sal waarskynlik ’n nuwe lewer moet ontvang.

Dr. Susan Tager, hoof van die Wits Donald Gordon- mediese sentrum in Johannesburg, het gister bevestig Tshabalala-Msimang is op 18 November vir toetse by dié sentrum opgeneem nadat sy “probleme met haar lewer” ondervind het. Tshabalala-Msimang het twee-en ’n half jaar gelede ’n leweroorplanting in Johannesburg ondergaan.

Volgens die orgaanskenkingstigting was sy een van 24 volwassenes wat in 2007 ’n leweroorplanting ontvang het. Die Sunday ­Times het daarna berig Tshabalala-Msimang se lewer is deur uitermate alkoholverbruik beskadig en dat sy ná haar oorplanting steeds gedrink het. Tshabalala-Msimang het dit ontken.

Volgens Khan kan ’n persoon se liggaam op twee maniere ’n nuwe lewer ná ’n oorplanting verwerp.

“In die eerste paar weke kan akute verwerping intree, maar die liggaam kan ook eers ná ’n paar maande of selfs langer die lewer verwerp,” het Khan gesê.

Die immuunstelsel se aanslag op ’n nuwe lewer kan deur medikasie soos Cyclosporine behandel word. Oorplantingspasiënte bly gewoonlik lewenslank op die medikasie.

Tshabalala-Msimang het die afgelope twee weke reeds ’n operasie ondergaan en dokters het aanvanklik bevind haar lewer word verwerp, het Rapport berig.

Dokters het ook reeds haar en haar familie oor ’n moontlike tweede oorplanting ingelig.

Tager het gesê Tshabalala-Msimang sal soos alle ander mense eers deur ’n paneel goedgekeur word voor ’n orgaanoorplanting sal plaasvind.

- Die Burger

binne die burger

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-26°C Mostly sunny. Mild. Jhb: 17-29°C Sprinkles early. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 14-25°C More sun than clouds. Mild. Pta: 19-31°C Morning clouds. Pleasantly warm.
Bfn: 24-32°C Sunny. Warm. PE: 22-32°C Drizzle. More sun than clouds. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

MUSIC AND GAMES PRODUCT MANAGER

Gauteng
MultiChoice Africa
R300,000-550,000 Per Annum

WEB EDITORS: DSTV.COM x2

Gauteng
MultiChoice Africa

Senior Finance Manager

Western Cape - Cape Town
Bridgena Barnard Personnel Group

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

TT Roadster 2.0 TFSi S-Tronic
2008
R 409,260.00

BMW

320i E90
2006
R 185,000.00

AUDI

A6 3.0 TDi Quattro Tiptronic Dsl MY06
2007
R 319,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

EVERTON

Single Residential R9,500,000

BEACON BAY

Single Residential R3,650,000

SALT ROCK

Single Residential R2,950,000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

Valentynsdag Blomme & Geskenkpakkies

12 Rooi Rose in Sellofaan – Nou R439.00

'n Groot verskeidenheid van Valentynsrose en -blomme, -geskenkpakkies, -juweliersware en baie meer.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!