Kaapstad

Dinsdag

More sun than clouds. Mild.

21°C
26°C

7 day forecasts

Vissers sê hul sê oor kwotas

2009-11-25 02:12

Frieda le Roux

Dis die vroue wat die kreefpermitte het. Hulle sit in die voorste rye stoele en gesels lekker, maar wil nie name genoem hê nie.

“Selfs al is ons nie besig met beskuldigings nie,” klaar die een dit hardop met haarself uit. “Ons vertel maar net soos dit is,” sê sy oor die huidige besoek van amptenare van mariene en kusbestuur (MKB) aan kusdorpe om met die houers van kreef- en ander permitte te praat.

Dan kry die volgende vrou geleentheid om vorentoe te gaan, waar ’n MKB-amptenaar op haar wag vir ’n prestasie-oorsiggesprek. Al vir byna twee weke is MKB-amptenare op reis, van Port Nolloth tot by Gordonsbaai, waar hulle hul kollegas wat die oos- en suidkus gedek het, gaan ontmoet.

Die vroue, steeds anoniem, sê hulle het nog nie vanjaar kreef getrek nie. Hulle wag nog vir hul permitte en buitendien is die kreef maar skaars.

“Ek hoor dit lyk beter in Elandsbaai en Paternoster.”

Drie van die vroue – “ek en sy en die een wat daar voor sit” – vertel dat hulle saam ’n bootjie van 3,6 m gekoop het. Vir R39 000. Hulle maak beurte om dit te gebruik, want as die skipper en sy handlanger aan boord is, is daar net plek vir nog een.

Nee, hulle haal die kreef nie self uit nie. “Dis swaar werk. Maar die permithouer moet net by wees, dan mag jy dit vang.”

In die hele kreefseisoen, wat strek van middel November tot einde Julie, is dit moontlik om jou kwota in ’n paar dae vol te maak. “In 2007-’08 het ek veertien dae gebruik. In die laaste seisoen net drie.”

Maar, wys die vroue uit, dis drie dae of twee weke met máánde wat leeg is tussenin.

Hulle sê die fabrieke koop die kreef by hulle teen sowat R130 per kilogram. Die vroue betaal op hul beurt die skipper en sy maat ongeveer R30 tot R35 per kilogram.

Nog ’n vrou sluit haar by die groepie aan, haar prestasie-oorsiggesprek voltooi. Het dit goed gegaan?

“Ja, dis net met die berekeninge,” antwoord sy. “Hulle kan nie verstaan,” en sy beduie na een van die beamptes by die tafel, “dat as jy jou kreef vandag gevang het, jy mos nie vandag die geld kry nie.”

“Dis miskien Julie se krewe, maar dit word eers Augustus, September uitgevoer. Dán kry jy jou geld.

“En dan is die tax year mos verby. Dít kon ek nie vir haar verduidelik nie.”

- Die Burger

binne die burger

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-26°C More sun than clouds. Mild. Jhb: 16-29°C Sprinkles early. Morning clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 14-25°C More sun than clouds. Mild. Pta: 19-31°C Morning clouds. Pleasantly warm.
Bfn: 24-32°C Sunny. Warm. PE: 23-33°C Drizzle. More sun than clouds. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Marketing Manager

Gauteng - Pretoria
Bridgena Barnard Personnel Group

Senior Fraud Investigator

Gauteng - Pretoria
Bridgena Barnard Personnel Group

Accounts Manager - Printing

KwaZulu Natal - Durban
Bridgena Barnard Personnel Group

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2008
R 109,900.00

AUDI

A4 1.8T FSi Ambition MY09
2009
R 332,000.00

TOYOTA

RunX RSi 5-dr
2003
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

FAERIE GLEN

Single Residential R17,000,000

THE WILDS

Single Residential R6,800,000

WELGEMOED

Single Residential R4,995,000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

Valentynsdag Blomme & Geskenkpakkies

12 Rooi Rose in Sellofaan – Nou R439.00

'n Groot verskeidenheid van Valentynsrose en -blomme, -geskenkpakkies, -juweliersware en baie meer.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!