Kaapstad

Vrydag

Sunny. Warm.

19°C
28°C

7 day forecasts

‘Ek wens ek was meer wys’

2010-02-10 05:24

Jeanne-Marié Versluis

Pretoria

’n Debat het gister in die Noord-Gautengse hooggeregshof hier gewoed oor of Cézanne Visser – in die volksmond bekend as adv. Barbie – berou het oor haar wandade met kinderhuismeisies en jong vroue.

Die verrigtinge vir Visser (32), ’n voormalige advokaat, se vonnis op 11 aanklagte is tans voor waarnemende regter Chris Eksteen aan die gang.

Dr. Eon Sonnekus, forensiese kriminoloog wat ’n voorvonnisverslag oor Visser opgestel het, het getuig hy het haar vraelyste laat invul.

“Interessante dinge het uitgekom, soos verwyt en spyt,” het hy getuig.

Adv. André Fourie, staatsaanklaer, het gesê ’n mens kan nie berou hê oor iets waarvoor ’n mens nie verantwoordelikheid aanvaar nie.

“Dis waar my probleem met me. Visser begin. Sy het nie verantwoordelikheid aanvaar nie.”

Fourie het gesê Visser gee voor dat sy self ’n slagoffer was van Dirk Prinsloo, haar gewese minnaar.

Sonnekus het getuig Visser se woorde dat sy jammer is vir haar aandeel aan die misdade, is ’n teken van berou. Fourie het geantwoord die hof het Visser as oneerlik bevind. “Sy het gelieg.”

Fourie het gesê Visser is jammer oor die “seer” wat haar ouers aangedoen is.

“Sy was Daddy’s little girl. Nou het sy hom teleur gestel. Daaroor is sy jammer.”

“Ek aanvaar nie dat daar nié opregte berou was nie,” het Sonnekus gesê.

Volgens hom het Visser se beste vriendin, me. Ronel Kirsten, op 19 Desember 2009 só op sy vraag van hom geantwoord:

“Sy (Visser) het werklik berou. Daar was by haar vorige werk mense wat vir haar gevas en gebid het. Sy het soveel meer wys­heid.”

Sonnekus het getuig “berou is deel van wysheid, definitief”.

Volgens hom het Visser deurentyd gesê “dat sy jammer is oor wat gebeur het”.

Hy het haar gevra of sy haarself soms verwyt en, indien wel, waaroor.

Haar antwoord hierop was: “Ek wens ek was meer (wêreld-)wys op daardie stadium. En die pyn wat vir my familie en die slagoffers veroorsaak (word).”

Sonnekus het getuig binne die forensiese kriminologiese dissipline toon Visser se verwysing na die slagoffers se pyn “op insig in retrospek met betrekking tot die gebeure”.

Hy het getuig Visser het in Desember 2009 aan hom gesê: “Ek is nie meer vatbaar vir manlike manipulasie nie.

“As dit my eie kind was... is dit onaanvaarbaar. ’n Mens moenie toelaat dat iemand met jou kop smokkel nie.”

- Die Burger

Lewer kommentaar op dié storie


RB 2/10/2010 9:00:28 AM
Barbie, jy is 'n uitstekende aktrise, jy het nou berou want jy is uitgevang.
Ek gril vir pidofiele 2/10/2010 9:45:47 AM
Barbie is jammer sy is "uitgevang". Pidofiele voel só (hulle is altyd die slagoffer). En haar vriende het o.a. gevas... Het Barbie al besluit by watter bende sy in die tronk gaan aansluit? Watter waarborg het die ander gevangenis dat Barbie nie haar sex fantasiee in die tronk gaan voortsit nie? Haar orgaan pla haar. Ek stel 'n kuisheidsgordel en Viro slot voor - hoop nie daar is angle grinders in die tronk nie. Gelukkig is daar baie ander gevangenis met die selfde lus, so hulle sal mooi na haar kyk.
emma 2/10/2010 9:59:57 AM
Jammer kan tog nie straf vir 'n misdaad vervang nie,of kan dit?Zuma sê hy's jammer oor al sy sekskapades en gaan more sy presidentrede met "groot geloofwaardigheid" lewer.Me. Visser sê sy's jammer en loop skotvry weg.Nou is ek jammer,maar dit maak net nie sin nie.Misdaad is misdaad en moet gestraf word.
nico 2/10/2010 10:59:58 AM
Sy is a advokaat. Waar het sy gestudeer? Want dan het sy nie baie goeie opleiding gekry nie as sy nie eers kon onderskei wat reg of verkeerd is nie. Is die nie wat regspersone se daagliks werk behels nie. Sy is besig om almal te 'play'
Marieta 2/10/2010 11:33:56 AM
JAMMER is seker die maklikste woord om te se as jy jouself uit die probleem wil kry. Dit is nie SO maklik nie!!!!
Sy is nou besig om al die skuld op haar "partner in crime" te pak. Haar deel kan nie weggewens word nie en sy moet afgesonder word sodat sy vir haar deel kan boet.
Sal haar slagoffers se probleme met 'n jammer weggaan. Nee, hul letsels sal elke dag saam met hulle gaan!!!!
Sy het darem net te goed vir woorde geword. Nerens lees ons dat Prinsloo haar met 'n mes of iets dergliks gedreig het nie.
Sluit haar op, sy verdien dit!!
Klaas van die plaas 2/10/2010 12:32:47 PM
Sal julle skynheiliges okk so reageer as dit julle was wat in die selfde bootjie was. Ek vra maar net. Ek dink julle almal so ander gedink het maar dit is die probleem met ons suid afrikaners Gooi vinnig klippe
Karina 2/10/2010 1:10:31 PM
Mag die Hemelse Vader haar versterk in die moelike tyd, want om al daai goed weer te herleef, is om enige mens tot waansin, selfmoord, depressie te dryf, of sielkundig te knak. Sterkte vir jou!
Denise 2/10/2010 1:33:02 PM
Sy hoort in die tronk en hulle moet die sleutel weggooi. Sy kry wat sy verdien, ek hoop hulle doen met haar in die tronk wat sy aan die kinders gedoen het. Sy het geen gewete.
Soekie 2/10/2010 1:41:53 PM
Klaas van die plaas, duidelik het jy nie kinders nie. Wat van as dit een van jou kinders is. Of as jy een van die kinders was.
Ryno 2/10/2010 2:56:56 PM
Laat haar gaan en behoorlike porn maak!!! Ek sal producer wees! LOL.
Op ernstige noot: Na die berigte oor Dirk se girltjie daar oorkant die waters, begin ek vir Barbie baie jammer kry, en dink ek daar steek iets in haar hofgetuienis.
Ek dink net sy moet media toe gaan en in die publiek vir die slagoffers gaan om verskoning vra, en probeer reg maak op 'n manier - die girls se studies betaal of so iets. Iets in die lyn van die Waarheid en versoeningskommissie. As ek nou iemand se kind per ongeluk doodry, gaan ek mos probeer daai mense vergoed op 'n manier...
Bernard 2/10/2010 3:04:31 PM
Mense wat in glas huise woon kan nie klippe gooi nie. Trek haar skoene aan en stap n myl, dan gesels ons weer.
susi 2/10/2010 6:53:46 PM
Ek wil hiermee vir almal wat hier lees een ding duidelik maak.
EK het ook n man gehad wat my gemanipileer het n manier gehad het om my dinge te laat doen wat ek nie kan glo ek gedoen het nie,Ek is geskei van hom en dit vol vir my asof daar n balk van my skouers af is.
Ek kan getuig dit is moontlik dat Dirk daardie houvas op haar kon he en haar laat doen het wat hy wou.JA JA DIT IS MOONTLIK EK KAN GETUIG DAARVAN.
Kanadees 2/10/2010 9:15:10 PM
Ek is 'n sg. "expat" wat al vir elf jaar in Kanada woon. Cezanne Visser is 'n buitengewoon intelligente vrou met 'n geestelik/seksuele afwyking. Tronkstraf gaan haar nie "heel" maak nie. Alternatiewe korrektiewe straf met verpligte rehabilitasie behandelings kan haar help - nie die vier mure van 'n tronksel nie. Sy sal nooit die herinneringe van haar dade kan wegvee nie - dit alleen is genoeg straf vir iemand van haar intelligensie. As jy self nie die swart dieptes van geestesversteuring ken nie, moenie 'n klip gooi nie. Nog minder moet jy 'n klip gooi as jy nog nooit self uit die modder moes opstaan en weer van vooraf moet begin nie. Het haar "slagoffers' ook permanente letsels? Ja,absoluut, en hulle het ook intensiewe berading en hulp nodig. Om haar by die dieretuin te laat werk, maak vir my meer as sin. Diere vra nie uit oor jou rekord nie. Hulle vra onvoorwaardelike liefde en gee onvoorwaardelike liefde en hulle kan Cezanne help om weer stadig emosioneel heel te word -in 'n gemeenskap wat oorheers word deur moord, doodslag, wraak en negatiewe denke.
Pidofiele hoort in tronk 2/10/2010 9:35:18 PM
"Barnard", jy klink soos 'n filosoof, 'n politikus of net eenvoudig siniel. Dra jy sulke skoene, m.a.w. is jy 'n rockspider? Lees ook "Ek gril vir pidofiele" se kommentaar - iets wys vir 'n slag.
emma 2/10/2010 9:48:11 PM
Klaas van die plaas,en ander soos hy,ons was byna in dieselfde bootjie.Ons dogter is jare gemanupileer en geteister(stalked)deur 'n man wat nou die besturende direkteur is van 'n maatskappy wat noue bande met die 2010 sokker het.Ek wens ek kon sy naam noem,want sy was nie sy enigste slagoffer nie.Die verskil is net dat daar nie ander onskuldige kinders,seksskandes en misdaad betrokke was nie.Omdat me Visser 'n vrou is en die misdaad lank gelede plaasgevind het,probeer sommige mense dit nou goed-of weg-praat.En dit behoort nie geduld te word nie,punt.
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne die burger

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 19-28°C Sunny. Warm. Jhb: 17-27°C Afternoon clouds. Mild.
Dbn: 15-25°C Morning clouds. Mild. Pta: 13-32°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 21-30°C Sprinkles early. More sun than clouds. Warm. PE: 19-27°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Teller

Gauteng
First National Bank

Senior Piping Engineer

Gauteng - Midrand
Master Career Consulting

Project Manager

Gauteng - JHB North/Sandton
Network Recruitment CA- Centurion
R550,000-600,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 5-dr
2003
R 78,999.00

TOYOTA

Avensis 2.2 D-4D Exclusive Dsl
2008
R 100,899.00

GWM

S-Cab 2.2 Luxury PU
2007
R 89,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

HOUT BAY

Single Residential - House R 4 500 000

NEWLANDS

Single Residential - House R 5 250 000

ZWARTKOP GOLF ESTATE

Single Residential - House R 5 465 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

Alle Lego op Uitverkoping

Pret vir die Hele Gesin!

Besoek die kalahari.net Speelgoedwinkel en kry LEGO-speelgoed + opvoedkundige speelgoed volgens ouderdom, tema, kategorie en meer.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!