Kaapstad

Donderdag

Sprinkles early. Morning clouds. Mild.

20°C
27°C

7 day forecasts

Verkeer op Wes-Kaapse paaie ‘veel ligter’

2009-12-24 04:59

Vania van der Heever

Kaapstad

Almal wat die Kersnaweek en die res van die feestyd die Wes-Kaapse paaie gebruik, het ’n verantwoordelikheid om hulself en ander padgebruikers veilig te hou.

Só het adv. Lennit Max, provinsiale minister van gemeenskapsveiligheid, gister in ’n verklaring gesê.

Hy het dié beroep gedoen nadat daar tussen 1 Desember en gister altesaam 44 mense in ongelukke op die provinsie se paaie gesterf het. In die ooreenstemmende tyd verlede jaar het 41 mense op die provinsie se paaie gesterf. Dit is heelwat minder as die sowat 140 padsterftes in dié tyd in 2007.

Mnr. Xenophone Wentzel, woordvoerder van die provinsiale verkeersdepartement, het gesê die provinsie se paaie is tot dusver glad nie besig nie. “Ons het vir baie meer verkeer voorberei.”

Op die R27 in die rigting van Kaapstad het gistermiddag vroeg 292 voertuie per uur gery. Altesaam 352 voertuie per uur het op die R27 uit Kaapstad gery.

Op die N1 het 204 voertuie per uur in die rigting van Kaapstad gery en terwyl 186 motors per uur uit die stad beweeg het.

Op die inkomende bane van die N2 het altesaam 880 motors per uur gery en op die uitgaande bane het 570 motors per uur gery.

“Die verkeersvloei is vanjaar ligter as verlede jaar. Die beamptes op voetsoolvlak het aan ons gerapporteer dat die paaie baie stiller is as wat ons verwag het,” het hy gesê.

Hy het gesê daar kan verskillende redes vir die ligte verkeer wees. Motoriste het dalk vroeër na hul vakansieplekke vertrek of hulle het besluit om vanjaar tuis te bly.

Die ander moontlike redes is die petrolprys en die resessie. Hy het gesê talle ongelukke kan vermy word as al padgebruikers versigtiger is.

Vandeesmaand is 11 bestuurders, 21 passasiers, 10 voetgangers en 2 fietsryers tot dusver op die provinsie se paaie dood.

- Die Burger

binne die burger

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 20-27°C Sprinkles early. Morning clouds. Mild. Jhb: 16-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 13-28°C Mostly sunny. Pleasantly warm. Pta: 16-31°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 21-29°C More sun than clouds. Warm. PE: 20-27°C Thunderstorms. Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Support Engineer (Standby Required)

Western Cape - Cape Town
MC²

Proposals/ Project Engineer

Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Senior C#.NET Developer JP20494

Gauteng - JHB North/Sandton
E-Merge IT Recruitment
R500,000-600,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Passat 1.8 TSi Highline
2008
R 278,025.00

NISSAN

Tiida 1.6 Visia+
2007
R 104,899.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 5-dr
2008
R 159,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

CENTURION GOLF ESTATE

Single Residential - House R 6 200 000

UMHLANGA

Single Residential - House R 10 000 000

SOUTHBROOM

Single Residential - House R 9 625 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

e-Boeke is Nou Beskikbaar by kalahari.net

Tot 50% Af Op Top e-Boek Titels

Laai net Adobe Digital Editions af, soek & koop jou e-Boek, laai die e-Boek vanuit jou LibraryBox af en geniet e-Lees!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!