Verkeersman skiet vriendin, self
2009-11-10 09:54
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Die Burger op
Kaapstad – ‘n Verkeerskonstabel het homself en sy vriendin in Woodstock, Kaapstad doodgeskiet.
Die 26-jarige Yandiswa Klaas is Maandagaand twee keer in die kop geskiet en een keer in die bors, in hul parkeerarea by die paartjie se huis by die Elm Wood woonstelle, het sers. Hilton Malila gesê.
Mpumemeo Singatha (31), ‘n beampte by die provinsiale verkeersdienste, het toe na sy slaapkamer gegaan, sy dienspistool teen sy kop gedruk en homself geskiet.
Albei is op die toneel dood.
Polisiebeamptes het mense gevra wat moontlik inligting rondom die voorval kan verskaf, om na vore te kom en Godfrey John, ondersoekbeampte te kontak by 021 486 2853 of Stop Misdaad by 08600 10111.
- Sapa