Kaapstad

Donderdag

Sprinkles early. Morning clouds. Mild.

20°C
27°C

7 day forecasts

Polisie het R57,4 m. in siviele eise uitbetaal

2009-12-19 02:40

Lizel Steenkamp

Kaapstad

Die polisie het die afgelope boekjaar R57,4 miljoen in siviele eise uitbetaal vir onder meer ongelukke, skietvoorvalle en onregmatige inhegtenisnemings waarby beamptes betrokke was.

Hoewel die polisie sedert 1 April 2008 tot 31 Maart vanjaar daarin kon slaag om R900 miljoen se eise af te weer of buite die hof te skik, word hy steeds deur ’n geraamde R7,6 miljard se eise in die gesig gestaar.

Volgens mnr. Nathi Mthethwa, minister van polisie, kan die bedrag in die huidige boekjaar aansienlik verminder afhangend van die uitkoms van die sake wat wel in die hof draai.

Mthethwa het dié statistieke bekend gemaak in antwoord op ’n parlementêre vraag van me. Dianne Kohler Barnard, DA-LP.

Luidens Mthethwa se antwoord spruit tot R4,6 miljard se siviele eise uit beamptes se optrede tydens die uitvoering van hul pligte. Nog R426 miljoen se eise hou verband met skietvoorvalle, R380 miljoen met beweerde onregmatige aanrandings, R127 miljoen met motorongelukke en R46 miljoen met die beskadiging van private eiendom.

Volgens Mthethwa sal die regskostes  om bogenoemde eise te hanteer minstens R283 miljoen beloop. Die Gautengse polisie word deur R2,7 miljard se siviele eise in die gesig gestaar, die polisie in Mpumalanga en KwaZulu-Natal tot R1,1 miljard elk en die polisie in die Wes-Kaap meer as R900 miljoen.

Voorts het Mthethwa ook bevestig dat dit R50 000 gekos het om die “sekretariaat van veiligheid en sekuriteit” onlangs tot die “sekretariaat van polisie” te herdoop.

“Alle skryfbehoeftes met die ou naam sal vir interne kommunikasie gebruik word om onkostes te besnoei,” het Mthethwa gesê.

Dit is al ’n geruime tyd bekend dat Mthethwa en komm. Bheki Cele, nasionale polisiehoof, wil hê die polisie moet as ’n “mag” eerder as ’n “diens” bekend staan. Ook dat die rangstelsel wat die afgelope 15 jaar gegeld het, vervang moet word met die ou range wat beamptes in die apartheidsjare gedra het.

Mthethwa wou egter nie sê wat die geraamde kostes vir bogenoemde veranderings beloop nie.

- Die Burger

binne die burger

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 20-27°C Sprinkles early. Morning clouds. Mild. Jhb: 16-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 13-28°C Mostly sunny. Pleasantly warm. Pta: 16-31°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 21-29°C More sun than clouds. Warm. PE: 20-27°C Thunderstorms. Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Head: Internal Audit

Gauteng - Centurion
Deloitte & Touche
R700,000-800,000 Per AnnumMarket Related

Operations Analyst

Western Cape - Cape Town
MC²

Support Engineer (Standby Required)

Western Cape - Cape Town
MC²

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Passat 1.8 TSi Highline
2008
R 278,025.00

NISSAN

Tiida 1.6 Visia+
2007
R 104,899.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 5-dr
2008
R 159,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

WESTCLIFF

Single Residential - House R 24 000 000

LLANDUDNO

Single Residential - House R 58 000 000

ATHOLL

Single Residential - House R 14 000 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

e-Boeke is Nou Beskikbaar by kalahari.net

Tot 50% Af Op Top e-Boek Titels

Laai net Adobe Digital Editions af, soek & koop jou e-Boek, laai die e-Boek vanuit jou LibraryBox af en geniet e-Lees!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!