Kaapstad

Dinsdag

More sun than clouds. Mild.

21°C
26°C

7 day forecasts

Atlete vies oor Chuene-makkers op tussentydse ASA-raad

2009-11-23 01:43

Wilhelm de Swardt

Johannesburg

Die aanwesigheid van twee beweerde ondersteuners van mnr. Leonard Chuene, geskorste voorsitter van Atletiek Suid-Afrika (ASA), op dié liggaam se tussentydse raad het tot groot ongelukkigheid onder atlete gelei.

Van die atlete wat Saterdag amper vyf uur lank buite die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) se kantoor in Johannesburg gewag het om te hoor wie in die nuwe raad dien, was ongelukkig toe hulle hoor mnr. Alex Skhosana (KwaZulu-Natal) en mnr. James Moloi (Sentraal-Gauteng) is verkies.

Boonop was Hezekiel Sepeng, wat pas as vise-voorsitter van Sentraal-Noordwes se atletiekbeheerliggaam verkies is, erg omgekrap omdat sy provinsie nie aan die verkiesing kon deelneem nie. “Ek kan nie die nuwe raad ondersteun nie. Ek sal eers met ons atlete moet praat en by hulle hoor wat ons te doen staan.”

Ander atlete was wel tevrede met die verkiesing. “Natuurlik sou ons graag 50%-verteenwoordiging op die raad wou gehad het, maar ons het net 40% gekry,” het Hendrick Ramaala, Suid-Afrika se voorste marathon-atleet wat een van die nuwe raadslede is, gesê. “Dit is die eerste keer ooit dat ons atlete só goed verteenwoordig is. Ek glo dat as ons reg binne die raad koukus, sal ons kan verseker dat daar na ons atlete se belange omgesien word.”

Die ander atlete op die raad is Geraldine Pillay, ’n voormalige Olimpiese en Statebondspele­atleet, en Blanche Moila, die eerste swart vrou wat Springbok-kleure in 1984 verower het.

’n Vierde atleet sal van die Suid-Afrikaanse Atlete-komitee op die raad gekoöpteer word. Dit sal in alle waarskynlikheid Ruben Ramolefi, ’n Olimpiese atleet, wees.

Mnr. Ray Mali, voorsitter van ASA se tydelike raad, het die verkiesing as ’n geskiedkundige dag in Suid-Afrikaanse atletiek en die begin van ’n nuwe era beskryf.

Volgens hom sal die nuwe raad aan die stuur van atletiek bly totdat al die ondersoeke na beweerde ongerymdhede van die afgelope paar jaar afgehandel is.

As alles goed verloop, sal die verkiesing van die permanente raad teen einde Mei plaasvind. “Ek het goeie nuus vir die atlete en dit is dat verskeie borge weer belangstel om by atletiek betrokke te raak.”

Sover dit ongelukkigheid rondom die verkiesing van Moloi en Skhosana betref, het Mali gesê dit staan Sentraal-Gauteng en KwaZulu-Natal vry om ’n mosie van wantroue in te stel. As dit gebeur, sal hy dié saak verder neem.

Sentraal-Noordwes se probleme het ontstaan omdat mnr. Adam Motlagale weier om te aanvaar dat hy verlede week op ’n spesiale vergadering as voorsitter geskors is.

Hy en dr. Paul van der Merwe, wat tydelik as voorsitter waarneem, het albei by Saterdag se vergadering opgedaag. Mnr. Kaya Majeke van Saskok het vir dié twee gesê nie een van hulle mag die vergadering bywoon totdat hulle nie tot ’n vergelyk kom nie.

Die ander lede van die tussentydse raad is mnre. James Evans (WP), James Mokoka (Gauteng-Noord), Pieter Lourens (Boland) en Daan Louw (Grens).

- Die Burger

Lewer kommentaar op dié storie


Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne die burger

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-26°C More sun than clouds. Mild. Jhb: 16-29°C Sprinkles early. Morning clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 14-25°C More sun than clouds. Mild. Pta: 19-31°C Morning clouds. Pleasantly warm.
Bfn: 24-32°C Sunny. Warm. PE: 23-33°C Drizzle. More sun than clouds. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Aveo 1.6 LT 5-dr
2009
R 145,900.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2008
R 109,990.00

HUMMER

H3 3.7 Luxury 4WD AT
2008
R 329,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

FAERIE GLEN

Single Residential R17,000,000

THE WILDS

Single Residential R6,800,000

WELGEMOED

Single Residential R4,995,000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

Valentynsdag Blomme & Geskenkpakkies

12 Rooi Rose in Sellofaan – Nou R439.00

'n Groot verskeidenheid van Valentynsrose en -blomme, -geskenkpakkies, -juweliersware en baie meer.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!