Kaapstad

Dinsdag

More sun than clouds. Mild.

21°C
26°C

7 day forecasts

Verpligte pensioen opnuut in soeklig

2009-11-10 01:54

Rajaa Azzakani

Kaapstad

Die hervorming van die land se maatskaplike sekuriteitstelsel is weer op die regering se agenda met ’n verpligte aftreefonds wat in werking kan tree.

Mnr. Geoff Doidge, minister van openbare werke, het gister op ’n inligtingsessie in die parlement gesê die regering is vasbeslote om ’n omvattende maatskaplike sekuriteitstelsel te skep wat gebou is op die beginsel van solidariteit.

“Die hervormingsbeginsel leen hom tot ’n stelsel wat verseker dat die meerderheid arm Suid-Afrikaners voordeel trek uit uitgebreide, nie-verpligte of maatskaplike ondersteuningsmaatreëls,” hetDoidge gesê.

“Die voorstelle maak voorbrand vir die instelling van ’n inklusiewe aftreefondsstelsel wat konsekwent is met internasionale tendense, en die meerderheid van Suid-Afrika se werkende bevolking kan beskerm teen werksverlies en afhanklikheid van inkomste tydens hul aftreejare.”

Mnr. Trevor Manuel, minister in die presidensie, het twee jaar gelede in sy termyn as minister van finansies só ’n plan aangekondig, maar daar het tot nou niks daarvan gekom nie.

Doidge het gesê die interdepartementele taakspan se gekonsolideerde regeringsdokument is reeds ingedien en dit sal waarskynlik op volgende week se kabinetsvergadering oorweeg word.

Dié dokument sluit voorstelle in oor die uitbreiding van die werkloosheidsversekeringsfonds, ’n nuwe padongeluk-versekeringstelsel en die nasionale gesondheidsversekering.

Mnr. Vusi Madonsela, direkteur-generaal in die departement van maatskaplike ontwikkeling, het bygevoeg “die land beweeg in die rigting van ’n verpligte pensioenskema”.

Hy het gesê die departement stel ’n verpligte skema voor, waarvan die raamwerk reeds in 2003 deur die kabinet goedgekeur is. Hulle werk net aan die besonderhede van die stelsel.

Die nuwe voorstelle maak voorsiening vir ’n groot aantal werkers om ’n bydrae te lewer tot ’n pensioenfonds.

Die voorstelle sluit in dat staats-ouderdomspensioen aan almal bo 60 toegeken word, ongeag hul inkomste. Mense wat tot die verpligte pensioenfonds bydra, sal by aftrede kwalifiseer vir voordele van sowel die staatspensioen as ’n addisionele bedrag uit die verpligte fonds.

“Mense moet aangemoedig word om te spaar. Baie mense, selfs dié wat werk, plaas nog hul hoop op die moontlikheid van ’n ouderdomstoelae (van die staat). Dit is glad nie genoeg om inkomste te vervang tydens aftrede nie.”

- Die Burger

binne die burger

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-26°C More sun than clouds. Mild. Jhb: 16-29°C Sprinkles early. Morning clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 14-25°C More sun than clouds. Mild. Pta: 19-31°C Morning clouds. Pleasantly warm.
Bfn: 24-32°C Sunny. Warm. PE: 23-33°C Drizzle. More sun than clouds. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Accounts Manager - Printing

KwaZulu Natal - Durban
Bridgena Barnard Personnel Group

SEnior C# Developer

Western Cape
Quiglies Solutions

Senior Linux Systems Administrator

Western Cape - Cape Town
Quiglies Solutions

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2008
R 109,900.00

AUDI

A4 1.8T FSi Ambition MY09
2009
R 332,000.00

TOYOTA

RunX RSi 5-dr
2003
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

FAERIE GLEN

Single Residential R17,000,000

THE WILDS

Single Residential R6,800,000

WELGEMOED

Single Residential R4,995,000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

Valentynsdag Blomme & Geskenkpakkies

12 Rooi Rose in Sellofaan – Nou R439.00

'n Groot verskeidenheid van Valentynsrose en -blomme, -geskenkpakkies, -juweliersware en baie meer.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!