Kaapstad

Vrydag

Sunny. Warm.

19°C
28°C

7 day forecasts

Kritiek op Simelane-aanstelling duur voort

2009-11-30 00:58

Philda Essop

Kaapstad

Kritiek op adv. Menzi Simelane het gister voortgeduur enkele dae nadat pres. Jacob Zuma hom as die nuwe direkteur van openbare vervolgings aangestel het.

Die jongste teenkanting kom van adv. Paul Hoffman SC, ’n direkteur aan die Instituut vir Verantwoordbaarheid in Suider-Afrika. Hy meen Simelane is nie ’n “bevoegde en gepaste” persoon vir dié pos nie.

Hy grond sy kritiek op Simelane se gebrek aan die nodige vervolgingservaring.

Hoffman het gesê sy geskiedenis skep ook ernstige twyfel oor sy vermoë om sonder vrees, guns of vooroordeel op te tree.

Simelane se aanstelling het verlede week ’n stortvloed kritiek van opposisiepartye en akademici ontlok.

Intussen het eerw. Mvume Dandala, parlementêre leier van Cope, aan die openbare beskermer geskryf.

Dié party versoek onder meer ingryping in dié aanstelling, wat hulle as ’n “oordeelsfout” beskryf.

Hoffman het gister in ’n meningsartikel in die Sunday Times geskryf die basis van grondwetlikheid word ondermyn as daar nie ’n streng onafhanklike persoon aan die spits van die vervolgingsgesag staan nie.

“Dit verg iemand wat nie enige verpligtinge teenoor die uitvoerende gesag het nie en wat in staat is om sonder enige vrees, guns of vooroordeel te vervolg.

Sentraal in die stortvloed kritiek op Simelane is dus die bepaling dat die direkteur van openbare vervolging sy pligte sonder enige vrees, guns of vooroordeel – wat die onafhanklikheid van die regbank verseker – moet kan uitvoer.

“Pikoli het hom hierop beroep toe hy tereg geweier het om opdragte te aanvaar van die uitvoerende gesag met betrekking tot sy besluit om sekere individue, veral die voormalige polisiekommissaris mnr. Jackie Selebi en Zuma, te vervolg.”

Of Simelane die vermoë het om onafhanklik op te tree, is ’n ope vraag, skryf Hoffman.

’n Nuuskonferensie is geskeduleer vir vanmiddag wanneer mnr. Jeff Radebe, minister van justisie, sal verduidelik waarom Simelane ’n gepaste keuse vir die pos is.

Mnr. Tlali Tlali, Radebe se woordvoerder, het gister gesê alle vrae oor Simelane se aanstelling sal op die nuuskonferensie gehanteer word.

Intussen wou adv. Dumisa Ntsebeza, lid van die Regterlike Dienskommissie, nie gister kommentaar lewer op ’n berig in die Sunday Argus dat Zuma hom aanvanklik vir die pos genader het nie. Pogings om kommentaar van mnr. Vincent Magwenya, presidensiële woordvoerder, hieroor te kry, was gister onsuksesvol.

- Die Burger

binne die burger

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 19-28°C Sunny. Warm. Jhb: 17-27°C Afternoon clouds. Mild.
Dbn: 15-25°C Morning clouds. Mild. Pta: 13-32°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 21-30°C Sprinkles early. More sun than clouds. Warm. PE: 19-27°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 5-dr
2003
R 78,999.00

TOYOTA

Avensis 2.2 D-4D Exclusive Dsl
2008
R 100,899.00

GWM

S-Cab 2.2 Luxury PU
2007
R 89,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

WATERKLOOF

Single Residential - House R 13 200 000

CEDAR LAKES

Single Residential - Estate R 3 500 000

BANTRY BAY

Single Residential - House R 19 950 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

Alle Lego op Uitverkoping

Pret vir die Hele Gesin!

Besoek die kalahari.net Speelgoedwinkel en kry LEGO-speelgoed + opvoedkundige speelgoed volgens ouderdom, tema, kategorie en meer.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!