Kaapstad

Dinsdag

More sun than clouds. Mild.

21°C
26°C

7 day forecasts

Jurie vertel sy kant

2009-11-25 08:07

Jeanne-Marié Versluis

Pretoria - Jurie Els kan vanoggend moontlik sy kant van die saak in die hooggeregshof in Pretoria stel nadat sy aansoek om ontslag gister geweier is.

Waarnemende regter Chris Eksteen het gister gesê hy glo dit kom as ’n verrassing of ’n skok vir die verdediging, maar die hof moet die ontslag weier, onder meer gegewe die getuienis wat deur die staat aangebied is.

Hy het gesê hy maak dié bevinding “sonder meer”.

Hy is nie verplig om in dié sta­dium redes vir sy bevinding te gee nie, het die regter gesê en die verhoor tot vandag uitgestel om Els kans te gee om sy regsposisie te oorweeg.

Els het oudergewoonte geglimlag toe die hof daarna verdaag het. Hy word daarvan beskuldig dat hy die sanger Robbie Klay (23) onsedelik aangerand het toe dié tussen 11 en 16 jaar oud was.

Adv. Corli Bouwer, staatsaanklaer, het gister toegegee die staat kon nie die eerste aanklag van onsedelike aanranding bewys nie. In dié aanklag is beweer Els het Klay gemolesteer toe dié jonger as 12 was.

Adv. Danie Dorfling, namens Els, het gesê die verhoor het ’n “klomp publisiteit” meegebring en tot gevolg gehad dat “mense meegesleur en meegevoer” is.

Die hof kan hom volgens Dorf­ling nie langs dié stroom laat meesleur nie. Eksteen het daarop gevra: “Het u rede om te vermoed dat die hof hom laat lei deur koerantberigte en Huisgenoot?”

Dorfling het gesê “daar word sekere verwagtinge en persepsies in die openbare oog geskep” en die regter het ’n grondwetlike plig om Els ’n billike verhoor te gee.

As daar nie redelike vooruitsigte is dat Els moontlik skuldig bevind kan word nie, moet die hofverrigtinge nou reeds deur ontslag gestop word.

Bouwer het betoog die staat volstaan met die tweede aanklag van onsedelike aanranding (dat Klay glo tussen die ouderdomme van 12 en 16 jaar gemolesteer is) en die derde aanklag – een van uitlokking van Klay om seksdade te pleeg toe hy nog nie 16 was nie.

Die verdediging het aangevoer daar kan moontlike motiewe wees hoekom Klay vals klagte teen Els sou indien, soos dat Huisgenoot hom R10 000 betaal het vir ’n onderhoud en dat moontlike afguns op Els, of die feit dat Els met Hestrie Cloete getrou het hom daartoe kon dryf.

Getuienis bestaan volgens Bouwer wel waarop ’n redelike mens ’n skuldigbevinding kan of mag uitbring.

- Die Burger

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Marieta sê... Almal is skielik onskuldig as hulle uitgevang word.
Daar is dan ook gerieflikheidshalwe altyd iemand of iets anders wat moet pa staan vir hul dade.
'n Mens met haar geleerdheid behoord van beter te weet. Ek het vanoggend op RSG gehoor hoe goed sy nou is. Ek is bly vir haar part, maar dat sy haar straf moet kry is verseker. Sy het nie 'n idee hoe hulle slagoffers voel nie, die kwaad wat hulle aangerig het, sal altyd by onskuldige mense bly, jy kan dit nie net weg wens nie.
Hulle het, deur twee selfsugtige mense se toedoen, 'n knou vir die reg van hul lewens opgedoen. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-26°C More sun than clouds. Mild. Jhb: 16-29°C Sprinkles early. Morning clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 14-25°C More sun than clouds. Mild. Pta: 19-31°C Morning clouds. Pleasantly warm.
Bfn: 24-32°C Sunny. Warm. PE: 23-33°C Drizzle. More sun than clouds. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A6 2.4 Tiptronic
2000
R 100,890.00

CHEVROLET

Aveo 1.6 LS
2009
R 132,200.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Comfortline 5-dr
2009
R 149,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

NINAPARK

Single Residential R4,920,000

MONTANA PARK

Single Residential R4,590,000

DURBAN NORTH

Single Residential R4,750,000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

Valentynsdag Blomme & Geskenkpakkies

12 Rooi Rose in Sellofaan – Nou R439.00

'n Groot verskeidenheid van Valentynsrose en -blomme, -geskenkpakkies, -juweliersware en baie meer.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!