Kaapstad

Donderdag

Drizzle. More sun than clouds. Mild.

20°C
25°C

7 day forecasts

Cosatu dreig met massa-optrede oor Jansen, UV-raad

2009-11-23 01:43

Earl Coetzee

Bloemfontein

Jansen moet gaan! Nee, Jansen moet bly! Nee, hy moet definitief gaan!

Lede van die ANC-koalisie in die Vrystaat het die soveelste keer hul mening oor prof. Jonathan Jansen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat (UV), verander.

Lede van Cosatu, die Jong Kommunisteliga (JKL) en Sasco het Saterdagoggend na die UV opgeruk in die jongste protesoptog teen rassisme by die instelling.

Hier het hooggeplaastes van dié organisasies ’n striemende aanval op die UV-raad en sy vorige voorsitter, regter Faan Hancke, en Jansen gedoen. Jansen se bedanking en die onmiddellike ontbinding van die raad is onder meer geëis.

“Ons sal nie ontspan totdat Jansen en die raad weg is nie!” het mnr. Sam Mashinini, Vrystaatse Cosatu-sekretaris, herhaaldelik gesê.

Mashinini sê Jansen kies duidelik kant in sy hantering van die Reitz-vier-kwessie en Cosatu sal nie toelaat dat enigeen hul swaarverdiende demokrasie vir eie gewin misbruik nie.

“Hy sit in ’n pragtige lugversorgde kantoor en sê vir ons mense daar is geen rassisme hier nie. Ons soek nie sy sy soort hier nie,” sê Mashinini.

“Daar was mense wat gesê het hy is een van ons, so ons moet hom uitlos. Ja, hy is een van ons, maar hy moet nie in die pad staan van versoening nie,” het mnr. Tyotyo James, adjunk-voorsitter van Cosatu, gesê.

Tyotyo sê Cosatu het nooit mnr. Julius Malema se mening dat Jansen ’n kans gegee moet word, gesteun nie.

“Al is ons deel van die regeringsalliansie is ons vry om ons eie besluite en menings te vorm oor wat reg is,” sê hy.

“Daar kan geen regte versoening wees sonder deelname van albei kante nie en tot dusver het hulle (die Reitz-vier) geen teken gegee dat hulle wil versoen nie.”

James en Mashinini se stellings is beaam deur leiers van die JKL en Sasco.

“Ons hoef nie intellektuele te wees om beter as Jansen te kan redeneer nie,” sê mnr. Mojalefa Simango, provinsiale leier van die JKL en voormalige provinsiale Sasco-voorsitter. Hy sê Jansen is deur die UV-raad aangestel en as die raad ontbind moet al sy besluite ook omgekeer word, insluitend Jansen se aanstelling.

Hancke is, ondanks die feit dat hy sedert gisteroggend nie meer die voorsitter van die raad is nie, ook aangevat.

’n Memorandum met die alliansie se eise is aan mnr. Khoarai Khoarai, adjunk-direkteur-generaal van die departement van onderwys, oorhandig. Khoarai het onderneem om die memorandum aan dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, te stuur.

Mashinini sê die alliansie sal die minister 14 dae kans gee om op hul memorandum te reageer. Indien dit nie gebeur nie sal Cosatu en sy vennote oorgaan tot “rollende massa-optrede totdat dit wat in die memorandum is, bereik is”.

- Die Burger

Lewer kommentaar op dié storie


Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

digit sê... De la Rey, De la Rey, sal jy die boere kom lei!!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 20-25°C Drizzle. More sun than clouds. Mild. Jhb: 16-33°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 13-29°C Mostly sunny. Pleasantly warm. Pta: 17-31°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 21-29°C More sun than clouds. Warm. PE: 21-29°C Sprinkles late. More clouds than sun. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Finance Manager: CA(SA)

Gauteng - Johannesburg
Network Recruitment CA- Centurion
R700,000-990,000 Per Annum Cost To Company

Bookkeeper

Western Cape - Cape Town
Calibre Brand Solutions

Designer

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T3 Sedan 1.3 AC
2008
R 115,990.00

AUDI

TT Coupe Quattro 3.2 DSG
2007
R 340,000.00

VOLKSWAGEN

Touran 1.9 TDi Trendline MPV Dsl
2008
R 239,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

EVERTON

Single Residential - House R 8 500 000

NINAPARK

Single Residential - House R 5 950 000

ATHOLL

Single Residential - House R 14 000 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

30% Af op Uitgesoekte DVD's

DVD's vanaf R69.30

100de Oscar wenners nou op uitverkoping. American Beauty, Step Up, Happy Feet, Casino Royale & meer!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!