Kaapstad

Vrydag

Sunny. Mild.

19°C
24°C

7 day forecasts

Tender-soustrein kan ontspoor

2009-11-09 01:38

Pieter du Toit

Kaapstad

Die parlement gaan die Staatsdienskommissie (SDK) en die departement vir die staatsdiens en administrasie (DPSA) vra om wetgewing voor te berei om die staatsdiens se tender-soustrein tot stilstand te bring.

Dit volg op ’n ondersoek deur die parlementêre staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) ná ’n verslag deur die ouditeur-generaal (OG) waarin bevind is meer as 2 300 amptenare het uit staatskontrakte ter waarde van nagenoeg R615 miljoen voordeel getrek.

Dié verslag dek die boekjaar 2006-’07 en het daartoe gelei dat Skoor vroeër openbare verhore met nege staatsdepartemente gehou het oor ’n rits ongerymdhede in die toeken van tenders aan maatskappye wat bande met amptenare het.

Tans bestaan daar geen wetgewing, reëls of regulasies wat staatsamptenare verhoed om vir staatskontrakte te tender nie, mits hulle vroegtydig hul belange verklaar, niks doen om die tenderproses te beïnvloed en dit nie met hul werk inmeng nie.

Skoor se aanbeveling volg op ’n soortgelyke versoek wat die voorsitter van die verdedigingskomitee aan die minister van verdediging gerig het ná onthullings oor die oënskynlike betrokkenheid van weermaghoës by die toeken van tenders.

Die komitee wil verder hê die SDK en die DPSA moet wetgewing aanpas om te verhoed dat staatsamptenare vergoeding verdien buite hul pligte teenoor die staatsdiens.

Tans is daar honderde staatsamptenare wat elders vergoeding verdien sonder dat hul toestemming gevra of hul belange verklaar het.

“Die nasionale en provinsiale rekenpligtige amptenare moet toesien dat geld wat dié werknemers op bedrieglike wyse (met die toeken van tenders) gekry het, herwin word,” lui Skoor se verslag. Skoor wil ook hê daar moet tugstappe gedoen word teen 30 amptenare wie se maatskappye tussen hulle staatskontrakte van meer as R30,6 miljoen losgeslaan het.

Dié amptenare het nie hul belange verklaar nie.

Skoor het ook met die OG akkoord gegaan oor maatskappye wat nalaat om te sê indien van húl werknemers óók staatsamptenare is.

Die tesourie gaan derhalwe gevra word om wetgewing aan te pas wat maatskappye wat tender, dwing om te verklaar of daar enige verbintenis – van watter aard ook al – met staatsamptenare is.

Agt staatsdepartemente – insluitend kommunikasie, landbou, onderwys en korrektiewe dienste – moet binne 60 dae ook verslag doen oor die stappe wat gedoen is om korrupte amptenare vas te vat.

- Die Burger

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Allistor De Lange sê... Aan diegene wat hulle so skerp uitlaat oor die " dronk Mthembu " storie, oordink asseblief die volgende aspekte :
1. Die demokrasie wat u kritiseer bied aan u die kans om jou opinie te spreek ( vryheid van spraak )
2. Kritiseer u die ANC of verpersoonlik u die neersien mentaliteit op die individu ( almal het die reg tot menswaardigheid )
3. Daar is 'n paar beinvloedende faktore tydens regsprosedures in Suid-Afrika ( politiek, geld, kleur, die geskiedenis en agendas )
Dronkbestuur is verkeerd en onverantwoordelik, maar moet nie die saak uit verband neem met vrugtelose propoganda, asook om iemand te verneder oor sy/haar fisiese voorkoms. Die kommentare strook nie met volwasse denke nie, maar wel met baas-klaas-baas moddergooiery. Die land se probleme ontstaan uit geskiedenis en ons gaan die geskiedenis herhaal keer op keer, want ons wil nie groei nie.Die regering van die dag moet werklik die pleidooi van landsburgers gehoor gee & aksies neem, maar individue wat met negatiwiteit 'n positiewe verandering wil maak, sal patriotisme in die verklarende woordeboek gaan lees. Ek gebruik nie 'n skuilnaam nie. Allistor ( CW ) Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 19-24°C Sunny. Mild. Jhb: 18-32°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm. Pta: 16-32°C Sunny. Pleasantly warm.
Bfn: 22-30°C More sun than clouds. Warm. PE: 22-27°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

HR Manager

Gauteng
Crabtree & Evelyn
R 15, 000 - R 20, 000

Financial Manager

Gauteng - JHB North/Sandton
Network Finance Menlyn
R700,000-800,000 Per Annum Cost To Company

Head of Finance: CA(SA)

Gauteng - Johannesburg
Network Recruitment CA- Centurion
R700,000-990,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 1.8T FSi Ambition 3-dr MY09
2009
R 289,990.00

BMW

335i CONVERT EXCLUSIVE AT (E93)
2007
R 489,900.00

TOYOTA

Auris 1.6 RS 5-dr
2009
R 154,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

ASSAGAY

Single Residential - House R 7 500 000

GORDONS BAY

Single Residential - House R 11 500 000

FANCOURT GARDENS

R 4 100 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

Oscars 2010 DVD' s op Uitverkoping

82 Jaar van Uitstaande Rolprente

Casablanca, Titanic, Braveheart, American Beauty, Silence Of The Lambs & meer!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!