Kaapstad

Dinsdag

More sun than clouds. Mild.

21°C
26°C

7 day forecasts
Dawie

Dis nie te laat om SA Edms. (Bpk.) te red

2009-11-14 00:22

Baie Suid-Afrikaners het in 1994 en die eerste jare daarna opreg daaroor gejuig dat hul land “normaal” geword het.

Nou kry die land ’n billike kans om sy groot probleme te bowe te kom, het hulle gemeen: armoede, wetteloosheid en die gepaardgaande gebrek aan bestuurbaarheid, internasionale ekonomiese en maatskaplike mededingendheid, swak onderwys vir ’n groot deel van die bevolking, ensovoorts.

En inderdaad, op internasionale kongresse is Suid-Afrikaanse deelnemers bejubel as komende van ’n versoeningswonderwerk. Die internasionale media het gloeiend oor die nuwe Suid-Afrika berig, en regerings wêreldwyd het oor mekaar geval om leiers op amptelike besoeke te stuur en langs Madiba afgeneem te word.

Wat het daarvan oorgebly? Die internasionale media is skerp krities, soms hopeloos ongenuanseerd; agter die skerms laat hoë amptenare en politici – diegene wat beleid bepaal – blyk dat hulle ontgogel is oor die rigting wat Suid-Afrika inslaan.

Dalk die mees tasbare bewys hiervan is die kwantifiseerbare data wat die DA vandeesweek in ’n oorsig van 20 internasionale indekse bekend gemaak het. Daaruit blyk dat die land in 16 van die 20 teruggesak het, soms drasties.

In slegs 4 van die 20 het Suid-Afrika boontoe gebeur.

Wat het gebeur? Waarheen het die welwillendheid verdamp? Waarom is die hoop op tasbare vordering omgekeer in tasbare agteruitgang?

Nog belangriker: Maak dit regtig saak dat die buiteland ons so sinies bekyk? In die apartheidstyd het baie mense tog ook gesê: Laat die buiteland in sy peetjie gaan; ons het hulle nie nodig nie. Ook vandag word dit gesê, maar dié keer deur die nuwe establishment.

Wel, Dawie het nuus vir sulke mense. Suid-Afrika het die buiteland baie meer nodig as andersom.

Skerper gestel: Suid-Afrika het die ontwikkelde wêreld baie meer nodig as andersom. Om maar ’n voorbeeld te noem: Byna 40% van Suid-Afrika se internasionale handel word met die Europese Unie (EU) gevoer, terwyl 70% van die regstreekse buitelandse beleggings uit dié blok afkomstig is.

Daarteenoor bedra Suid-Afrika se handel met die EU slegs sowat 1,5% van dié se buitelandse handel. En onthou dat die EU een van die grootste ekonomieë ter wêreld het, wat vir ’n vyfde van die wêreldhandel verantwoordelik is.

Dit beteken dat Suid-Afrika hom wel deeglik iets moet aantrek van wat die magtiges van die Aarde van hom dink. Hy moet hom beslis steur aan sy plek op internasionale indekse.

Dit beteken ook dat die regering sy buitelandse beleid op dié werklikhede moet afstem.

Veral onder pres. Thabo Mbeki se rampspoedige bewind het Suid-Afrika ’n besonder ideologies gelaaide buitelandse beleid gevoer deur hom soos ’n tipiese Afrika-moondheid te gedra. Anti-Westerse geluide was aan die orde van die dag, en korrupte diktators – met Robert Mugabe aan die spits – is in beskerming geneem, tot in die Veiligheidsraad van die VN.

Suid-Afrika se buitelandse beleid behoort gedryf te word deur die regering se breë nasionale strategie, wat neerkom op ontwikkeling en armoedebestryding. Daarvoor het hy die welwillendheid en medewerking van die Eerste Wêreld in Europa, Amerika en Asië nodig, en dit beteken dat hy nie die internasionale konsensus oor die bestryding van korrupte diktature kan ignoreer nie.

Maar dis nie al nie. Suid-Afrika se verslegtende posisie op die internasionale indekse wys hoe die land internasionaal terugsak, hoe ander hom verbysteek. Die internasionale toneel is hard. As jy uit­sak, is dit jou eie skuld.

Dit is die skuld van ’n president wat nie kragtige leiding kan gee nie. Van ’n regering wat nie die onderwys behoorlik kan regruk, korrupsie in eie geledere kan bestry, misdaad kan hokslaan of vir doeltreffende plaaslike regering kan sorg nie.

Die indekse is soos ’n aandeelprys wat daal omdat die mark meen jy is nie ’n goeie belegging nie. Dit moet elke denkbare gevaarlig laat flikker.

Dit is nog nie te laat nie. Maar nes ’n vis van sy kop af vrot, is dit die kop wat vir ’n gesonde liggaam moet sorg. Daardie kop is pres. Jacob Zuma en sy regering. Vandaar Dawie se oproep vandag: Asseblief, mense, begin eindelik volgens beproefde beginsels regéér!

- Die Burger

binne die burger

Nuutste Dawie-kommentaar

Friedel sê... Leon du toit, sien asb die groter prentjie tesame met die "hidden agenda" raak. Verskoon tog maar prof, alle whiteys is nie instaat om die gevaartekens agter die bult raak te sien nie. Ons almal is darem nie so nie - skuus prof.........en u punt teen die blanke afrikaner is die keer.......??? Deborah, ek hoop net nie jy's blank nie, want dan kan jy jou joppie wat jy soek op die kampus op jou se naeltjie skryf en op jou eie tyd en koste afvee! Of hoe se ek prof? Vrede en voorspoed vir almal in die wonderlike land van ons met sy pragtige kosmosblomme en bitteraalwyne. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-26°C More sun than clouds. Mild. Jhb: 16-29°C Sprinkles early. Morning clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 14-25°C More sun than clouds. Mild. Pta: 19-31°C Morning clouds. Pleasantly warm.
Bfn: 24-32°C Sunny. Warm. PE: 23-33°C Drizzle. More sun than clouds. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A6 2.4 Tiptronic
2000
R 100,890.00

CHEVROLET

Aveo 1.6 LS
2009
R 132,200.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Comfortline 5-dr
2009
R 149,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

HOUT BAY

Single Residential R4,650,000

KWAAIWATER

Single Residential R27,900,000

MIDFIELD ESTATE

Single Residential R3,000,000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

Valentynsdag Blomme & Geskenkpakkies

12 Rooi Rose in Sellofaan – Nou R439.00

'n Groot verskeidenheid van Valentynsrose en -blomme, -geskenkpakkies, -juweliersware en baie meer.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!