Kaapstad

Dinsdag

More sun than clouds. Mild.

21°C
26°C

7 day forecasts

Forum: V o ë l v r y of vry voel?

2009-11-14 00:47

Willem Pretorius

Drie gebeure die afgelope twee weke – die herdenking van die Berlynse Muur se val; die twis van die Voëlvry-rockers en Antjie Krog se Goethe-lesing – vestig die aandag weer op die muur in die Afrikaanse kop wat volwaardige toelating tot die Nuwe Suid-Afrika bemoeilik. Wat is nodig om die kritieke massa in ’n groep te bereik wat ’n muur laat val? Willem Pretorius vra of ons bloot voëlvry is en wat nodig is sodat ons vry kan voel.

Die herdenking van die val van die Berlynse Muur 20 jaar gelede het ook in Suid-Afrika geresoneer omdat dit omtrent daardie tyd was toe die apartheidsmure finaal begin omval het. Die gebeure in Berlyn, die einde van die Koue Oorlog en die koms van die Nuwe Suid-Afrika is onlosmaaklik verbind.

As vandag in Suid-Afrika dieselfde peiling gedoen word as die een wat pas in Duitsland verskyn het, kan ’n mens met taamlike sekerheid sê dat die persentasie hier baie hoër as die 12% daar anderkant sal wees wat wens dinge het nooit verander nie.

Dit bring die vraag na vore wat in ’n groep moet gebeur om ’n kritieke massa te vorm sodat die skaal na die ander kant oorhel. Wat is nodig sodat die Afrikaanse kwessies waarna Krog verwys, bygelê kan word sodat ons vrede met die verlede kan maak, ophou met mekaar baklei en na ’n gesamentlike toekoms met die res van Suid-Afrika kan streef?

Niemand besit ons Vryheid

Eerstens het die 20-jarige twis van die Afrikaanse rockers Dagga-Dirk Uys en Koos Kombuis weer opgevlam. Hoewel dit teen hierdie tyd gaapwekkend is, simboliseer dit – soos die Boetman-debat – die onvermoë om met die verlede vrede te maak.

Die vraag is nie wie van die twee ons uiteindelik bevry het nie, maar of ons net oor die Voëlvry-toer en die rebelse rockers van 20 jaar gelede vry is.

Waarom is Afrikaanse mense so nydig oor bydraes tot die openbare lewe en wie vir die koersveranderings verantwoordelik is? Is dit ’n gevoel van ontmanning of bloot die hoë papawer-sindroom?

Dit is waar dat die ou regering militêr nog 20 jaar kon uitgehou het. Die vraag is: teen watter koste?

Met ’n ekonomiese, politieke en kulturele boikot wat die apartheid-eiland baie bedompig begin maak het, is dit ’n ope vraag. Die Israel-opsie was ’n keuse, maar gelukkig het ’n high road-scenario geseëvier.

Wat was egter die kritieke massa wat die meeste blankes in die land in die referendum vir die nuwe Suid-Afrika laat stem het, en wat is nodig om daardie kritieke massa weer te bereik?

Dit was sekerlik nie net Voëlvry nie, hoewel dié groep rockers ’n beduidende bydrae gelewer het om koppe te skuif. Veral as onthou word in watter koptronk Afrikaanse mense was en hoe omvattend die SAUK, kerke, skole en die politiek beheer is.

Om ’n massa mense te skuif moet eers die koppe van die intellektuele in ’n groep geswaai word. Die Voëlvryers het hulp gehad van intellektuele in die boekbedryf, die media, die teater- en kunswêreld. Hulle het ook op mekaar ingespeel.

Dink byvoorbeeld aan Bernoldus Niemand se “Hou My Vas, Korporaal”. Sy bekende lied het nie om dowe neute geresoneer met die grensverhale wat die koptralies oor diensplig en magsmisbruik oopgebuig het nie.

En moenie Johannes Kerkorrel, wat gister sou verjaar het, vergeet nie.

Natuurlik was daar – soos met die End Conscription Campaign-groep – heelwat opportuniste wat lank daarna op die wa geklim het, maar die honde se gehuil stuur nie die karavaan nie.

Jong Afrikaanse skrywers soos Hans Pienaar, Hein Willemse, Koos Prinsloo, Eben Venter, Attie van Niekerk, Harry Kalmer, Ryk Hattingh, Victor Munnik, André le Roux en Alexis Retief het weggebreek en met hul grensverhale vars winde aangeblaas. Taurus het die meeste van die werke uitgegee, en in die kortverhaalbundel Forces Favourites is al die romantiese mites van die grensoorlog en diensplig op sy kop gekeer.

Dié boek asook Die Trojaanse Perd van Willemse en Pienaar, Witblitz van Venter en ander skrywes het geykte Christelik-nasionale idees oor patriotisme, rassisme, diensplig en gay-wees koelbloedig afgetakel.

Maar ook in die teater het stukke soos Born in the RSA en Deon Opperman se Môre Is ’n Lang Dag (reeds in 1983) die bal aan die rol gesit.

Ook moet die Afrikaanse media se rol nie onderskat word nie. Dit is waarskynlik net Vrye Weekblad en Beeld, wat met bomme deur hul eie mense beloon is, wat vandag nog kop omhoog kan hou oor hul rol.

Bowenal moet die ekonomiese wurggreep se rol nie onderskat word nie. Niks bekeer mense so gou soos ’n beursie wat toegeknyp word nie.

Dus, nie een straaltjie het die stroom geword nie. Daar was verskeie. Selfs die ANC kan bedank word vir wat hy gedoen het vir die bevryding van Afrikaanse mense uit die doodloopstraat van apartheid.

Die beeld van die dominostene in Berlyn is daarom ook hier van toepassing. Om te stry oor watter steen nou die belangrikste was, is soos ’n passer om ’n gat wat na nêrens lei nie.

Staak tog die debat oor wie se bydrae belangriker is as ander s’n. Die beeld van aartsbiskop Desmond Tutu is ter sprake en vereis die nederigheid wat ons ook by Afrikaanse mense soek – “mense sien my net omdat ek op ander se skouers sit”.

Niemand besit ons vryheid nie.

Van Berlyn tot Bellville

’n Meer vrugbare gesprek sal eerder wees om oor Antjie Krog se onlangse toespraak by die Goethe-instituut in debat te tree. Sy druk haar vinger op die puisie as sy sê ons het nog nie die kwessies van versoening en skuld behoorlik verwerk nie.

Die skuldfaktor van generasies is aan die pit van die sweer asook die vraag of die sondes van die vaders besoek kan word aan die derde of die vierde geslag en wat die afsnypunt moet wees.

Daar is nie – soos die ANC graag wil maak – iets soos ’n kollektiewe Afrikaanse skuld nie. Tog kan nie bloot sekere individue vir apartheid geblameer word nie. Die vraag oor skuld is iets wat van Berlyn tot Bellville verwerk moet word.

Kollektief en individueel moet elke familie, gesin en individu vir homself ’n saak probeer uitmaak in watter mate hy of sy aan die verlede skuldig is.

Solank ’n Afrikaanse seun nie sy pa kan vergewe vir wat hy met die wysheid van sy tyd tot sy beskikking gedoen het om apartheid in stand te hou nie en ’n pa nie die oupa nie, gaan Afrikaanse mense in ’n sinlose bestaan vasgevang bly.

Die situasie is nog meer kompleks omdat die kritieke massa wat ten gunste van die nuwe Suid-Afrika was, later die spoor byster geraak het toe hulle deur die volgende geslag geblameer is vir regstellende aksie en beperkte horisonne. Ook misdaad het die prentjie vertroebel.

Blaam, verontskuldiging en morele skynheiligheid sou vir altyd ’n sambreel oor ons skaamte kon wees. Tog is die meeste Afrikaanse mense ordentlike mense wat nie bang is om die waarheid in die oë te kyk nie.

Ek dink daarom nie die enigste opsie, soos berigte oor Krog se toespraak dit wou hê, is om te sit en wag totdat dié vir wie hulle histories mishandel het erger word as Afrikaners self om uiteindelik die historiese behandeling te kan regverdig nie.

Dít is ’n neerdrukkende historiese fatalisme. Is die mensdom dan gedoem om die foute van die verlede te herhaal, of is daar ’n opwaartse kontinuum in sy morele vooruitgang?

Is daar geen hoop dat ons bestaan nie deur oerwoudpolitiek bepaal sal word nie? Of is dit bloot uitsonderlike individue soos mnr. Nelson Mandela wat die mag het om die spiraal te breek?

Laastens opper Krog die kwessie van die herdefiniëring van die Afrikaner. Dit is die crux van die saak. Want as Afrikaanse mense nie vrede met hulself maak nie, gaan hulle met niemand anders kan vrede maak nie.

Die heel eerste stap is sekerlik om die verlede vierkant in die oë te kyk, ophou om ander te blameer en gesamentlik werk daarvan te maak om die foute van die verlede te herstel.

Dit help eenvoudig nie om die nuwe soutpiele te word nie. As die persepsie posvat dat ons nie met albei voete stewig in Suid-Afrika staan nie, gaan Afrikaanse mense met dieselfde argeloosheid bejeën word as wat met Engelssprekendes die geval was.

Die opsie wat baie mense verkies om ’n ekonomiese toekoms na te streef of om in hul eie tronke terug te trek, deug ook nie. Die mens is nie net ’n ekonomiese wese nie, en die ou cliché – jy is slegs ’n mens deur ander mense – bly waar. Ook is dit tog onmoontlik dat ons vir altyd kan voortbestaan deur net onsself ekonomies te dien.

Dit is ’n komplekse saak, en hopelik kan die debat help in die pad af na ’n oplossing.

Brugbouers

Wat egter seker is, is dat ’n kritieke massa brugbouers vir Afrikaanse mense nodig is. Mense wat brûe kan bou na ander groepe, lande, mense en wat geloofwaardige kontrakte kan sluit om te verseker dat ons vaardighede nie net oorgedra word nie, maar dat ook die mens agter die vaardighede behou word.

Vergeet maar die drome van in ’n virtuele gemeenskap volwaardig Afrikaans óf mens te bly. Juis deur afsondering het die Afrikaner homself begin glo, ondanks waarskuwings en profete wat van beter geweet het.

Die mens en die land is onafskeidbaar verbonde.

Die begrip Afrikaner, Suid-Afrikaner en Afrikaan is ook nie wedersyds uitsluitend nie.

Daar is ook prestasies waarop ons trots kan wees.

Laat die skaamte ons nie verhinder om weer volwaardig mens te word nie.

binne die burger

Nuutste Hoof Artikels-kommentaar

Friedel sê... Leon du toit, sien asb die groter prentjie tesame met die "hidden agenda" raak. Verskoon tog maar prof, alle whiteys is nie instaat om die gevaartekens agter die bult raak te sien nie. Ons almal is darem nie so nie - skuus prof.........en u punt teen die blanke afrikaner is die keer.......??? Deborah, ek hoop net nie jy's blank nie, want dan kan jy jou joppie wat jy soek op die kampus op jou se naeltjie skryf en op jou eie tyd en koste afvee! Of hoe se ek prof? Vrede en voorspoed vir almal in die wonderlike land van ons met sy pragtige kosmosblomme en bitteraalwyne. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-26°C More sun than clouds. Mild. Jhb: 16-29°C Sprinkles early. Morning clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 14-25°C More sun than clouds. Mild. Pta: 19-31°C Morning clouds. Pleasantly warm.
Bfn: 24-32°C Sunny. Warm. PE: 23-33°C Drizzle. More sun than clouds. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Manager (Only South African Citizens )

Gauteng - Johannesburg
Network Finance Menlyn

Financial Accountant

Gauteng - Johannesburg
Network Finance Menlyn
R300,000-360,000 Per Annum Cost To Company

Management Accountant

Gauteng - Johannesburg
Network Finance Menlyn
R400,000-450,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2008
R 109,900.00

AUDI

A4 1.8T FSi Ambition MY09
2009
R 332,000.00

TOYOTA

RunX RSi 5-dr
2003
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

NINAPARK

Single Residential R4,920,000

MONTANA PARK

Single Residential R4,590,000

DURBAN NORTH

Single Residential R4,750,000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

Valentynsdag Blomme & Geskenkpakkies

12 Rooi Rose in Sellofaan – Nou R439.00

'n Groot verskeidenheid van Valentynsrose en -blomme, -geskenkpakkies, -juweliersware en baie meer.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!