Kaapstad

Dinsdag

High level clouds. Mild.

20°C
27°C

7 day forecasts

'n Lewe sonder voëlvry?

2009-11-02 10:26

Jy skryf in die voorwoord die boek het aanvanklik stadig gevorder omdat dit vir jou ’n traumatiese proses was om die
verlede weer op te diep. Watter dele was vir jou die pynlikste om te skryf? En, in retrospek, dink jy die skryfproses het heling gebring?
Dit klink seker belaglik, maar die moeilikste deel van die proses is om nou, ná die skryf van die boek, vrae daaroor te beantwoord. Om die boek te skryf was ook moeilik, maar dit het vir my ongelooflike heling gebring. Ná die editing proses het ek dit alles begrawe en agter my gesit. Nou word ek gedwing om weer daarna te kyk.

Gelukkig was die uitgewers en die media sover baie inskiklik deur my voorwaarde te aanvaar dat ek slegs onderhoude per e-pos doen. Al is ek mal oor Coenie de Villiers, kan ek my nie voorstel dat ek in die Kwela-ateljee met hom sou kon sit en chat oor heavy goed soos Kerkorrel se selfmoord nie. Die pyn is nog te rou.

Van Johannes Kerkorrel gepraat. Jy skryf verreweg die slegste ding wat met jou gebeur het die afgelope vyftien jaar was sy dood op 12 November 2002. Sover ek weet is jy ook die eerste skrywer wat openlik (in ’n boek) erken Kerkorrel was MIV-positief. Hoe het jy dit uitgevind? En was die besluit om so iets openbaar te maak nie ietwat van ’n etiese wroeging nie?
Dit was nogal ’n wroeging.

Twee dinge het my laat besluit dit is belangrik om alles te vertel. Eerstens is MIV-positiwiteit nie ’n skande nie, dit is deesdae so kommin soos verkoue. Tweedens het Kerkorrel se beste vriend, Stef Bos, eenmaal in ’n lang gesprek met my saamgestem dit sou ’n goeie ding wees om eendag alles te vertel. Om die waarheid te sê, hy het dit reeds lankal op Nederlandse radio uitgelap en baie mense daar weet daarvan.
Stef weet nog nie van hierdie boek nie, maar ek is seker hy sal oukei wees. Ek hoop ook Amanda Strydom sal oukei wees daarmee. Sy was bes moontlik sy heel beste vriendin, en sy was glo by hom die dag toe hy gediagnoseer is.

Jy skryf oor Gallo wat aan die begin van jul opnames ’n vraelys gestuur het om te vra of julle enige dwelms in die ateljee wil gebruik. Ook dat hulle sou betaal en dit op hul lys van uitgawes sou aandui as “miscellaneous”. Was jy nie bang vir lastereise nie?

Ek is seker dat, as Gallo sensitief is oor hierdie saak, hulle nie te hard moet push vir laster nie. Indien hierdie soort ding wel amptelike praktyk was, is die kanse dat hierdie bewerings deur ander musikante gestaaf kan word, feitlik 100%.

In die hoofstuk “die poësie van anargie” maak jy ’n lys met name van vroue uit jou verlede: ’n soort besoekersboek van jou “soektog na ware liefde”. Hoe voel die vroue daaroor dat hul name op ’n tabel in ’n boek opduik?

Die girls op die lys is nie almal met wie ek seksuele omgang gehad het nie, maar mense wat my op die een of ander manier verander het. Dit is my “emosionele” lys. In baie gevalle het ek, weens my eie emosionele onvolwassenheid, daardie mense bitter seergemaak. Dit sou krimineel wees om te beweer daar is niks om oor die saak te sê agterna nie. ’n Openbare apologie is beter as ’n gemompelde sorry. Ek is eintlik meer bekommerd dat ek iemand uitgelaat het as oor die name wat wel op die lys is.

Aan die einde van die boek skryf jy die Voëlvry-toer het “my gedamage. Dit het my verskriklik baie skade berokken”. Ook dat jy daarna “getypecast (is) for life”. Droom jy ooit van ’n lewe sonder Voëlvry?

Ja, heeltyd. Ek spandeer die helfte van my tyd daaraan om te wonder hoe dinge sou gewees het as daar nooit apartheid was nie, as Suid-Afrika ’n normale land was. Pas het ek ’n CD gemaak met die soort liedjies op wat ek sou gesing het as ek nooit protes gedoen het nie. Dit is ’n aspek van my lewe wat jare lank onderdruk is. Dit is nie normaal om jou ganse jeug tot en met jou dertigerjare deur te bring in ’n toestand van woede en vervreemding nie.

Twintig jaar ná Voëlvry skryf Toast Coetzer ’n roman, Naweek , wat volgens Erns Grundling “die eerste eietydse roman in Afrikaans (is) wat die leefwêreld en dilemmas van die sogenaamde MK-generasie tot op die been oopvlek”. In dié boek is seks, dwelms en groupies volop, net soos in die tyd van Voëlvry. Myns insiens is daar onder die jonger geslag Afrikaanse rockers egter nie meer sprake van ’n musiekbeweging wat, soos jy oor Voëlvry skryf, “regstellende aksie” is nie, wat “keer dat die melk oorkook” nie. Wat het intussen gebeur d at net die seks en die dwelms oorgebly het, maar nie die sosiale en politieke impak van die musiek nie? Dink jy daar sal ooit weer ’n soortgelyke musiekbeweging as Voëlvry in Suid-Afrika wees?

Shit. Ek sien foto’s van die steke in die ou van Fokofpolisiekar se gesig, en ek weet: die drug honeymoon is vir hulle al verby, die nagmerrie het begin. Ja, vandag se losbandigheid is vir my verskriklik, en dis verskriklik om te dink daar is soveel jongmense wat nie hoor wat ek sê as ek sê ek is klaar met drugs nie.

Ek sou sê daar is drie post-Voëlvry-groepe in blanke Afrikaanse musiek: die nuwe junkies (wat dink hulle copy ons), die kommersiële ouens (wat jy ook al van Juanita-hulle sê, hulle sal beslis ’n urine-toets slaag) en die ouens wat ons protes wil verander in ’n ver-regse protes (die post-De la Rey-generasie).

Aan die een kant voel ek verantwoordelik vir die hele gemors, en aan die ander kant voel ek oor al hierdie ouens soos ’n pa wat vir sy kinders se: “Niks meer lekkers nie!” Maar hulle hoor my nie.

Ten slotte dink ek daar is dalk hoop in die nuwe geslag satiriese musikante soos Thys Nywerheid en Jack Parow. Om teen die nuwe bestel te protesteer met ’n tikkie humor, maak dat niemand jou met die ver-regse crowd kan verwar nie, want die ver-regses het beslis geen humor nie.

Wat nog ’n Voëlvry-toer betref? Wel, Dagga-Dirk Uys is nog hier rond, dalk kan hy iets reël. Dit sal wonderlik wees as daar ’n veelrassige Voëlvry-toer kan wees. Daar is swart musikante wat dit baie sal geniet om ouens soos Snotkop en DJ Ossewa meer van hip-hop te leer, en dis hoog tyd die kwaito-ouens kom agter hoe cool is Zinkplaat en Abel Kraamsaal.
Ons kort meer girls ook. Karen Zoid het nog lank nie haar volle potensiaal ontgin nie. ’n Swart ou wat haar musiek ontdek het, het nou die dag vir my gesê hoe goed sy sal doen as sy in Soweto moet gaan sing. Liedjies soos “Aeroplane Jane” is van wêreldgehalte. Die laaste groot crossover chick was PJ Powers!

Hoekom het jy besluit om die boek aan jou dogter Maryke op te dra?
Ek het die boek aan haar opgedra omdat sy vir my die jonger generasie Afrikaanses verteenwoordig, en omdat ek hulle graag wil waarsku om nie dieselfde foute te herhaal as ons generasie nie, maar wel die goeie goed wat ons gedoen het na te volg. Indien enige.

Lewer kommentaar op dié storie


Jan van Riebeeck 11/2/2009 11:51:56 AM
Mooi so Koos Kombuis, nooit weer hoef ons generasie weer na waaiende wysvingers te luister nie en voete te stamp nie.Verstokte vingerswaaiende omies "0", die "Voëlvry-genarasie "1".
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne die burger

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 20-27°C High level clouds. Mild. Jhb: 15-26°C Drizzle. More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-25°C More sun than clouds. Mild. Pta: 14-27°C Tstorms late. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Bfn: 22-30°C Sprinkles early. More sun than clouds. Warm. PE: 18-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

National Retail Manager

Gauteng - JHB North/Sandton
Crabtree & Evelyn
R 20 000 to R 25 000 p/m

electricxal engineer

South Africa
Stafforce Recruitment Services

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 1.8T FSi Attraction MY09
2009
R 315,000.00

AUDI

A6 2.7 TDi Multitronic Dsl MY09
2009
R 487,350.00

CHEVROLET

Lumina 6.0 SS MY06 AT
2009
R 442,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

BALLITO

Single Residential - House R 14 500 000

OUBAAI

Single Residential - House R 25 000 000

BROOKLYN

Single Residential - House R 10 599 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Groot Feesbesparings op Boeke

2.3 miljoen titels om van te kies.

Slanke Nuwe iPod Reeks - Bestel nou!

iPod nano 16GB - Swart, Was R2,499.00 Nou R2,299.00! Spaar R200!

Fantastiese Feesflieks

46 000 DVD's en Blu-Ray nou op uitverkoping! Bestel District 9!

Musiek op Promosie

100e Feesvrystellings nou in voorraad! Now, Bump 25, Bon Jovi & meer!

1000e Kersspeelgoed op Uitverkoping

Hope Speelgoed, gratis toedraai, laagste pryse op Lego Mindstorm, Ben 10, Hannah Montana & meer!

Vandag se beste aanbod!

Oscars 2010 DVD' s op Uitverkoping

82 Jaar van Uitstaande Rolprente

Casablanca, Titanic, Braveheart, American Beauty, Silence Of The Lambs & meer!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!