’n Plek vir almal

2010-09-03 22:21

Die Multitask-span se reënboogkoek. Foto: Eben Venter

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dit is vanjaar die eerste keer dat hulle aan die Groot Koekbak deelneem.

Geoff met sy Merry Christmas-hoed is die leier van die span van vier en ook ’n ou hand as dit by swierige koeke kom.

Maru, Vicki in die rolstoel en Martin het almal met die versiering gehelp.

Dit het hulle omtrent twee dae gevat om die koek te maak.

Nou pryk hy vrolik tussen die ander mededingers se koeke in ’n tent en wag op beoordeling.

Die Tropical Fruits-groep bied elke jaar ’n gemeenskapsdag aan hier op die skouterrein in Lismore, Nieu-Suid-Wallis.

Vanjaar val dit op ’n Sondag en die weer speel saam.

Die lug is vol helder wolke, die temperatuur hier teen die einde van die winter mildwarm en nog nie te drukkend nie en verder agtertoe in die heuwels sing al die wilde papegaaie wat jy in die streek, oorspronklik dig begroeid met reënwoude, raakloop.

Karnavaltentjies is al in die rondte om ’n groen grasperk opgerig om ’n arena te vorm.

Uit die tente word wors, braai-uie en tamatiesous toegevou in twee snye witbrood en verkoop.

Regte koffie uit dié half tropiese streek word ook met ’n Italiaanse espresso-masjien gemaak en verkoop.

Die meeste van die tente word egter gebruik om mense bewus te maak van die een of ander gemeenskapskwessie, byvoorbeeld die voorkoming van MIV/vigs, depressie en chroniese angs asook ’n veldtog wat gay swart mense wil vrywaar van geweld en diskriminasie.

Die Tropical Fruits-groep rig hulle veral op die gay- en lesbiese gemeenskap en vandag is soort van ’n familie-saamtrek.

“Soort van” omdat ’n mens nie sommer gay-mans en lesbiërs met ’n gesin van hul eie vereenselwig nie.

Dit wemel egter hier van kinders en vandag is ’n gulde geleentheid om van alle moontlike vooroordele ontslae te raak (sonder dat jy dit agterkom) en mense en verhoudinge oor die hele spektrum van menswees te omhels.

Natuurlik nie letterlik “omhels” nie, hoewel dit ook kan.

Ek bedoel, het jy jouself al ooit toegelaat of in ’n situasie begewe waar jy ’n outjie met ’n spoegnat, oophangmond in ’n rolstoel, iemand wat leef met ’n swaar fisieke en geestelike gestremdheid, ’n stywe druk gee?

Geoff se span van vier koekbakkers leef almal met ’n gestremdheid en hulle is vandag hier, hart, siel en lyf.

Hulle verteenwoordig Multitask, ’n menslike-hulpbronne-organisasie wat mense met gestremdhede in die gemeenskap integreer, help met hul alledaagse lewe en met die vind van ’n werk as hulle daartoe in staat is.

Die Tropical Fruits-groep doen nóg meer, hulle sit die kersie op die koek.

Enigiemand wat hulle enigsins op die rand van die gemeenskap kan bevind, word by hul gedoentes verwelkom.

Die motto is inklusiwiteit.

En nie net ter wille van goedhartigheid of meegevoel nie, sulke ingesteldhede is dikwels net aangeleerdhede.

Tropical Fruits wil doodeenvoudig almal saamsnoer deur pret en plesier.

In die middel van die arena vind die eerste kompetisie plaas.

Dit is die wie-lyk-nes-sy-hond-kompetisie en daar is strawwe mededinging.

Behalwe kinders het gay-mans en lesbiërs ook honde. Baie. Brakke hoog en laag op hul skenkels, met en sonder snorbaarde, geskeer en gesjampoe en uitgedos met bandanas, vereboas en strikkies.

Geoff en sy span loer onder hul hoede deur na die hondeparade en klap en skree saam. Wel, nie almal van hulle nie.

Ek weet nie of hulle dalk dink aan hul koek tussen al die ander gebak en aan die streng beoordelaars wat waarskynlik nou besig is om te kyk en te proe nie.

Of miskien is hulle verstom deur die roesemoes van alle denkbare soorte en boonop al die kinders en honde en dan nog al die uitrustings van mens en dier.

Miskien is daar ook ’n dankbare verwondering of liewer ’n blydskap – ek bespiegel maar – dat niemand eens na hulle kyk nie.

Hulle het harte, hulle het gevoelens, gee hulle kans en hulle maak ’n bydrae. Kyk die pragtige koek vandag.

Nie almal dink egter so nie.

In die staat Victoria is daar tans twee gevalle waar ouers medici dagvaar oor sogenaamde nalatigheid of wandiagnoses.

In albei gevalle word aangevoer dat die betrokke dokters ná die ultrasoniese skanderings van die verwagtende moeders nie vasgestel het dat die fetusse simptome van Downsindroom toon nie.

Indien die ouers oor die simptome ingelig is, inligting wat hulle as hul reg beskou, sou hulle die kinders geaborteer het.

So lui die verklaring van albei ouerpare. Een van die pa’s het toe bygevoeg: “Don’t get us wrong: we love our daughter. She’s part of our family, and we treat her like gold.”

Die Tropical Fruits-groep weet gesindhede teenoor die mense kan star en kil wees – so daar is báie werk om te doen.

In ’n ideale gemeenskap, ’n ideaal wat net verwesenlik kan word deur saamtrekke soos hierdie, behoort niemand ooit as so anders beskou te word dat hy of sy uitgeskuif word nie.

Die wenner van die wie-lyk-nes-sy-hond-kompetisie word deur ’n ouerige kêrel met verrimpelde gesig en ’n klein, blonde Malteser gewen.

Minky dra ’n giforanje verehalsband en so ook haar baas. Op laasgenoemde se kop is ’n blonde mus van konynpels met twee slap ore om Minky s’n na te aap.

Verder dra albei allerhande snoere en knope en bandjies, alles met die giforanje kleur. As prys stap hulle weg met ’n sak hondebeskuitjies, ’n jaar se voorraad.

Toe volg die handsakgooikompetisie vir kinders onder tien en daarna die sakresies. Sterk plastieksakke waarin veevoer kom, word gebruik.

In die ou dae het jy tweebeen in een van daar- die mooi goiingsakke gehaashop, maar dié kry jy nie meer nie.

Nogtans is daar iets outyds aan die dag hier op die Lismore-skouterrein.

Die kos en koeldrank, geen sterk drank of selfs bier is beskikbaar nie, is alles goedkoop.

Van geld, groot geld, is hier werklik nie sprake nie. En behalwe vir die omroepstelsel is daar weinig spore van een-en-twintigste eeuse hoë tegnologie.

Net die gejil van die kinders en op hooibale ma’s en pa’s, maar nie noodwendig saam nie, honde glimlaggend aan die leiband, die reuk van tamatiesous aan jou vingerpunte lank nadat jy die wors-witbroodjie weggesit het en die hardgekookte hoendereiers wat oor die grasperk bokspring gedurende die lepel-en-eierresies.

Watter bright spark het hierdie klomp kompetisies uitgedink? Dit is uit ’n ander, ou wêreld.

Wat egter eietyds en uniek is, is die vlak van verdraagsaamheid. Maar dan sonder om dit af te dwing of aan die groot klok te hang.

Eerder ’n geval van die regterhand wat nie weet wat die linkerhand aanvang nie. Lismore se burgemeester, Jenny Dowell, wys ook gesig.

’n Lang vrou met ’n goueraambril, gewoon in haar gewone broekpak, maar buitengewoon met haar entoesiasme vir samehorigheid binne die uiteenlopende gemeenskap.

Die wenner van die Groot Koekbak gaan nou aangekondig word en Geoff se span raak kriewelrig.

Ek tel vier ringe aan Geoff se vingers; die man het ’n sagte, innemende glimlag. Hy sorg dat sy span nog nader aan die verhoog skuif waar die prys vir die wenkoek binnekort aangekondig gaan word.

Ek stap gou na die koektent om na die inskrywings te gaan kyk. Koeke en kolwyntjies, ’n spesiale kategorie, staan soet en glinsterend op tafels in die louwarm tent.

Daar is paddastoele en sonneblomme en skoenlappers en ’n pienk, gelaagde troukoek met twee bruidjiepoppies bo-op.

Geoff se span s’n is sonder twyfel die grootste en kleurrykste. ’n Geweldige reënboog van ’n koek wat neergestryk het in ’n hemel van blou versiersuiker-blommetjies.

Die bestanddele is verbysterend: malvalekkers, meringue-poeier, feetjiesproei en rooi, oranje, blou, groen en pers voedselkleurstof.

Nadat die seremoniemeesteres honde, kinders en angstiges stilgemaak het met ’n wye swiep van haar arm, kom die aankondiging waarop almal gewag het.

Die wenner is toe ene Genevieve met haar koek van sjokolade, beet en suurlemoen.

Aangetrek in ’n dorptoegaanrok met bypassende pillebokshoedjie, ’n ware Coun-try Woman’s Association-uitrusting, VLV sou dit by ons gewees het, stap sy triomfantelik nader om haar prys te gaan haal.

Ek hou Geoff dop. Hy glimlag dapper, maar hy is te veel van ’n Mensch om sy teleurstelling te probeer wegsteek.

Langs hom trek sy span hul hoede laer op hul kop, meer oorbluf as ooit.

Toe kom dit van die verhoog: En die naaswenner is ... Geoff en sy Multitask-span. Toe gee Geoff die mooiste glimlag op aarde.

En die ander drie versierders word skoon skaam van vreugde.

Met plastiekvurke en papierborde gaan staan mense tou voor die koektent om te proe. Genevieve se wenkoek is inderdaad van die boonste rak.

Die beetsmaak proe jy net skrams iewers aan die einde van jou kou en die ryk sjokolade word heerlik gekomplementeer deur die suurlemoen.

Ek let op dat niemand van Geoff-hulle se reënboogkoek afsny nie. Ek vermoed dit het iets te make met daardie baldadige bestanddele.

Of miskien wil mense sonder dat hulle dit weet die koek net so agterlaat as ’n klein, verganklike monument vir die dag.


 

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 19-26°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Mostly sunny. Warm.
Jhb: 16-28°C More sun than clouds. Mild. Bloem: 19-30°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-31°C Mostly sunny. Warm. PE: 20-25°C Showers early. Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition 3-dr Dsl
2008
R 320,000.00

TOYOTA

Corolla 180i GSX AT MY04
2007
R 149,990.00

NISSAN

Micra 1.4 Visia 5-dr
2011
R 140,400.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.