’n Hoeksteen vir hoop

2011-05-21 06:00

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dis ’n Woensdag- middag, net voor twee, en ek staan voor ’n glasdeur met ’n staalhandvatsel wat behoort aan ’n vorige eeuse drieverdieping-gebou aan die Bo-Kaap se kant van Buitengrachtstraat. Ek moes ’n bietjie hierna soek, want die kantoor van Noero Wolff-argitekte is diskreet geleë, nes hul projekte.

Terwyl ek in die Kaapse winterlig wag, dink ek aan die 19de eeuse Franse argitek Henri Labrouste wie se verjaardag dit vandag sou wees – dis hoeka hy wat bekendheid verwerf het vir sy vroeë gebruik van staal in argitektuur.

Met die instapslag betree ek ’n vertrek met ’n hoë plafon en mure vol boekrakke, diagramme, tekeninge en modelle van vorige projekte. Teen een muur hang foto’s van die Red Location Museum in Port Elizabeth. Argitekte sit agter rekenaars, verdiep in hul werk.

Wanneer Jo Noero verskyn, maak hy verskoning vir die kratte in die ingangsportaal – dié kom pas van ’n uitstalling. Hy gryp sy informele baadjie: “Ek sien uit hierna; is lanklaas vir middagete genooi.”

Ons stap sommer na die Hemelhuijs-restaurant en dis eers wanneer ons by die groot hout- tafel aansit dat ek besef Noero hou mý aan die praat met sy vrae en geduldige oor.

Hy vryf sy hande saam soos ’n opgewonde kind en spoedlees die spyskaart. Ek wyfel nog oor ’n hoofgereg, toe sê hy klaar: “Beesfilet vir ’n dag soos hierdie. Appel-seldery-en-gemmerdrankie. Geen voorgereg of nagereg, net ’n dubbel-espresso aan die einde.”

En dan: “Ek het gevind goeie kos is nie noodwendig gesonde kos nie.”

Noero het verlede jaar die Suid-Afrikaanse Instituut vir Argitekte se goue medalje vir sy uitnemende bydrae tot argitektuur ontvang, en hiermee die agtste Kaapse ontvanger en 24ste landwyd van dié gesogte toekenning geword.

Vir die uitgelese geselskap waarin hy hom nou bevind, is hy vol lof. Revel Fox (wat die toekenning in 1977 ontvang het) bewonder hy vir sy etiek, Jack Barnett (1981) vir sy politieke visie en die ontwerp van die Baxter-teater, en Gawie Fagan (1988) vir sy bydrae tot volks- boukunde en sy erfenisbegrip.

Dan is daar Roelof Uytenbogaard (1998), “ ’n talentvolle beplanner” en David Jack (2000), wat verantwoordelik was vir die ontwerp van die Victoria & Alfred Waterfront. Ook Pius Pahl (2001) met sy “voorstedelike middelklas-huisontwerpe van gehalte” en Julian Elliot (2006) met sy werk aan die Universiteit van Kaapstad se kampus.

Noero deel toevallig Fagan se belangstelling in seiljagvaart – sy betrokkenheid by dié sport het juis indirek daarvoor gesorg dat hy vandag ’n argitek is.

“Ek het met die Kaap na Rio-seiljagvaart in Brasilië beland en toe (in 1971) ’n jaar daar aangebly. Ek was beïndruk met hoe Brasilië se argitektuur die land se gees en kultuur omarm, en met hoe graag dié mense oor hul beboude omgewing praat.”

Toe hy terug op eie bodem na ’n groep argitektuurstudente se partytjie genooi word, was die koeël deur die kerk.

“Ek kon nie glo dat ’n mens iets so wonderlik aan ’n universiteit kan studeer nie. Dit het opwindend gelyk. Sien, ek het eers beplan om ’n dokter te word, maar kon nie ’n kadawer aanskou nie; laat staan nog aan een sny. Toe laat vaar ek maar die studierigting... ”

Die mediese wêreld se verlies was die wêreld van ontwerp se vonds: Noero het sy BA-graad in argitektuur in 1977 aan die Universiteit van Natal ontvang en sy meestersgraad in argitektuurfilosofie in 1980 aan die Britse universiteit Newcastle-upon-Tyne voltooi. Ook ’n eredoktorsgraad aan die Universiteit van Brighton in Brittanje sou volg.

Hy het argitektuur aan die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg en die Universiteit van Washington in Amerika doseer, en is deesdae ’n professor in argitektuur aan die Universiteit van Kaapstad.

Sedert hy sy praktyk in 1985 geopen het, het hy al vele internasionale toekennings ontvang en sy werk is in talle boeke, artikels en vakjoernale gedek. Hy het verlede jaar in New York vir die Architectural League ’n lesing oor sy werk gegee, en vanjaar kry hy in Barcelona ’n spreekbeurt by Spanje se argitektuurfees.

Sy praktyk het in 1998 ’n naamsverandering ondergaan toe hy kragte saamgesnoer het met die argitek Heinrich Wolff, en tussen die twee het hulle al meer as 250 projekte voltooi. Hul werk dek die ganse spektrum van argitektuur: huise, laekoste- behuising, ontspanningsgeriewe, skole, howe, godsdienstige en gesondheidsorg-instellings, en, en, en...

Die insig wat hy destyds in Brasilië gekry het, bly hom immers by. “Argitektuur is ’n sosiale kunsvorm wat deur mense en die samelewing gevorm word.”

Want vir hom gaan dit nie net oor die estetiese nie, die alledaagse speel ook ’n hoofrol. Eerder as ’n monument op sigself, is argitektuur vir hom die fondament waarop mense ’n lewe bou; die hoeksteen vir hoop.

Noero eindig sy maaltyd met ’n breë glimlag la scarpetta-styl – met ’n stukkie brood vee hy die laaste bietjie sous op sy bord skoon.

Die Suid-Afrikaanse konteks ontsluit “radikale moontlikhede” vir argitektuur, sê hy. “Sedert 1994 kan ons alles in ons samelewing herevalueer ten opsigte van wat ons wil hê, en hoe ons dinge sien en verstaan. Ons het die unieke geleentheid om die konvensies van die verlede uit te daag en vernuwend na vore te tree. Dit verbaas my dat so min mense dít raaksien en gebruik maak van die geleentheid om dinge te herinterpreteer.”

As voorbeeld verwys hy na sy Red Location Museum in Port Elizabeth. Toe hy en sy span aan dié gebou gewerk het, het hulle die land se verwikkelde geskiedenis en vele verhale in ag geneem: “Ons het die geskiedenis nie as ’n lineêre, enkele vertolking van gebeure beskou nie, maar eerder as vele stories en temas.”

Wat sou dan ’n geskikte bou- vorm vir Suid-Afrika se estetiese idioom van die toekoms wees?

Is ’n eklektiese estetika die antwoord in ’n land waar herkoms en erfenis meervlakkig is?

“In hierdie era van radikale individualisme is dit moeilik om te sê wat ’n geskikte argitektuur sou wees of hoe die openbare verteenwoordig moet word. Dit sal moontlik nie ’n styl wees nie, maar eerder ’n houding of denkwyse waarmee almal sal kan identifiseer.”

Suid-Afrika se stedelike ont- werp is nie juis op goeie stadsbeplanning gegrond nie, beaam hy.

Ons stede is op ’n manier wanfunksioneel, “half niefunksionerend”, sê hy. Weens die argitektoniese uitbeelding en implementering van vroeëre ideologieë, is baie mense van hul omgewing vervreem. Ontwerp moet ons gemengde herkoms eerder vorentoe erken, sê hy.

Dit sal ’n “radikale aanval” verg om die stedelike landskap meer toeganklik vir (en verteenwoordigend van) al die land se burgers te maak, “maar baie min is sedert 1994 in hierdie verband gedoen”.

Volgens Noero word stedelike ruimtes in Suid-Afrika nie altyd sinvol benut nie. “Groter digtheid is nodig.” Dit sal politieke visie verg om verstedeliking beter te bestuur: “Bou meer kultuur- sentrums as winkelsentrums in stede – dit is belangrike nodes vir kultuurontwikkeling.”

Ekonomiese groei spruit immers ook uit kulturele aktiwiteite en ontwikkeling, beklemtoon hy. “Maar ons regering sal eerder nog ’n smeltery bou om dadelik werk te skep. Kultuurontwikkeling neem langer, maar dit skep volhoubare ontwikkeling.”

Daar is ook ander uitdagings. Wetgewing soos die Nasionale Erfenis Hulpbronnewet en die Nasionale Omgewingsbestuurwet skep ’n goeie raamwerk vir argitekte, maar aan bestuurskant bring owerhede nie altyd hul kant nie. “Ons het van die beste wetgewing in die wêreld, maar ons skiet erg tekort wanneer dit kom by die menslike hulpbronne wat moet sorg vir verantwoorde-like bestuur.”

Hy benadruk die staat speel ’n kardinale rol wanneer dit kom by ’n land se argitektoniese ontwikkeling. “Die staat is argitekte se grootste kliënt, en behoort sy rol ernstig op te neem.”

Stedelike ontwerp kan byvoorbeeld ’n hupstoot kry as groot openbare projekte deur middel van ope kompetisies aangepak word, sê hy. As argitekte tydens ’n deursigtige proses om ’n projek meeding, kan daar gesorg word dat die eindproduk van hoë gehalte is.

Hy raak vir ’n oomblik weg in sy gedagtes.

“Die uitdaging waarmee argitekte gekonfronteer word, is dat hul werk manifesteer in maniere wat mekaar weerspreek. ’n Argitek se werk is eerstens outobiografies, dit verteenwoordig ’n unieke visie. Dít is in teenstelling met die feit dat argitektuur terselfdertyd ’n openbare rol speel en dus ook ’n ruimte beklee wat onafhanklik is van die skepper daarvan of die mense wat dit gebruik.”

Dit is wanneer dié spanning suksesvol oorbrug word, sê hy, dat “groot argitektuur” gebore word.

Vir Noero is groen ontwerp nie meer onderhandelbaar nie. “Alle goeie argitektuur behoort ook groen te wees. Die vertrekpunt vir ’n projek moet klimaat, materiaal, landskap, ruimte, kul- tuur en ekonomie in ag neem.”

Hy sê hy hou juis nie van die etikette wat aan argitekte gekoppel word “soos byvoorbeeld dat jy ’n ‘groen-argitek’ of ’n ‘gemeenskapsargitek’ is” nie.

Vir Noero is dit dan júís die definisie van wat dit beteken om ’n argitek te wees.

  • Raymond Smith is ’n Kaapse argitektuurpraktisyn.

SPYSKAART

Hemelhuijs, Waterkantstraat 71
Mineraalwater x 1R25
Beesfilet met sampioene, brande- wynroom en mosterd x 1R130
Liggeroosterde tuna-seegras-
rollade met soet soja x 1R105
Appel-seldery-en-gemmersap x1R35
Appel-peer-en-wortelsap x 1R35
Dubbel-espresso x 2R32
FooitjieR36
Totaal: R398

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Web Application Developer

JHB - Northern Suburbs
Network IT Sunninghill
R350000 - R400000

Senior Java Developer (Team Leader)

JHB - Northern Suburbs
Network IT Bruma
R35000 - R42000

Database Administrator

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLVO

S40 2.0 MY06
2007
R 185,000.00

LAND ROVER

Defender 110 Puma 2.4 D Cr-Cab HCPU 4x4 Dsl
2008
R 229,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.