Staan opsy, Maties (en Kovsies, Tukkies en die res)

2012-01-20 22:27

Hoe sal die plan vir ’n nuwe Afrikaanse universiteit lyk? Skets: Selldorf

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Laat die Universiteit Stellenbosch toe om te verengels; begin iewers in die Wes-Kaap ’n nuwe, nierassige, inklusiewe Afrikaanse universiteit.

Met dié voorstel het die rubriekskrywer Jason Lloyd vroeër vandeesmaand sy oplossing gebied vir die taaldebat wat maar net nie aan die Universiteit Stellenbosch wil gaan lê nie. Terwyl die sogenaamde taalbulle vrees die voortbestaan van Afrikaans is hier in die gedrang, meen ander die universiteit word steeds as die Afrikaner se bakermat beskou en dat die beskerming van Afrikaans aan die universiteit eksklusiwiteit sal voortsit.

Laat die Engelswordende Stellenbosch met rus, meen Lloyd, elders lê ander weivelde waar ’n nuwe Afrikaanse akademiese instelling gevestig kan word wat nie gebuk sal gaan onder die bagasie van die verlede en die druk van die hede nie.

Maar waar sou so ’n universiteit gevestig word, en sou dit lewensvatbaar en volhoubaar wees? Kán dit werk?

Prof. Ampie Coetzee, ’n afgetrede professor in Afrikaans, is al die afgelope vyftien jaar betrokke by gesprekke tussen Afrikaanssprekende akademici, skrywers en digters oor hoe en waar ’n nuwe Afrikaanse universiteit gevestig sou kon word.

Dié gesprek het laat in die jare negentig op Oudtshoorn begin. Onder die deelnemers was Nick Barrow, die man wat gehelp het om die KKNK op die been te bring, en die digter Breyten Breytenbach.

Coetzee was in daardie jare professor in Afrikaans aan die Universiteit van Wes-Kaapland – ’n universiteit wat indertyd besig was om van ’n oorwegend Afrikaanse universiteit na ’n Engelse een te verander.

“Die aanvanklike gesprek op Oudtshoorn is deur baie ander gesprekke opgevolg. Daar was ’n klomp dinge wat ons eers deeglik onder die oë moes kry: dat Afrikaans nie aan ’n spesifieke groep behoort nie, die ononderhandelbare belangrikheid van moedertaal-onderwys, wat die werklike gebruik van Afrikaans in gebiede soos die Boland en die Noord-Kaap is en watter ander dele van die land ’n belangrike voedingsbron vir so ’n Afrikaanse universiteit kan wees,” sê Coetzee.

Dié gesprek moet hervat word, en die behoefte aan en lewensvatbaarheid van ’n Afrikaanse universiteit opnuut ondersoek word, meen hy. “Ons het goeie, betroubare statistieke oor al hierdie vrae dringend nodig.”

Prof. Johan Anker, visedekaan van die fakulteit opvoedkunde aan die Wellingtonse kampus van die Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie, sê sy universiteit het toestemming gegee dat voornemende onderwysers wat by Afrikaanse skole wil gaan skoolhou, hul opleiding op die universiteit se Wellington-kampus in Afrikaans kan ontvang. Engelse onderwysers word op die ander kampusse van die universiteit opgelei.

“Hoewel die fasiliteite vir die opleiding van Afrikaanse onderwysers by die Wellington-kampus omvangryk is, kan ons jaarliks slegs een derde van alle nuwe aansoeke opneem. Twee derdes van die aansoekers – wat almal aan alle vereistes vir opname voldoen – moet ongelukkig weggewys word.”

Die feit dat so ’n groot aantal studente wat as onderwysers in Afrikaans opgelei wil word, weggewys moet word, kan ’n belangrike rol speel in ondersoeke na die moontlikheid om ’n Afrikaanse universiteit te vestig, meen hy.

“So ’n universiteit sal baie kapitaal verg, maar ons het gevind dat meer as die helfte van die Afrikaanssprekende studente by ons hul eie klasgelde betaal en dus nie van beurse afhanklik is nie,” sê Anker.
“Dis miskien nie wys om uit die staanspoor ’n wye reeks vakke by so ’n universiteit aan te bied nie. Dit gaan te duur wees. Daar kan aanvanklik op een fakulteit, soos opvoedkunde, gekonsentreer word, en die fasiliteite kan dan stadig uitgebrei word.”

Prof. Theuns Eloff, visekanselier van die Noordwes-Universiteit (NWU), wys daarop dat die Grondwet dit toelaat dat daar in Suid-Afrika openbare universiteite kan wees wat Afrikaans as voertaal gebruik. Sulke universiteite sal geregtig wees op ’n subsidie van die staat – ’n subsidie wat van onder andere Afrikaanssprekendes se belastinggeld kom.

“Dit is so dat dit baie geld vra om ’n universiteit te bedryf, maar ek dink ook dat daar van die begin af sterk gesteun moet word op subsidies vir Afrikaanse universiteite.

“Ek meen die grootte van die Afrikaanssprekende bevolking in ons land regverdig minstens twee kampusse – een in die noorde, een in die suide – waar ten minste voorgraadse onderrig in Afrikaans kan plaasvind.”

Die Gerwel-kommissie, onder leiding van prof. Jakes Gerwel, het reeds in die jare negentig bevind dat Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners geregtig is op minstens twee Afrikaanse universiteite: Stellenbosch in die suide en Potchefstroom in die noorde.

Die gespartel rondom die T-opsie aan die Universiteit Stellenbosch het baie mense laat dink die Gerwel-kommissie se lugspieëling is aan’t verdof, en feitlik alle eertydse Afrikaanse universiteite het oor die laaste paar jaar Engels geword: Pretoria, Johannesburg, Bloemfontein.

Op die Potchefstroom-kampus van die NWU, aan die ander kant, studeer 20 000 studente van wie 16 000 Afrikaans as moedertaal het, sê Eloff.

Volgens hom kan op Afrikaanse kampusse steeds gehou word by die beginsel van veeltaligheid en kan daar klasgegee word sonder die uitsluiting van ander. Op die Potchefstroom-kampus word opvoedkundige tolking aangebied vir studente wat nie Afrikaans magtig is nie.

“Tans tolk ons vir ongeveer 30% van alle modules. Die koste beloop 0,5% van die NWU se begroting, wat dit dus ’n finan­sieel volhoubare model maak,” sê hy. “Dit skakel ook die interne en eksterne politiekery oor taal grootliks uit, want die NWU bly verbind tot veeltaligheid en Afrikaans op die Potch-kampus.”

Christo van der Rheede, die uitvoerende hoof van die Afrikaanse Handelsinstituut, sê diegene wat na die vestiging van ’n “vrye Afrikaanse universiteit” streef, moet kyk na wat Terry Bletcher in Johannesburg met sy virtuele universiteit Cida, wat in 2000 tot stand gekom het, vermag het.

“Hierdie universiteit is ’n universiteit vir die armste onder die armes. Die eerste jaar se klasgelde beloop R350, daarna betaal die studente R150 per maand. In 2004, vier jaar nadat die universiteit begin het, het 83 studente ’n BA-graad in besigheidsadministrasie ontvang.

“Tans akkommodeer die universiteit 1 300 studente, beskik dit oor vier geboue en 1 400 rekenaars. Die kampus in Johannesburg is uitgebrei na ’n tweede kampus, dié keer in Kaapstad, en die moontlikheid van verdere kampusse in KwaZulu-Natal en in die Oos-Kaap word reeds ondersoek.”

Eloff stem saam dat die moontlikheid van ’n virtuele universiteit ondersoek moet word, maar hou vol dat die Universiteit Stellenbosch Suid-Afrika se tweede Afrikaanse universiteit behoort te bly.
Coetzee sê sterk, groeiende Afrikaanse universiteite is die mees betroubare barometer waarmee die stand van Afrikaans in Suid-Afrika gemeet kan word.

Een van die redes waarom mense kleinmoedig begin raak oor die toekoms van Afrikaans en veral oor die vestiging van ’n lewenskragtige Afrikaanse universiteit in die suide, word volgens hom veroorsaak deur ’n wanpersepsie wat die groei van Afrikaans vertraag.

“Toe Afrikaans in 1875 sy beslag onder leiding van die GRA gekry het, het daar ’n wanpersepsie ontstaan deurdat gesê is Afrikaans is die taal van die Afrikaner. Dié dwaasheid het direk aanleiding gegee tot die 1976-opstande in swart skole, want Afrikaans is beskou as die taal van die onderdrukker.

“Afrikaans kan nooit eksklusief aan die een of ander groep behoort nie. Dis ’n taal wat spontaan in Suider-Afrika wortel geskiet, gegroei en ontwikkel het en wat vandag deur derduisende Suid-Afrikaners gepraat word wat nie Afrikaners is nie. Afrikaans is nie die taal van die Afrikaner nie. Dis die taal van alle Afrikaanssprekendes in Suid-Afrika. Solank ons dit nie besef en uitleef nie, sal die toekoms van Afrikaans bedreig bly.”

Uiteindelik, sê Anker, gaan dit oor die groei en die ontwikkeling van Afrikaans, ’n inheemse Afrika-taal wat tot volledige akademiese taal ontwikkel het.

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

WCF Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

WebSphere Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

iPhone Applications Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R520000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLVO

S40 2.0 MY06
2007
R 185,000.00

LAND ROVER

Defender 110 Puma 2.4 D Cr-Cab HCPU 4x4 Dsl
2008
R 229,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.