Skoorsoeker?

2012-01-20 22:27

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Wat doen jy op Saterdae?
Ek kom agter dat ek weens my ontbytprogram deesdae verlore slaap inhaal.
Hoe lyk jou gemoedstoestand vandag?
Grys.
Wat behels aardse geluk?
Om in ’n stabiele, ondersteunende verhouding te wees.
Wat is die diepste put van ellende?
Om vasgekeer te wees in ’n verhouding/werk/situasie waaruit jy wil ontsnap.
Waar woon jy, en waar sou jy eerder wou woon?
Ek woon in Centurion, maar uiteindelik wil ek in die Kaap woon.
Wat is jou grootste tekortkominge?
Ek het uiters min geduld.
Met watter tekortkominge in ander kan jy saamleef?
Lewenservaring.
Wat kan jy nie verduur nie?
Gekose onkunde.
En wie kan jy nie verduur nie?
Aggressiewe spiertiere met geskeerde koppe.
Wat is vir jou snaaks?
Die tipe stories waarvoor jy in Suid-Afrika net kan lag. Soos die staatshospitaal wat onlangs drie keer ’n vrou se familie laat weet het sy is dood (en haar kort daarna weer lewend verklaar het), net om uiteindelik te laat weet sy is eintlik oukei, aangesien sy besig is om ’n piesang te eet. Asof dit genoeg is om te toon dat jy gesond is?.?.?.
Wie is jou lewende helde?
Ek het nie heldeverering vir iemand lewendig nie.
Wie is jou fiksiehelde?
Batman.
Wie is jou gunsteling- historiese figure?
Winston Churchill, John F. Kennedy, Arthur Rimbaud, Alexander die Grote.
Wie of wat was jy in ’n vorige lewe?
My vriend die medium vertel my dat ek ’n onderwyser was, maar dit voel meer asof ek iewers in ’n oorlog betrokke was.
Wie is jou gunsteling-musikant of -komponis?
Ennio Morricone.
Wanneer en waar was jy op jou gelukkigste?
Ek sou sê in die jaar 2001. Ek het pas as aanbieder van die televisieprogram Voorblad oorgeneem en is pas aangestel as stasie- bestuurder van Tuks FM. Albei het vir my ongelooflike belofte ingehou. Die toekoms was goud...
Watter oorsese stad sou jy graag nog wou besoek, en hoekom?
Ek sou die land Marokko wou besoek en spesifiek ’n draai wou gooi in Marrakesj en Casablanca. My vriendin Zelda le Grange vertel altyd hoe ongelooflik dit daar is. Ek sal op die dak van ’n huis wil sit en luister na die aandgebed.
Wie sou jy die graagste vir ete wou nooi?
Koningin Elizabeth die tweede.
Wat sou jy dan vir ete maak?
My baie gewilde skaaptjops wat jy met die hand moet eet!
Watter eienskappe bewonder jy die meeste in ’n man?
Individualiteit.
Watter eienskappe bewonder jy die meeste in ’n vrou?
Individualiteit.
Wat waardeer jy die meeste in vriende?
Bereidwilligheid om te luister en dan, danksy genoegsame kennis van jou, raad te kan gee.
Watter deugde beïndruk jou?
Eerlikheid.
En watter deugde laat jou koud?
Toewyding sonder bevraag- tekening.
Waarmee verwyl jy die graagste jou tyd?
Hedonistiese kuiers saam met vriende.
Wat verveel jou?
Oppervlakkige gesprekvoering.
Wat is jou mees kenmerkende eienskap?
Skoorsoekery. (Nie noodwendig waar nie!)
Wat is jou grootste vrees?
Oudword.
Waaroor is jy spyt?
Ek het gelukkig niks waaroor ek spyt is nie.
Wie is jou gunsteling-skrywers?
Bret Easton Ellis, F.A. Venter en Christopher Isherwood.
Wie is jou gunsteling-digters, en wat is jou gunsteling-versreël?
Arthur Rimbaud:
“Crois-tu que ta vie sera plus agréable avec d’autres que moi? Réfléchis-y!-Ah! Certes non!” (Dink jy dat jou lewe beter sal wees met ander mense as met my? Dink daaroor! Seker nie!)
Wat is jou gunsteling-name?
Die name wat aan ou boerekos-geregte gegee is.
Wat is jou gunsteling-voël?
Die flamink.
Oor watter gawe sou jy die graagste wou beskik?
Ek sou mense beter wou kon lees.
Wat is jou grootste uitspattigheid?
Om vir kuiers met my vriende te betaal. Ek geniet dit vreeslik om ander te kan treat.
Wat is jou kosbaarste besitting?
’n Eksemplaar van Long Walk to Freedom wat Madiba ná ons kuiertjie vir my geteken het en toe my naam reg gespel het!
Wie of wat is of was die liefde van jou lewe?
Ek soek hom nog.
Wat was jou grootste prestasie?
My vier jaar as stasiebestuurder by Tuks FM. Ek kyk met trots terug na al die studente wat na afloop van daardie tydperk by groot kommersiële radiostasies geëindig het.
Hoe sou jy eendag wou sterf?
In my slaap.
Wat dink jy gebeur ná die dood?
Wie ons was, hou op bestaan.

  • Rian van Heerden het pas begin as die aanbieder van Jacaranda 94.2 se oggendprogram.

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Database Administrator

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

DBA

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

SQL Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R420000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLVO

S40 2.0 MY06
2007
R 185,000.00

LAND ROVER

Defender 110 Puma 2.4 D Cr-Cab HCPU 4x4 Dsl
2008
R 229,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.