Op reis met my pa

2012-02-03 22:41

Uys op soek na tekens van Juliet op die piazza in Verona.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Toe ek en my pa die dag uit Switserland na Italië vertrek, het ons op die trein – anderkant die Simplon-tonnel – besef ek het nie ’n visum vir Italië nie. Ons moes by die eerste dorp anderkant die grens, Domodossola, afklim en omdraai – terug met ’n ander trein na Brig in Switserland om daar by die konsul aan te klop.

Hy was ’n imposante man met grys hare en ’n baard, en toe hy hoor ons kom van Suid-Afrika, het hy met trots gesê mense het hom al vertel hy lyk soos Paul Kruger.

Ons het die volgende trein terug na Domodossola gehaal, ons bagasie daar opgetel en met ’n draai deur Milaan om drie-uur die volgende oggend in ’n verlate Verona aangekom.

Verona was klein genoeg om per voet te verken, en ons het oral gestap: na die Romeinse arena van pienk marmer (pienk marmer!) en ’n kunsmuseum in ’n gebou hoog bo die rivier waar ons gekyk het na skilderye uit die 15de eeu van Fra Angelico, Fra Filippo Lippi en Ucello. Teen daardie tyd het Uys my al soveel geleer in die groot kunsmuseums van Londen en Parys, en nou was ons in Italië, die bakermat van kuns.

Later stap ons verby ’n plaatjie teen ’n muur wat lui: Casa di Giulietta. En daar is Juliet se klipbalkon met ’n paar wit duiwe wat daaromheen fladder. Ons was albei in trane. My pa het ons “die verbete Suid-Afrikaanse toeriste” genoem, want ons was al die volgende oggend voor oopmaaktyd by Juliet se graf en het deur die tralies gekyk hoe ’n klein ou man die tuinpaadjie vee. En so het Verona Shakespeare vir my lewend gemaak.

Daarvandaan is ons na Venesië, Rome, Florence, Padua en Ravenna, en na die Abruzzi-berge, waar Uys in die Tweede Wêreldoorlog naby Sulmona ’n krygsgevangene was. Hy is ná sy ontsnapping ’n maand lank daar deur Italiaanse boere versteek en kos gegee. Toe ons by dié familie gaan kuier, is ons gul ontvang.

Een middag het ons ’n bergdorpie, Schiavi d’Abruzzo besoek, waar Uys en sy twee makkers tydens die oorlog ’n gids gekry het om hulle oor die berge na die Geallieerde linie te begelei. Ons het ook die gids weer opgespoor en die middag saam met hom deurgebring.

Later daardie aand ontmoet ons ’n man wat vra of ons “die Suid-Afrikaners” is en toe vir ons ’n ongelooflike verhaal vertel. Sy pa, ’n dokter, moes ’n Suid-Afrikaanse vlieënier wat in die oorlog vir die Geallieerde magte geveg het, behandel nadat dié met sy vliegtuig in die vallei neergestort het, maar die man is ’n paar dae later oorlede en daar begrawe.

En daar bring die man met wie ons gesels ’n houer te voorskyn waarin hy die vlieënier se vliegmasker en handskoene steeds, ná al die jare, bewaar het. Uys het die houer geneem en belowe om die vlieënier se familie te probeer opspoor. Sy broer, Bokkie, was immers self ’n vlieënier in die oorlog.

(Terug in Suid-Afrika het my pa die vlieënier se familie opgespoor, maar hulle wou nie die handskoene en masker hê nie. Die houer het nog lank daarna in Uys se kas gelê.)

Ons het drie weke lank per trein deur Italië gereis. Ek onthou nog hoe my pa in die hoek van die kajuit teen die venster sou sit in sy ou vuilgeel duffle coat, sy arms gekruis en sy kop op die bors, oë toe.

Ons was verbyster toe ons voor Michel­angelo se Pietà in die Sint Pieterskerk in Rome gestaan het.

Later het Uys ’n gedig geskryf wat geïnspireer is deur van Michelangelo se beelde wat ons in Florence gesien het:
L’Aurora
(by die beeld van Michelangelo)
In haar nog van die slaap versluierde oë
die dag se eerste glore ...
Treurig haar blik. Vermoed sy nou al sy’s
tot latere lyding uitverkore
en alles helder, skoon en jonk
onherroepelik verlore?
Wat, in die douvars skemeruur,
mymer die more?

Teen die einde van ons Italië-toer sit ons een aand in ’n restaurantjie naby die Trevi-fontein.

’n Triestige reëntjie val, en mense loop vinnig verby, gebuk teen die reën. Niemand gooi muntstukke in die fontein nie. Die restaurant is leeg, en ons eet roereier. Ek was toe al ses maande in Europa en my pa voor ons reis vyf maande in die VSA.
Skielik word die verlange na die huis te veel. Uys is ontevrede met alles, en my trane loop teen my neus af en drup in die bord eier. Maar toe ons ’n paar dae later in Athene aankom, het ’n nuwe avontuur begin.

’n Paar jaar later publiseer Uys sy bundel reissketse Sout van die Aarde, met voor in die opdrag: “Aan my dogter, Eulalia, deur wie se oë ek verwonderd in 1959 Europa herontdek het.”

In my eksemplaar van Sout van die Aarde skryf my pa op die eerste bladsy:
Aan my ou brokkie sout van die aarde,
gesoute medeswerwer, trooster en besielster,
ter aandenking van ’n swerftog wat
ek nooit sal vergeet nie.
Con tanto amore.
Van
Jou ou souterige pa
Clifton, 22/12/61


“Die verbete toeriste”, Uys Krige en sy dogter, Eulalia, in Florence (links) en Rome (regs) in die vyftigerjare.

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

iPhone Applications Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R520000

CRM developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Business Analyst

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R480000 - R500000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 74,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2005
R 64,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.