‘Magtige Rusland’ ’n drama in sewe bedrywe

2012-01-13 21:00

Dit is vanjaar 21?jaar sedert die Sowjetunie in 1991 tot ’n val gekom het. Histories was dit een van die ingrypendste gebeurtenisse van die twintigste eeu.

Wêreldwyd het die onverwagsheid van die gebeure die internasionale gemeenskap verbyster. Enersyds het dit ’n einde aan die Koue Oorlog gebring en andersyds ’n nuwe era in die Russiese geskiedenis ingelei.

Historici en sosiale wetenskaplikes het herhaaldelik vrae gestel oor die onmiddellike oorsake vir die skielike val van dié kolossale supermoondheid. Die antwoord op hul vrae kan grootliks beantwoord word deur die historiese agtergrond van die Sowjetunie en sy opkoms in ag te neem, aangesien die kernoorsaak vir die ineenstorting juis in laasgenoemde geleë was. Ná die Russiese Revolusie van 1917 en die totstandkoming van die Unie van Sosialistiese Sowjetrepublieke (USSR) het Wladimir Lenin as leier van die sosialistiese staat probeer om alle nasionaliteite in een groot “unie” te verenig.

Lenin was van voorneme om hierdie nasionaliteite, waaronder Oekraïners, Wit-Russe en Tartare, met die dominante Russiese bevolkingsgroep te laat saamsmelt. Lenin het die klassestryd egter belangriker as minderheidsregte beskou.

Josef Stalin het, ten spyte van sy terreurveldtogte, die USSR omskep in ’n magtige supermoondheid. Ná die Tweede Wêreldoorlog en oorwinning oor Nazi-Duitsland in 1945, is astronomiese bedrae in die militêre mag belê om tred te hou met die wapenwedloop teen die Verenigde State van Amerika. In Oos-Europa het die Sowjetunie ’n ystervuis-beheer oor sy satellietstate gehandhaaf. Die oprigting van die Berlynse Muur word egter ’n simbool van die Koue Oorlog en versinnebeeld Sowjet-onderdrukking.

As gevolg van die “militêr- industriële kompleks” van die Sowjette (of raadgewers) het ’n obsessie onder hulle ontstaan om hul supermoondheidstatus deur middel van swaar nywerheidsontwikkeling, kernwapens en ruimteprogramme te bevorder. Hierdie kompleks is geregverdig onder die voorwendsel dat dit in belang van die kommunistiese wêreldrevolusie was, maar dit het veroorsaak dat daar nie op die lewensbehoeftes en griewe van gewone mense ag geslaan is nie.

Alle staats- en plaaslike politieke mag is deur die elite-staatsamptenare of nomenklatura van die Kommunistiese Party van die Sowjetunie (KPSU) beheer. Tydens die bewind van Leonid Brezjnef het die baldadige leefstyl van dié amptenare, spandabelrigheid en enorme besteding aan bewapening voortgeduur. Veral korrupsie en bedrog was aan die orde van die dag en basiese dienslewering het agteruitgegaan.

Toe Michael Gorbatsjof die bewind in 1985 oorgeneem het, het hy ’n staat in krisis geërf. In ’n poging om die Sowjetunie te red, het Gorbatsjof twee programme ingevoer, naamlik perestroika (herstrukturering) en glasnost (openheid). Die herstrukturering van die sosialistiese ekonomiese struktuur na ’n markgedrewe ekonomie waarin vrye markte en demokratisering toegelaat sou word, is in die vooruitsig gestel.

Om die magsbasis van die nomenklatura te verbreek, het Gorbatsjof begin met ’n grootskaalse vervanging van partyverteenwoordigers en in die proses is bykans twee-derdes van die Sekretariaat en 40% van alle USSR-ministers ontslaan. In 1988 het hy daarin geslaag om die party-“kern” te stroop van sy sosio-ekonomiese staatsmagte om sodoende groter vryhede toe te laat.
 
Glasnost het ’n platform vir gewone mense gebied om hul sosiale griewe of menings oor die Tsjernobil-kernramp en die oorlog in Afganistan deur die vryheid van spraak openbaar te maak. Hierdie toegewings het egter daartoe bygedra dat burgers bewus gemaak is van kommunistiese wanbestuur.

In die satellietstate het sterker bewegings, soos Solidarnosc in Pole, vir bevryding van kommunisme posgevat en ’n sosiale revolusie ontketen.

Die indrukwekkende val van die Berlynse Muur in November 1989 en die geleidelike verlies van die “outer empire” was ’n swaar slag vir die Sowjetunie.

Tesame met die sosiale onrus het interne politiek merkwaardige veranderings ondergaan. Faksionalisering het veroorsaak dat talle partylede van die KPSU weggebreek en hulle aan die kant van die radikales, waaronder Boris Jeltsin, geskaar het. As populistiese leier het Jeltsin gepleit dat die Russiese Sowjet-Republiek sy eie party, naamlik die Kommunistiese Party van die Russiese Federasie moes kry. Gorbatsjof was daarteen gekant.

’n Magstryd het ontstaan tussen Jeltsin se radikales en Gorbatsjof se gematigdes terwyl die partystruktuur verbrokkel het.

Die ekonomie is algaande in ’n warboel gedompel. Akute tekorte aan voedsel- en verbruikersgoedere het tot lang toue by rantsoeneringspunte gelei. Teen 1991 was die ekonomie in ’n haglike toestand en die land so te sê bankrot.

As gevolg van dié krisis het nasionaliteite die geleentheid aangegryp om op onafhanklikheid aanspraak te maak. Alle pogings om ’n uniforme Sowjet-nasie deur middel van assimilasie te skep, kon dus as ’n mislukking beskou word. Jeltsin het met die ondersteuning van 15 republieke verklaar dat hul regte bo dié van die sentrale regering onder Gorbatsjof voorrang geniet.
 
Tussen Augustus en Desember 1991 sou die USSR-republieke geleidelik wegbreek. Op 20 Augustus het onversetlike kommuniste probeer om die disintegrasie van die Sowjetunie te voorkom deur ’n staatsgreep op Gorbatsjof uit te voer. Die staatsgreep was ’n rampspoedige mislukking.

Teen Desember 1991 was die KPSU heeltemal wanfunksioneel. Danksy Jeltsin se oorreding het 11 van die republieke ingestem om op 21 Desember ’n Gemenebes van Onafhanklike State wat deur die Russiese Federasie gelei sou word, te vorm. Daar was dus geen “unie” meer nie. Die KPSU is ontbind, en begrippe soos “Sowjet” en “sosialis” is geskrap.

Op 25 Desember 1991 het Gorbatsjof bedank en die Sowjetunie het finaal ophou bestaan.

Die Rooi vlag bo die Kremlin in Moskou is gestryk met die sing van die Sowjet-volkslied en die weergalming van die laaste woorde van “lewenslange uniale bande”:
Onverbreeklike unie van vrygebore republieke
Magtige Rusland wat altyd sal bly bestaan!
Geskep in stryd deur die wil van sy mense,
Verenig en magtig, ons Sowjetland!

Dit was die begin van ’n nuwe era in die Russiese geskiedenis. Die val van die USSR het beteken dat die totale tweepolige wêreldorde versteur is. Vir die kommuniste was dit onbegryplike en ontstellende nuus. Kuba, Rooi-China en Noord-Korea is ekonomies erg getref, hoewel hul kommunistiese regeringsvorme behou is. Die VSA het die aanname gemaak dat die demokratiese regeringsvorm en kapitalisme oor kommunisme geseëvier het. Gorbatsjof het dit eerder beskou as “ons gesamentlike oorwinning” wat die Koue Oorlog beëindig het.

In die Russiese Federasie het die mislukte Marxistiese Leninistiese ideologie soos mis voor die son verdwyn. Standbeelde van Lenin is afgebreek en as skrootmetaal verkoop. Daar was selfs gerugte van die verwydering van Lenin – as vader van die kommunisme – se praalgraf op die Rooi Plein in Moskou.

In die post-Sowjettydperk het inflasie die hoogte ingeskiet en werkloosheid toegeneem.

Hoewel die Russiese Federasie vandag nie kan aanspraak maak op supermoondheidstatus nie, is Wladimir Poetin, die premier, en Dmitri Medwedef, die president, vasbeslote om die Russiese staat en ekonomie te herstel.

Wat die toekoms vir Rusland inhou, sal slegs die tyd egter leer.

In Desember verlede jaar, presies 20?jaar nadat die Sowjet-unie tot ’n val gekom het, het duisende mense die strate van Moskou binnegestroom om teen beweerde verkiesingsbedrog in die laerhuis te betoog, terwyl duisende mense regoor die land hul ontevredenheid met die uitslae van die parlements- verkiesing laat blyk het.

Ontledings het gewys dat Verenigde Rusland, die party van Poetin, veel minder stemme gekry het as wat die verkiesingskommissie aan hom toegeken het. Ondanks dié bewerings van verkiesingsbedrog, sal Poetin sy party se kandidaat wees in die land se presidentsverkiesing op 4 Maart vanjaar.

Die volgende era in Rusland se geskiedenis sal waarskynlik nie maklik of sonder konflik ingelei word nie – die protes teen die onlangse oorwinning van Poetin se party, was immers die grootste protesoptrede in die land sedert die verbrokkeling van Sowjet-Rusland.

-Dr. Gustav Hendrich is ’n navorser en historikus.


 

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Database Administrator

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

DBA

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

SQL Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R420000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 74,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2005
R 64,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.