Erfenisboeke vir begeesterdes

2012-01-20 22:27

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Te oordeel na die talle navrae wat die afgelope week na aanleiding van verlede Saterdag se Erfenis-artikel oor Gideon Scheepers, Boereheld en -martelaar, ontvang is, is daar oor die hele land heen steeds groot belangstelling in die Anglo-Boereoorlog en publikasies daaroor.

By die Scheepers-saamtrek wat deur Frikkie Strauss van Suidland Media van Piketberg georganiseer is, gaan nie net oor die oorlog gepraat word nie, maar ook ’n beduidende getal CD’s en DVD’s beskikbaar gestel word oor haas elke aspek van dié stryd tussen Boer en Brit van 1899 tot 1902.

Die belangrikste een is ongetwyfeld Media24 se rolprent op DVD, Verskroeide Aarde, wat in 2001 uitgereik is. Die Engelse titel, Scorched Earth, is selfs in Brittanje oor die televisie vertoon.

Onder die DVD’s oor Boere-persoonlikhede is daar dokumentêre oor Gideon Scheepers, Danie Theron, genl. C.R. de Wet, pres. Paul Kruger, genl.?Koos de la Rey, Jopie Fourie en Eugène Marais, asook een oor die Britse welsynwerker Emily Hobhouse, wat so baie gedoen het om die lyding van die vroue en kinders in die konsentrasiekampe te verlig.

In die konsentrasiekampreeks is DVD’s beskikbaar oor die kampe van Bethulie, Brandfort, Doornbult, Heidelberg, Heilbron, Irene, Klerksdorp, Kroonstad, Krugersdorp, Norvalspont, Nylstroom, Potchefstroom, Springfontein, Turffontein en Vredefortweg.

En veral vir die jong mense wat nog nie veel van die oorlog af weet nie, is daar die gedramatiseerde en aksiebelaaide rolprent Ruiter in die Nag, gegrond op die bekende roman van Mikro.

- Rig navrae aan Strauss by 0?022?913?2391 of0?082?493?3785, of suidland@lantic.net. Besoek gerus ook die webtuiste www.­suidland.­com.

Erfenis ontvang gedurig navrae van lesers wat begerig is om meer oor die Anglo-Boereoorlog te wete te kom. Dikwels word gesoek na bondige inligting oor persoonlikhede, veldslae, datums, konsentrasiekampe en ander wetenswaardighede. Die meeste navrae kom van mense wat hul eie genealogiese familienavorsing doen en dan vasstel dat ’n oupa op kommando was of ’n ouma in ’n kamp.

Om in hierdie behoefte van opsommende inligting oor die belangrikste aspekte van die ABO te voorsien, het prof. Fransjohan Pretorius ’n uitstekende naslaanbron in Engels saamgestel, The A to Z of the Anglo-Boer War. Saam met die voortreflike werk van Thomas Pakenham, The Boer War, wat deur Leon Rousseau as Die Boere-Oorlog in Afrikaans vertaal en in 2008 deur Jonathan Ball Publishers uitgegee is, is dit onontbeerlik vir enige navorser oor dié gebeure.

Daar is ook foto’s van die vernaamste persoonlikhede in opgeneem.

Prof. Pieter Kapp, historikus, wat The A to Z in Februarie 2010 vir Die Burger geresenseer het, wys heel tereg daarop dat die verwysing in die titel na “Anglo-Boer War” in plaas van die polities korrekte “South African War” daarop dui met hoeveel deeglikheid en histories verantwoordbaarheid Pretorius die werk aangepak het.

Die naslaanwerk is in sagteband en beslaan 570 bladsye. Die uitgewer, The Scarecrow Press, het dit in 2010 uitgegee. Dit kan by enige goeie boekwinkel bestel word.


Basta!
Ons Voetspore is in Afrika is ’n verrassende nuweling op die kultuurtoneel uit die pen van dr. Dirk Hermann, adjunk- uitvoerende hoof van Solidariteit.

Dit is juis die soort publikasie wat so baie Suid-Afrikaners, veral Afrikaners, tans aan die hart gryp en noop om self die pen, eintlik rekenaartoetse, op te neem om die geskiedenis van hul familievertakkings te boekstaaf.

Die keurige sagtebandboek (met flappe) van 88 bladsye is einde verlede jaar deur Kraal Uitgewers van Brandfort uitgegee.

Hermann wou ’n familie- geskiedenis vir sy vier dogters saamstel sodat hulle eendag, wanneer hulle groot is en uiteraard groter belangstelling in die herkoms van hul familie sal hê, die voetspore van hul voorgeslagte sal kan terugvolg tot 1657, toe die stamvader, Hans Hermann, in die Kaap die Goeie Hoop voet aan wal gesit het.

Só bied hy ook aan hulle ’n tasbare grondbrief wat bevestig dat hulle met volle reg aanspraak kan maak op hul deel van Afrika en sy diverse geskiedenis.

Hermann skryf hy het die boek só saamgestel dat dit veel meer as sy eie familiegeskiedenis vertel. Hy wil daardeur ouers aanmoedig om hul familiestories aan hul kinders te vertel.

“Deur die stories kry die kinders vastigheid en stabiliteit, dit vorm hulle, dit rig hulle, en dit plaas hulle in konteks. Dit help hulle om ’n selfbeeld te vorm, dit dra waardes en idees oor, en dit skep kontinuïteit.

“As die kontinuïteit verbreek word, skep dit ’n geslag wat die diepte van eeue se ontwikkeling van waardestelsels en idees verloor het.”

En deur die voetspore van die Hermann-pioniers deur die landsgeskiedenis te volg – van die VOC-tyd, die Groot Trek, die Eerste Vryheidsoorlog, die Anglo-Boereoorlog, die jare voor Republiekwording, die Grensoorlog en daarna – onthul hy die hoogtepunte van daardie gebeure waaraan almal op die een of ander wyse – beleef of oorgeërf – deel het.

Hy gee erkenning vir die Afrikaner-geskiedenislyn wat hy gevolg het aan prof. Hermann Giliomee se gesaghebbende werk Die Afrikaners, en Jackie Grobler se Uitdaging en Antwoord.

Daardeur word ’n belangrike boodskap oorgedra: Al sou jy nie belang hê by die geskiedenis van jou land nie, sal die geskiedenis van jou land wel ’n belang by jou hê. Wie dit ignoreer, doen dit ten koste van homself.

- Basta! Ons Voetspore is in Afrika kan van Kraal Uitgewers bestel word by 051 821 1783 of info@kraaluitgewers.co.za.

Doornbult – Geskiedkundige Oorsig 1798-2011 en Ons Mag nie Vergeet nie – Doornbult-konsentrasiekamp 1901-1902is twee sagtebandpublikasies wat pas deur Rina Wiid, eienaar-kurator van die Doornbult-konsentrasiekampterrein by Hopetown in die Noord-Kaapse Karoo en aan die oewer van die Oranjerivier, geskryf en uitgegee is.

Toe ek vroeër vandeesweek met haar oor die telefoon gesels het, het sy opgewonde vertel van ’n toergroep bruin en swart leerders wat onlangs ’n naweek op Hopetown kom deurbring het en hoe hulle ook die Doornbult-konsentrasiekampterrein, die enigste opelugmuseum in sy soort, met entoesiasme besoek het. Sy het die rondleiding gedoen en hulle van die Anglo-Boereoorlog en die gepaardgaande lyding van die vroue en kinders vertel. Vir die meeste was dit ’n openbaring, omdat hulle nog nooit van dié geskiedenis gehoor het nie.

Die ekskursie is deur die Christian Youth Ministry van die Verenigde Gereformeerde Kerk georganiseer.

Hul reaksie na afloop van die toer was, volgens Wiid: “Dit was ’n wonderlike belewenis om tyd te kon afstaan aan hierdie geskiedenis, wat op die een of ander manier deel uitmaak van ons voorgeslagte en ’n impak het op ons toekoms. Die onmenslike en ondraaglike omstandighede wat hierdie mense moes deurmaak, is oral sigbaar, maar so ook die uitstaande karakter, deursettingsvermoë en kameraadskap wat na vore getree het.”

Die publikasie met die geskiedkundige oorsig neem sy vertrekpunt by die familiegeskiedenis van die Du Toit-stamvader, François, wat as Hugenoot vir sy Protestantse geloof in 1685 na Nederland en ’n jaar later na Suid-Afrika gevlug het.

Hy was die eerste geregistreerde eienaar van De Kleijne Bos, later Kleinbosch, in Dal Josafat tussen die Paarl en Wellington, waar die Genootskap van Regte Afrikaners die eerste Christelike Afrikaanse skool, die Gedenkschool der Hugenoten, onder leiding van S.J. du Toit opgerig het.

Een van François du Toit se nasate, Christoffel Francois du Toit, het hom in 1831 aan die oewer van die Oranjerivier gevestig en die eienaar van Elandslaagte, later Doornbult genoem, geword.

Dit het in die besit van die Du Toits gebly totdat Rina en Lemmer Wiid dit in 1964 gekoop het. Hulle het eers toe ontdek dat dit ’n konsentrasiekampterrein was wat besaai gelê het van die oorblyfsels daarvan, en hulle het wyslik besluit om dit in ’n opelugmuseum te ontwikkel.

Nou is ook die Erfenisstigting en die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap daarby betrokke.

Die boek Ons Mag nie Vergeet nie is die nuutste bygewerkte publikasie oor die kampterrein, sowat 7 km oos van Hopetown aan die Orania- en Petrusville-pad regoor Oranjerivierstasie, waar ’n Britse militêre kamp gedurende die Anglo-Boereoorlog was.

Die werk is, soos eersgenoemde geskiedenisboek, met talle foto’s en illustrasies toegelig. Daar is ook DVD’s en CD’s oor Doornbult beskikbaar.

- Belangstellendes kan dit van Rina Wiid bestel by Posbus 225, Hopetown 8750 of 053 203 8105.
 

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 74,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2005
R 64,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.