Die gees en die vlees

2012-01-13 21:00

“Ek hou daarvan om die taalregister te bestryk, sónder ’n wag voor my mond (tensy hy in uniform is).”

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Hy sê skrywers is selde goeie geselskap en was op sy gelukkigste in die tyd toe hy met dwelms eksperimenteer het. Die digter JOHANN DE LANGE se bundel Vaarwel, My Effens Bevlekte Held is einde-Februarie op die rak.

Die gees & die vlees

Wat doen jy op Saterdae?
Naweke skryf ek regdeur die nag & slaap deur die dag. As ek nié skryf nie, sal ek lees of TV kyk.

Hoe lyk jou gemoedstoestand nou?
Ek is ’n wintermens, op my gelukkigste wanneer dit reën of ten minste bewolk is. So vandag is nie ’n goeie dag nie.

Wat behels aardse geluk?
Om my nooit oor geld te hoef bekommer nie. En om goeie gesondheid te geniet.

Wat is die diepste put van ellende?
O, daar is baie. ’n Leë yskas, ’n kragonderbreking, die ATM wat my kaart insluk as ek nie my pin kan onthou nie. Die woord “nee” as antwoord op énige vraag.

Waar woon jy en waar sou jy eerder wou woon?
Ek is baie gelukkig in die Kaap, maar as ek kon kies, sou ek graag wou bly iewers waar dit konstant reën. En as dit náby die see kan wees... bliss.

Wat is jou grootste tekortkominge?
Ek is kort van humeur (ek wou sê “kort van draad”, maar ek vertel nie graag leuens nie), ek het nie baie geduld met dom mense nie, sien rooi as mense laat opdaag vir ’n afspraak sonder om te laat weet hulle gaan laat wees, en stuur e-pos wat ek dalk eerder so 48?uur lank moes laat lê het. En ek verkies gesprekke per telefoon eerder as in die vlees & kyk hopeloos te veel TV.

Met watter tekortkominge in ander kan jy saamleef?
Met feitlik álles behalwe iemand wat op die toilet sit met die deur oop & dan nog boonop ’n gesprek ook wil volhou.

Wat kan jy nie verduur nie?
Wreedheid teenoor diere. En die mishandeling van vroue en kinders.

En wie kan jy nie verduur nie?
Diktators, & goedbedeelde mans wat nie mededeelsaam is nie.

Wat is vir jou snaaks?
Tot my skande moet ek erken dat ek soms plesier put uit dinge wat ten koste van ander gebeur. Ook grappe in swak smaak, hoe growwer hoe beter, woordspel & dubbelsinnighede in andersins onskuldige gesprekke.

Wie is jou lewende helde?
Mense wat ondanks geweldige teenstande & agterstande slaag met wat hulle aanpak & om vreugde uit die lewe te haal, mense met deursettingsvermoë, mense wat gedrewe is.

Wie is jou fiksiehelde?
Hercule Poirot, Gert Garries, La Divina, Jock Silberstein, 007.

En jou gunsteling- historiese figure?
Tragiese figure.

Met watter historiese figuur vereenselwig jy jou?
Ek doen nie. Maar ek het ’n swak vir Oscar Wilde & die troostelose wyse waarop sy laaste jare ontrafel het omdat hy lief was vir iemand wat in alle opsigte sy mindere was.

Wie is jou gunsteling-musikant of -komponis?
Sangers soos Amy Winehouse, George Michael, kd lang, Bruce Springsteen, die classics soos Dusty Springfield, Billie Jo Spears. ABBA, Radiohead, Pulp. Ek het ’n eklektiese musieksmaak.
Maar ek trek die streep by Neil Diamond. Plaaslik is daar baie wat suksesvol is, maar weinig met werklike talent. Ek geniet platvloersheid net soveel as verfyndheid, maar dit verg talent om albei goed te doen.

Wanneer en waar was jy op jou gelukkigste?
Die tyd toe ek met xtc & psigedeliese dwelms geëksperimenteer het. Dit was ’n tydperk van geweldige groei. Ek het aspekte van myself ontdek wat andersins afgesluit sou gebly het, & vir die eerste keer verstaan hoe kreatiwiteit werk, hoe táál werk.

Watter oorsese stad sou jy graag nog wou besoek, en hoekom?
As geld nie ’n opsie was nie, sou ek sonder ophou wou reis. Ou stede, ou beskawings trek my aan. Maar ook groot stede soos New York, San Francisco, Tokio, Montreal, Singapoer.

Wie sou jy graag vir ete wou nooi?
Colin Farrell, W.H. Auden, Louis Leipoldt & Eugène Marais (om ’n ietsie saam te geniet ná die ander gaste vertrek het).

Wat sou jy dan vir ete maak?
Ek is hopeloos agter ’n stoof, met of sonder voorskoot. Ek sal die Meyers moet vra om te cater vir daardie aand.

Watter eienskappe bewonder jy die meeste in ’n man?
’n Ontspanne manlikheid, nie narcissisties of chauvinisties nie. Mans wat gemaklik is met hul seksualiteit & die adorasie van ander mans kan hanteer. En ek bedoel nie metro males nie (is dít nou nie ’n geval van “be careful what you wish for” nie?), ek bedoel régte mans. ’n Rats brein is ’n groot turn on. Ek hou ook van ouens wat nie omgee om ’n bietjie rof te raak nie. En daai doodgewone boere-skaamheid wat ’n mens kry by sommige plattelanders is vir my onweerstaanbaar.

Watter eienskappe bewonder jy die meeste in ’n vrou?
Ek hou van slim vroue, aantreklike vroue, vroue met stérk persoonlikhede. En hulle moet ’n sin vir humor hê & pront wees met die tong. Ek het nie eintlik sin in dames of hiper-vroulike vroue nie.

Wat waardeer jy die meeste in vriende?
Lojaliteit & empatie.

Watter deugde beïndruk jou? Werkvermoë, fokus. Mense wat kan werk soos, sê maar, Karel Schoeman. Die vermoë om dinge deur te voer. Enige soort vaardigheid wat ook ’n passie is.
En watter deugde laat jou koud?
Spaarsamigheid & vroomheid.

Waarmee verwyl jy graag jou tyd?
Vroeër sou dit seks gewees het, maar ek het nou rustiger geword & verwen eerder my brein. Ek lees graag, & kan ure lank op die internet nalees oor verskillende onderwerpe, en nuwes ontdek wat ek nie eens geweet het bestaan nie.

Wat verveel jou?
Literêre partytjies & gesprekke. Uit al die skrywers wat ek in my lewe ontmoet het, was hoogstens 10% werklik goeie geselskap, & nóg minder in staat om ook werklik goeie vriende te wees. Ek was & ís gelukkig om ’n hele paar sulkes in my lewe te hê.

Wat is jou kenmerkendste eienskap?
My vriende & vyande sou beter kon sê as ek, maar ek sou sê my sin vir humor, al is dit soms bietjie donker. In geselskap probeer ek altyd die onverwagse sê, & in my skryfwerk ’n klein persentasie lesers aanstoot te gee. Ek hou daarvan om die hele taalregister te bestryk, sónder ’n wag voor my mond (tensy hy in uniform is).

Wat is jou grootste vrees?
Om haweloos te wees. En noudat ek ouer word, die vrees om iets oor te kom wat my hulpeloos laat.

Waaroor is jy spyt?
Ek het spyt oor só baie dinge. Mense wat ek te na gekom het, verál toe ek jonk was, geleent- hede wat ek nie aangegryp het nie, projekte wat ek nie deurgevoer het nie. En verál dat ek nie altyd hard genoeg gewerk het as skrywer nie. My gees was vir ’n té lang tyd die slaaf van my lyf. Ek het my aptyte soms onoordeelkundig nagejaag, maar ek wil glo dat ek met ’n ompad tóg uitgekom het waar ek wou wees, min of meer.

Wie is jou gunsteling-skrywers?
Etienne Leroux, Hennie Aucamp, Wilma Stockenström, Karel Schoeman, Ingrid Winterbach, Petra Müller.

Wie is jou gunsteling-digters, en wat is jou gunsteling-versreël?
N.P. van Wyk Louw, Wilma Stockenström, Sheila Cussons, D.J. Opperman, Ina Rousseau, Breytenbach, Blum, Antjie Krog, Joan Hambidge, Johan van Wyk, T.T. Cloete, Lina Spies, ’n helse klomp Ierse skrywers; Thom Gunn, Auden, Eliot, Elizabeth Bishop, Philip Larkin, Ted Hughes, Shakespeare, Catullus, Kafavis, Vergilius, ens. ens. Gunsteling-versreël: Sjoe, daar is só baie. Enige aantal by N.P. van Wyk Louw of Cussons, maar ek sal ’n ander kies: D.J. Opperman se “as dat maanlig en sirrose bestaan”. Dis slim, maar dit kom van ’n ánder plek as Opperman se ander slimmighede.

Wat is jou gunsteling-name?
Magnus, Ryk, Marnus, Brandt, Loftus, Thijs, Wouter, Bert, Frik.

Wat is jou gunsteling-voël?
’n Boere-.

Oor watter gawe sou jy die graagste wou beskik?
Hieroor het ek baie gepeins: rykdom, roem, ewige jeug? Maar enige van daardie drie in mý hande sal nie ’n goeie idee wees nie. So eerder iets soos die vermoë om enige siekte onder die son te kan genees.

Wat is jou grootste uitspattigheid?
Enige uitspattigheid. Vir my loop die pad na wysheid deur oordaad.

Wat is jou kosbaarste besitting?
My diere, & my vriende. Ek is nie baie gebonde aan wat konvensioneel “aardse goed” genoem word nie (hoewel ek ’n swak het vir elektronika).

Wie of wat was die liefde van jou lewe?
Dit sou enige van ’n paar duisend kon wees. Die mens aan wie ek altyd instinktief dink by dié vraag, is die één wat dit die minste werd was. Voel ’n mens ooit weer so intens soos met jou kalwerliefdes? Skryf is baie belangrik in my lewe, maar ek sal dit nie die groot liefde van my lewe noem nie.

Wat was jou grootste prestasie?
Ek kan op geen prestasies aanspraak maak nie. Alle goeie dinge wat ooit met my in my lewe gebeur het, was sonder my toedoen, en dikwels ten spyte van myself. Ek het ’n báie toegewyde beskermengel.

-Johann de Lange se digbundel Vaarwel, My Effens Bevlekte Held sal teen einde Februarie beskikbaar wees. Sy eerste bundel, Akwarelle van die Dors, is in 1982 gepubliseer en met die Ingrid Jonker-prys bekroon. Sy vierde bundel, Wordende Naak (1990), is met die Rapport-prys bekroon. Hy is in 2011 met die Hertzog-prys bekroon vir sy bundel Die Algebra van Nood.

Nuwe bundel kom in Februarie



 

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 74,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2005
R 64,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.