Die briewe van Thomas Pringle

2012-02-03 22:41

’n Portret in olieverf van Thomas Pringle in sy vroeë veertigerjare deur James Struthers Stewart.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die meeste van Thomas Pringle (1789-1834) se nagelate manuskripte en briewe het onverklaarbaar verdwyn nadat sy weduwee, Margaret, dit ná sy dood in 1843 aan sy mede-joernalis in Kaapstad, John Fairbairn, vir ’n biografie besorg het. Fairbairn, skoonseun van die omstrede Engelse sendeling dr. John Philip, het dit egter nooit geskryf nie, en die versameling het soek geraak. Daarom is die jongste publikasie van die Van Riebeeck-Vereniging, The South African Letters of Thomas Pringle, byeengebring en geredigeer deur Randolph Vigne, van groot waarde. Vigne het die 223 briewe in die Fairbairn-versameling, biblioteke en argiewe opgespoor.

Die korrespondensie van Pringle met Fairbairn, amptenare en individue oor ses jaar maak ’n venster oop op die indertydse Oosgrensgebeure en onthul sake wat sommige historici en politieke skrywers vandag liefs verborge sou laat – soos hoe ontvoerde Boesman-kinders as geskenke aan Britse Setlaars, soos Pringle, gegee is.

Dit is nie algemeen bekend dat die Skotse Setlaars die plase in die Baviaansriviervallei aan die voet van die Winterberg gekry het wat vyf jaar tevore nog behoort het aan die Afrikaanse grensboere wat in die openbaar by Slagtersnek opgehang is.
Dit was die onteiende grond van Hans Bezuidenhout en Christian Faber, twee van die vyf tereggesteldes wat in 1815 as sogenaamde rebelle ter dood veroordeel is.

Vigne trap op hierdie punt lelik klei deur in voetnota 21 op bl. 28 te beweer dat Frederick Bezuidenhout (1873-1815) ’n Koina-werker vermoor het, waarop die Britse regering soldate gestuur het om hom te vang. Hy is doodgeskiet.

Die in detail opgetekende geskiedenis lui egter dat Bezuidenhout en ’n Koina-werker oor ’n lang tyd bloot haaks was en dat dié werker, onder aanmoediging van Britse sendelinge, Bezuidenhout by die landdros verkla het. Bezuidenhout is toe voor die hof gedaag, maar hy het nie opgedaag nie. Dit is toe dat pandoers, Koina-soldate, uitgestuur is om hom te vang. Hy het hom teengesit en is doodgeskiet.

By sy graf het sy familielede hoogs emosioneel besluit om teen die Britse owerheid te rebelleer, maar voordat enigiets daadwerkliks gedoen is, is hulle gevange geneem.

Johannes Bezuidenhout het hom verset en is ook doodgeskiet, terwyl sy vrou en kind gewond is. Vyf ander “rebelle” is op dramatiese wyse in die openbaar aan een galgbalk opgehang. Die rieme het gebreek en die prosedure is herhaal.
Die verhoorlanddros was kol. Jacob Glen Cuyler, ’n gebore Amerikaner en veteraan aan Britse kant in die Slag van Blaauwberg van Januarie 1806.


Dit is welbekend dat toe die Skotse Setlaars in 1820 in Grahamstad en die Baviaansriviervallei aangekom het, hulle baie hartlik deur die plaaslike Afrikaner-veeboere, soos Groot Willem Prinsloo, verwelkom is.

En toe Jacobus Uys en sy geselskap op trek gegaan het, het eerw. Thomas Philips van hulle afskeid geneem. Hy het ’n Engelse King James-Bybel aan Uys oorhandig.

Desnieteenstaande beskryf Pringle die Afrikaners in ’n brief van 25 November 1820, wat op 23 Mei 1821 in die koerant The Courier in Dundee, Skotland, gepubliseer is, soos volg:
“The Dutch boors, although necessity obliges us sometimes to accept their hospitality, are out of the question in regard to society. In manners and information, they are scarcely equal to the rudest peasantry of England and far inferior to those of ‘Auld Scotland’. This you will say is partial, but it is true.

“Nevertheless, many of them are possessed of considerable property, 1 000 head of cattle, 4 000 or 5 000 sheep and 100 horses, are a moderate stock. I have visited several who possessed property to this extent, besides a good vineyard, and as much corn as their laziness would allow them to cultivate, who nevertheless, had neither a door nor a table in their homes.

“They drink tea water all day long without sugar or cream, the women sitting with Dutch-stoves under their feet, with their arms crossed or with a whip in one hand to chastise the half naked Hottentot girls, who stand waiting their sovereign orders.
“The woman with a needle in her hand is a wonder; yet they exert a commanding influence over all the establishment, including the husband; and no bargain is concluded without consulting them; they also keep the purse, and in paying for cattle I had always to settle accounts with the Vrow.”

Daarmee eggo Pringle dieselfde lasterlikhede wat John Barrow, goewerneursekretaris van lord Macartney in die Eerste Britse Besetting, die omstrede dr. John Philip, superintendent van die Londense Sendinggenootskap en vriend van Pringle, asook verskeie ander Britse sendelinge onverpoos oor baie dekades heen in Brittanje kwytgeraak het. Kommissaris-generaal J.A. de Mist van die Bataafse Republiek het in 1803 ’n uitgebreide toer deur die Kaapkolonie onderneem om Barrow se aantygings teen die Afrikaners, wat onder meer ook van wreedheid jeens die inheemse bevolking beskuldig is, grondig te ondersoek. Barrow het dit ook in Travels into the Interior of South Africa, uitgegee in Londen, geboekstaaf. By De Mist se terugkeer het hy geskryf dat hy dit nooit sou kon dink dat Barrow “uit enkel nasionale nyd soveel lasterlikhede kon kwytraak nie”.


Die Setlaars het, soos die Afrikaanse veeboere, op die Oosgrens voortdurend kwaai deurgeloop onder Boesman- en Xhosa-rowerbendes wat opstalle afgebrand, die inwoners vermoor en hul vee geroof het.

Dan het die Setlaars, Afrikaners en bruin mense strafkommando’s op die been gebring om die vee te probeer terugkry en die rowers te straf. Die nomadiese Boesmanvroue en -kinders is gevang en as plaaswerkers ingeboek.

In ’n brief van 18 Junie 1821 bedank Pringle kapt. Andries Stockenström vir ’n Boesman-kind wat hy aan hom (Pringle) gestuur het. Pringle het die seun Dugal genoem, na een van die karakters in sir Walter Scott se roman A Legend of Montrose (1819). Pringle skryf op 7 Maart 1821 aan Scott: “I detest the Boschman’s dasterdly warfare and scorn to use his poisoned arrows.”

En die Koina van die sendingstasie Bethelsdorp noem hy “notorious for their laziness, filth and poverty”.

In ’n brief van 25 Junie 1823 skryf Pringle dat hy die skedel van ’n Boesman, geïdentifiseer as “Bushman Robber, 5th February 1824” aan die Phrenological Society van die Universiteit van Edinburg in Skotland gestuur het, en een van ’n Xhosa aan Londen. Die Boesmanskedel word saam met nog een in die anatomie-departement van die mediese skool aan die Universiteit van Edinburg bewaar.


Thomas Pringle wend hom twee jaar ná sy aankoms tot die joernalistiek en bots met die goewerneur lord Charles Somerset omdat die owerheid na sy sin te min vir die Setlaars doen.

Hy keer in 1826 terug na Engeland, waar hy ’n skroeiende verslag publiseer oor die wyse waarop die kolonialers, Setlaars inkluis, hul slawe en die inheemse bevolking behandel.

Hy breek egter daarin ’n lansie vir die Afrikaners deur te sê as hulle ’n simpatieke regering kry wat ook na hul belange omsien, sal hulle waarskynlik baie beter met die inheemse mense oor die weg kom. Die verslag het tot gevolg gehad dat hy hom in 1827 by die Anti-Slavery Society in Londen aangesluit het. Hy is in 1834 oorlede.


’n Boerewoning op ’n Sondagaand (1885) is die vroegste tekening van Heinrich Egersdörfer, ’n Duitse rondreisende kunstenaar en mede-stigter van die kortstondige weeklikse koerant The South African Illustrated News van Kaapstad.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 74,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2005
R 64,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.