2012-01-20 22:27
Sondagkoerante het verlede naweek uitgebasuin “Mbeki is back”; dat dié oudpresident na die politiek terugkeer. Wat beplan hy vorentoe? En sal hy in ander leiers se spore volg? WILLIE ESTERHUYSE, ’n vertroueling, voorspel wat vir dié “oud-hoofman” voorlê.
2012-01-20 22:27
“Monster van Modimolle”, die Sondag-verkragter, die ouermoordenaars van Durban, die begraafplaasslagters van Welkom – hoekom word ons gefassineer deur gruweldade en die mense wat dit pleeg? vra LINETTE RETIEF.
2012-01-20 22:27
Die Voortrekkers was preuts, ordentlik, kuis. Reg? Verkeerd. Of so sê Robin Binckes, die skrywer van twee boeke oor die lakensake, daggalus en vuil gewoontes van die trekboere. KIRBY VAN DER MERWE het hom gevra of sy verhale ’n verbeeldingsvlug is en of dit eerder ’n geval is van waar daar ’n rokie trek, is daar dalk ietsie meer as net ’n vuurtjie.
2012-01-20 22:27
Met die saamtrek vandag in Graaff-Reinet van begeesterdes vir wie die Anglo-Boereoorlog nog van betekenis is, is dit gepas dat nuwe publikasies in hierdie genre bekend gestel word. MARTIENS VAN BART vertel meer hieroor.
2012-01-13 21:00
Die plaaslike Chinese gemeenskap het in die afgelope paar dekades sy eie transformasie ondergaan – vervreemding en nuwe vooroordele het ingetree. KIRBY VAN DER MERWE het met die antropoloog Ufrieda Ho gesels oor haar ouers se koms na Suid-Afrika, die onwettige dobbelspel wat hulle aan die lewe moes hou, hoe dinge tóg verbeter het en haar boek wat nou herdruk word.
2012-01-13 21:00
Hy sê skrywers is selde goeie geselskap en was op sy gelukkigste in die tyd toe hy met dwelms eksperimenteer het. Die digter JOHANN DE LANGE se bundel Vaarwel, My Effens Bevlekte Held is einde-Februarie op die rak.
2012-01-13 21:00
Presies 20 jaar ná die val van die Sowjet-unie, was die strate van Moskou die pas afgelope Desember in ’n chaos gedompel. Rusland se volgende president word in Maart aangewys – hoe sal hy vergelyk met sy land se vorige leiers? GUSTAV HENDRICH bekyk die val van ’n supermoondheid.
2012-01-13 21:00
Oormôre ’n eeu gelede het kapt. Robert F. Scott se geselskap die Suidpool bereik nadat hulle die koudste “wedloop” teen die Noorweër Roald Amundsen verloor het. Scott se nederlaag het op die terugtog in tragedie ontaard. ANDRÉ PRETORIUS het in Cambridge gaan rondkyk tussen die oorblyfsels van die Terra Nova-ekspedisie.
2012-01-13 21:00
Die Kompanjiestuin is soos ’n wese met nege lewens – dit het eens Hollands gepraat, toe die Koningin se Ingils, en nou iets van alles. LIEN BOTHA volg die tuin se wortels na toeka.