Warm seestrome bring die marline

2012-01-31 12:13

Een van die marlyne wat in verlede jaar se toernooi gevang en daarna weer losgelaat is.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dit lyk vir my na ’n baie groter uitdaging om ’n marlyn in die diepsee te gaan vang as wat dit is om ’n leeu te skiet.

Leeus is maar veral lui op ’n warm dag. Wat is dit dan om na hulle te ry en sommer so uit die voertuig te skiet?

Om ’n marlyn te vang, is ’n baie meer gesofistikeerde kuns. Jy moet vroegoggend diepsee toe met jou boot.

So ’n marlyn kan jou twee uur laat sweet in ’n taai geveg. Die wonderlike ding is dat jy hom daarna weer loslaat en hy sy lewe in die diepsee voortsit.

Stephen Griffiths is een van die hengelaars wat weer baie opgewonde is oor die Marlyn-toernooi van 13 tot 18 Februarie in Struisbaai.

Die eerste Marlyn-toernooi het in 2007 plaasgevind, en by die volgende jaar se byeenkoms het Griffiths ’n swart marlyn van 197,35 kg by Twaalfmylbank geland.

“Ons was 17 seemyl oos van die Agulhas-vuurtoring toe ek hom so teen middagete se kant haak,” het Griffiths vertel.

Hy het by geleentheid ook al in die waters van Indië en Mexiko marlyn gaan jag. “Die swart marlyn het goed geveg. Dit het my sowat twee uur gekos om hom in te bring,” het Griffiths vertel.

Iets wat nou as taboe beskou word, het daarna gebeur. Griffiths is toegelaat om sy dooie marlyn na die Struisbaai-hawe te bring waar hy op die kaai met sy vangs geposeer het. Dit is hierdie foto wat vandag op die grafika hiernaas verskyn.

Dr. Gawie Bruwer, een van die organiseerders, het verduidelik: “Ons pak die jaarlikse toernooi met edele voornemens. Alle marlyne word weer losgelaat, en dooie marlyne kom nie in die kompetisie in aanmerking nie.”

Ook sal geen hengelaar toegelaat word om met sy vangs te poseer nie soos Griffiths nog in 2008 toegelaat is, het Bruwer bygevoeg.

Die belangstelling in die marlyn-toernooi het die laaste paar jaar sterk gegroei. Verlede jaar het 200 hengelaars op 39 bote marlyn gaan soek. Altesame 17 marlyne is toe gevang. Twee het nie oorleef nie, maar die ander is teruggeplaas.

Griffiths het ook al baie tuna gevang. Ook het hy sowel die swart as die gestreepte marlyn in Kaap Agulhas se water geland.

Dié hengelaar is gevra of ’n marlyn harder baklei as ’n tuna. “Tunas duik na dieptes wanneer hulle gehaak is. Die marlyn neem die geveg meer na die oppervlak. Die geveg is verskillend, maar ewe taai.”

Die ervare Griffiths het bygevoeg: “Dié tyd van die jaar kom die warm seestrome nader aan die land. Die Alphardbank is sowat 42 seemyl oos van Struisbaai, en hier is al 13 marlyne op een dag gevang. Die kans is dus baie goed dat ons weer marlyn sal vind.”

Bruwer het gesê die Alphardbank bestaan uit 13 ondersese berge. Die vlakste punt is 13 faam.

“Ons hoef nie meer ten duurste na die trope en ’n plek soos die Seychelle te gaan om marlyn te soek nie. Ons vang hier by Struisbaai meer vis per boot as in groot kompetisies in KwaZulu-Natal en Mosambiek,” het hy bygevoeg.

Bruwer was bereid om te erken dat Struisbaai se klein hawe bydra tot sy eie logistieke probleme. Hy meen die gasvryheid van die plaaslike inwoners vergoed egter vir die ongerief.

“Ons het ’n groot verantwoordelikheid teenoor ons visbron. Jare gelede was swaardvis taamlik algemeen by ’n plek soos Canyon, 40 seemyl uit Houtbaai. Ongelukkig is dit kommersieel ontgin en is swaardvis nou hier absoluut raar.”

Bruwer het ook gesê dat Struisbaai se weer help om die bron te beskerm. Ook word in die hengeltoernooi streng by die bewaringsreëls gehou.

Deelnemers bly ’n week in Struisbaai en hengel op die vier beste dae. So kry die kusdorp ook ’n waardevolle ekonomiese inspuiting.
 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

iPhone Applications Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R520000

CRM developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Business Analyst

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R480000 - R500000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 74,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2005
R 64,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.