Uitstalling van Walter Battiss by Suidoosterfees

2012-01-17 13:16

Van 14 tot 19 Februarie word die gewilde Suidoosterfees in Kaapstad aangebied, en die platteland word vanjaar ook goed betrek.

In die voorwoord van die amptelike feesprogram skryf prof. Jakes Gerwel, voorsitter van die fees: “ ’n Klein plattelandse dorpie in die Oos-Kaapse Karoo, Somerset-Oos, vier sy liefde vir een van sy beroemdste seuns, Walter Battiss, met die uitstalling van werke uit hierdie dorp se Walter Battiss-kunsmuseum in die dertigste jaar ná sy oorlye.”

Die museum is in ’n pragtige gebou wat eers die offisiersmenasie was en waar die Battiss-gesin later ’n hotel bedryf het.

Terwyl ander kunstenaars van die omgewing ook daar uitstal, is dit Battiss se 63 oorspronklike werke en memorabilia wat die grootste aandag trek.
Battiss is vanjaar die Suidoosterfees se fees-kunstenaar en van sy uitgesoekte werke sal te sien wees.

Battiss se werk word deur Gerwel, ’n gebore en getoë Somersetter, beskryf as: “Seker een van die grootste Suid-Afrikaanse abstrakte skilders.”
Hy sê dat jy in Battiss se werk sy vriendskap met Picasso kan sien saam met sy liefde vir die dorp en omgewing waar hy gebore is en grootgeword het.
“Battiss se waardering vir die rotskuns was avant-garde.”

Gerwel se liefde vir Somerset- Oos word bevestig deur die feit dat hy vir hom ’n huis in die geskiedkundige Pauletstraat gekoop het en dit sonder uitsondering elke maand besoek.

“Boschberg is anders as die ander koppies in die Karoo. Die Blue Crane-munisipaliteit se ontwikkelingsagentskap is besig om interessante projekte te ontwikkel wat Somerset-Oos ’n toeriste-bestemming van keuse sal maak,” het Gerwel gesê.

“Die dorp lê so bietjie weg van die hoofroetes, maar organiseerders van die Suidoosterfees was aangegryp deur die gedagte om die werke van Battiss wat hy aan ’n huis in sy geboortedorp geskenk het aan die breër publiek te vertoon,” het die voorsitter van die Suidoosterfees gesê.

“Om van Battiss se werk by die fees te hê, is ‘n geweldige groot eer en ek verwag dat Somerset-Oos daardeur blootstelling sal kry,” het Gerwel bygevoeg.
Gerwel het daarop gewys dat hy een van tien kinders was wat in ’n plaashuis by Somerset-Oos grootgeword het, maar dat hy nie hier gaan aftree nie.

“Aftree is nie in my woordeskat nie.” 


- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 74,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2005
R 64,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.