Stap, vang forel by Boschberg

2012-01-17 00:00

Somerset-Oos is waar die Oos-Kaap se eerste setlaar, Willem Prinsloo, saam met 20 ander gesinne, hulle in 1774 gevestig het.
Dit is ’n dorp met ’n ryk kulturele erfenis waar kuns, geskiedenis en die natuurlewe waardeer word.

Die gebied was in die vroeë 1800’s bekend as Achter Bruintjieshoogte en Somersetplaas, waar voer en kos vir soldate aan die Oosgrens aangeplant is.
Dit is in 1814 gestig en die geboue in Pauletstraat dateer van 1825 toe plaasbedrywighede gestaak is en ’n drostdy, genoem na goewerneur Charles Somerset, gestig is.

Die offisiersmenasie dateer van 1818 en bevat deesdae die Walter Battiss-kunsmuseum.

Boschberg, wat oor die dorpie troon, is deur ’n vroeë reisiger as die mooiste berg in Suid-Afrika beskryf en wanneer dit reën, stort daar glo 17 watervalle oor kranse teen die berg af.

In die Boschberg-natuurreservaat (2 050 ha) kan besoekers hulle verlustig in die natuurskoon terwyl hulle uitkyk vir ’n verskeidenheid boomsoorte, insluitend geelhout, witstinkhout, kastaiing- en wilde olyf.

Die gebied is ’n fynbosparadys en wildsbokkies en minstens 325 verskillende voëlsoorte is tuis teen die berg se hange.

’n Staproete oor 15 km met ’n oornaghut of ’n korter staproete kan onderneem word. ’n Bergfietsroete is in aanbou.

In die riviere en stroompies rondom Somerset-Oos kan van die beste forelhengel in die land in sowel stilstaande poele as lopende water geniet word.
Die Naudesrivier het ’n 90 m hoë waterval met bruin- en reënboog forel in die poele aan sy voet.

Daar is nog vyf ander kunsvlieghengelpoele in riviere en damme in die omgewing.

Benewens forel is daar ook ander varswatervissoorte wat gevang kan word. Onderrig in die fynere kunsies van kunsvlieghengel word aangebied.
In hierdie gebied wat propvol voorbeelde van die Oos-Kaap se vroeë geskiedenis, is die Oude Pastorie-museum ’n moet vir besoekers.
Dit is hier waar die oorspronklike balk te sien is waaraan die vyf mans wat betrokke was by die Slachtersnekopstand op 20 Januarie 1816 opgehang is.

Die Walter Battiss-kunsmu­seum lok kunsliefhebbers van oral na Somerset-Oos.

Verblyf is oral in Somerset-Oos en in die distrik beskikbaar en daar is ook jag- en wildbesigtingsgeleenthede op plase.

Talle sportsoorte word hier bedryf en die jaarlikse Bruintjieshoogte-halfmarathon is ’n gewilde geleentheid.

Die jaarliks Biltongfees het pas sy 21ste jaar herdenk en lok van die land se beste kunstenaars sowel as besoekers van oral na die gebied.
Somerset-Oos is 180 km van Port Elizabeth op die R63 tussen Kookhuis en Pearston geleë.

  • Wilna de Klerk is ’n vryskut-skrywer van Cradock.
 

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

WCF Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

WebSphere Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

iPhone Applications Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R520000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 74,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2005
R 64,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.