Skaapkoppe vlieg toe soos soetkoek op fees

2010-08-31 08:40

Só lyk die spyskaart op die Vleisfees.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Vrydagaand was dit soesji in die stad en Saterdag die langpad na Calvinia om ’n gebraaide skaapkop by die Vleisfees te gaan soek, skryf Eben Human.

Die lewe is ’n kulinêre reis. Só voel dit regtig party dae.

As jy ’n stadsbewoner is, kan jy binne loopafstand wees van restaurante waar jy eksotiese geregte van lande soos China, Thailand, Viëtnam, Italië of Japan kan geniet.

Dan is daar dae wat jy net lus is vir ’n lekker ou skaaptjoppie.

As jy nie self wil braai nie, en jou vleislus regtig groot raak, vat jy die pad na Calvinia waar die mense die afgelope naweek vir die 21ste jaar hul Vleisfees gehou het.

Mouton van Zyl se Moto-Avontuur het dié slag ondersteuning van meer as sestig motorfiets-entoesiaste gekry.

Die Caledonners is al Vrydag deur na die fees en ’n paar van ons ry toe Saterdagoggend vroeg saam in ’n bussie om die res te volg.

Net anderkant Ceres vat ons die grondpad en hou eers stil – langs ’n dooie bakoorjakkalsie.

Dit het my belangstelling in hierdie soort ongevalle geprikkel en ek tel die naweek drie bakoorjakkalse, drie hase en die groot verrassing – die oorblyfsels van ’n rooijakkals.

Deur die Tankwa-Karoo ry jy sulke lang reguit paaie. Die wêreld lyk droog en klipperig.

Nader aan Calvinia begin dit meer na goeie skaapwêreld lyk en dan is jy by die feesterrein.

Hulle het oor die twee dae weer hul gebruiklike 6?000 besoekers gekry en daar is lekker gekuier en rugby gekyk op ’n grootskerm.

My probleem was dat kollega Theuns van der Westhuizen gevra het ek moet vir hom ’n gebraaide skaapkop saambring.

As Namakwalander van Nuwerus se wêreld is sy vleistande nog lank nie stomp nie en hy wou bitter graag saam met die bussie gereis het.

Ander verpligtinge het hom weerhou en dit was my taak om ’n skaapkop te kry.

Saterdagmiddag om twaalfuur was egter te laat, moes ek hoor by Hannes Visser se stalletjie.

Hulle het 64 koppe gehad – maar dit het soos soetkoek verkoop.

By die twee stalletjies langs hom was minstens nog 50 skaapkoppe – ook alles opgeraap deur die vleiseters.

Visser was die vorige vier jaar die hooforganiseerder van die fees en dit is toe by hom wat ek meer wil weet hoe dinge hier in die Hantamwyk werk.

“Hier bedien ons vandag alles van die skaap se snoet tot die punt van sy stertjie en ook alles tussenin,” vertel hy.

Daar is afval, sosaties, nek, lewer-in-netvet, kaiings, stertjies, pofadders, die hele lot. Wat ek egter gemis het, was die bykosse, slaai en servette.

“Ons het voorheen slaai bedien, maar dit het nie groot aftrek gekry nie. Dit is nie die moeite werd vir ons om slaai te maak nie,” was die Hantammer se verduideliking.

Daar was roosterbrood, slaptjips en tamatiesous. Die worsie met slaptjips en tamatiesous wat ek toe verkies het, was lekker warm en smaaklik.

Die Italianer Antonio Saetta het met ’n gehuurde motorfiets saamgery.

Hy kom oorspronklik van Napels en kon nie uitgepraat raak oor die agterpaaie nie en die baie vleis wat in Calvinia deur die feesgangers verorber is.

Dit was nie asof ons gashere nie bereid was om groot moeite te doen nie. Van die skape is reeds Vrydag op die hoef beoordeel.

Die aand word hulle geslag en Saterdag kan jy hul karkasse op die Vleisfees aan die haak sien.

Dan word die vleis beoordeel en word pryse uitgedeel.

Dit was weer lekker om saam met Moto-Avontuur se manne te reis.

Daar is oornag in ’n plaaslike skoolkoshuis voordat die 80 km grondpad die Sondagoggend na Loeriesfontein gevat is.

Langs die pad was mooi kokerbome en ons het ’n draai by die Windpomp-museum gemaak voordat ons by Nieuwoudtville se waterval gestop het.

By die waterval was ’n stalletjie waar daar gebraai is en die vroue pannekoek en konfyt verkoop het.

Van Nieuwoudtville het ons weer grondpad gery oor die Botterkloofpas na die Sederberge.

Pakhuispas is nou geteer en nie meer dieselfde nie.

Die Vleisfees was lekker en daar was ’n paar kampies waar stoetdiere, ook pronkerige boerbokramme, te sien was.

Maar toe wonder ek mos na die naweek: “Hoe moes ’n ou boerbokram gevoel het op die Vleisfees in Calvinia?”


Malinda Croukamp op pad na die Vleisfees op Calvinia. Daar is van Ceres deur die Tankwa-Karoo op die agterpaaie gery.


Cobus Hough besig om sy kliprib te braai.Foto: Albi Fouché


Stadsjapies wat die naweek op Calvinia uitgehang het. Van links is Mannila Postma, Jana Kritzinger, Louise Joubert, Laurian Botha en Anina Bezuidenhoud.


Antonio Saetta van Italië ry verby ’n padongeval. Vir hom was die naweek ’n kultuurskok.

 

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 19-26°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Mostly sunny. Warm.
Jhb: 16-28°C More sun than clouds. Mild. Bloem: 19-30°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-31°C Mostly sunny. Warm. PE: 20-25°C Showers early. Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Data Manager

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
Market Related

PL/SQL Oracle Developer

Midrand
Nu Beginnings Recruitment Specialists
Market Related

Server Management Engineer

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R12500 - R15000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MERCEDES-BENZ

A 180 ELEGANCE AT
2010
R 244,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.