Op die warm Meyl tot in die mooi Bo-Karoo

2010-03-09 11:28

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's


Teen die einde van Februarie kry jy nog van die warmste somerdae in die Karoo en dit was op so ’n Sondag wat ek en my vrou, Lucille, aanmeld op die Kaapse stasie.

Ons het al baie gehoor van die spoggerige vakansieplaas Melton Wold naby Victoria-Wes, en ook dat jy met die trein daarheen kon reis.
Melton Wold is 630?km van die Kaap en 800?km van Johannesburg.

Die retoer-treinkaartjie na Hutchinson kos R320 per persoon van Kaapstad en R440 van Johannesburg.
Dit sou die ideale wegbreekkans vir my vrou wees ná ’n stresvolle tyd by die werk. Tóg het ’n mens gewonder oor veiligheid en of jy ’n aangename ervaring sou hê.

Die trein sou om 12:30 vertrek. Dié tyd stoot ’n paar jongmanne laggend die sleepwaens met die beddegoed nader. Hulle lyk soos studente sonder sorge – soos in die dae toe ek self ’n kelner was.

In daardie dae moes ons met vertrektyd as kelners stiptelik aangetree in die eetsalon staan – ’n tyd wat almal gerespekteer het.
Die Shosholoza Meyl vertrek uiteindelik 23 minute laat rustig uit Kaapstad, terwyl ons opgewonde die ander kant van die N1 op pad na Bellville bekyk.

Bellville is die eerste stilhouplek. Eers hierna kan ons na die eetsalon gaan.

Ons vra die veiligheidswag om ons koepee te sluit. Net die treinbestuurder dra egter ’n sleutel, maar daar word flink aan ons versoek voldoen.

Ons koepee is effens beknop en ons vra of daar nie dalk ’n kompartement beskikbaar is nie.

“Die trein is vol. Daar klim 172 passasiers by Worcester op,” kom die antwoord.

Die eetsalon se groot vensters laat jou dadelik ontspanne voel en ons bestel ’n koue bottel witwyn.

Ons kry een van Nederburg se staatmakers teen R55 en die kerrie-en-rys lyk ook heel lekker teen R30.
Die spyskaart is beperk, maar met die duurste gereg teen R50 is dit bekostigbaar.

Daar is ook kelners wat wegneemetes flink na die kompartemente dra.

Die groot groep wat daarna op die Meyl toesak, is mense wat ’n kerkkonferensie op Worcester bygewoon het. Hulle is op pad terug na Gauteng en die Vrystaat.

Die voertaal op die trein is daarna Afrikaans en die meeste van ons nuwe passasiers – mans, vroue en kinders – verkies om kaalvoet die hitte te trotseer.

Die man wat egter die benoudste op die trein was, was die sjef.

Daardie aand sou hy en die kelners bontstaan terwyl die ysvoorraad vinnig begin smelt en koue drankies ’n luukse word.

Eers teen halftien kry ons ’n sitkans. Sommige van die laaste passasiers is teen dié tyd net moeilik.

“Op pad na Worcester was die diens uitstekend. Wat gaan vanaand met julle aan?” wou van hulle net luidkeels weet.

Om tienuur strompel daar ’n lang kêrel wat soos die Jamaikaanse naelloper Usain Bolt lyk uit die warm treinkombuis.

Dis die sjef.
“Jammer, mense. Ons moes vanaand meer as 400passasiers be­dien. Ons het ons bes probeer,” sê die moedige sjef.
Ek wou graag vir die man hande klap vir sy goeie maniere, maar van die passasiers looi hom steeds.

Die trein was byna ’n uur laat toe ons by ’n verlate Hutchinson afklim. Jan Kleinbooi van Victoria-Wes moes ons kom haal met sy taxi, maar van hom is daar geen teken nie.

Ons bel Kleinbooi op sy selfoon en hoor hy is op pad. Kort daarna sien ons ligte, maar dit is ’n Golfie waaruit laat passasiers peul.

Met die trein weg, staan daar net ’n verlate Golfie. Ek stap later in die helder maanlig oor die treinbrug en hoor ’n stem: “Kom iemand julle haal?” Dis die Golfie se bestuurder.. Hy en sy maat was seker bekommerd oor ons veiligheid.

Kleinbooi daag kort daarna in sy minibus op en ons vertrek haastig na Melton Wold. Die rit kos ons R200.

“Ek wil nie te vinnig ry nie. Hier is deesdae heelwat koedoes en ons het al ’n paar lelike ongelukke gehad,” sê hy heel gerusstellend.

Teen halfdrie die oggend is ons in die bed en kon daarna uitsien na drie wonderlike dae op die plaas.
Ons is die Woensdagaand terug na Hutchinson om kort ná middernag weer die trein te haal.

Johann van der Walt, ’n boer van Hartswater, ry vir die eerste keer op die Shosholoza Meyl saam en hy en sy vrou, Tienie, sê hulle vind dit heel aangenaam. Net jammer hy het so laat in Kimberley aangekom, sê hy.

Die Puk-student Michelle Coad sê sy het die laaste jare ook gereeld tussen Potchefstroom en haar ouer­huis op Worcester gery.

Die algemeenste klagte is dat die treine nie volgens hul tydrooster ry nie, en Michelle voeg by: “Ek geniet die treinritte. Hulle het die trein altyd baie skoon gehou. Dit lyk nie of hulle dit deesdae meer so pligsgetrou doen nie.”

Maar gaan ry ’n slag self. “Volgende keer pak ons soos in die ou dae ’n kosmandjie en neem koue verversings saam,” sê my vrou.

Daar is ook hoop vir ’n beter diens. Verlede week het mnr. S’bu Ndebele, minister van vervoer, in die parlement gesê die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) het sedert Januarie 2006 meer as R118 miljoen aan 128 konsultante bestee.

Sjoe - hoveel gaan dit nog kos om 'n trein betyds by sy bestemming te kry?

Ken jy die Shosholoza?

Die mynwerkers het “Shosholoza” gesing. Baie van hulle moes van ver met die trein na die goudmyne aan die Rand reis.
Die treine het hulle Imeyli genoem, wat uiteindelik tot die naam Shosholoza Meyl gelei het.
Besoek die webtuiste www.­shosholozameyl.co.za vir meer inligting. Die volledige tydroosters verskyn daar en jy kan aanlyn bespreek.
Ons het toeristeklas gery en ons bespreking op die Kaapse stasie gaan doen.
Daar is ’n nog goedkoper ekonomiese klas met net regop sitplekke, asook ’n luukser premierklas.
Teoreties moes ons trein om 12:30 uit Kaapstad vertrek en om 23:55 in Hutchinson aankom.
Die trein se bestemde tyd van aankoms die volgende dag in Johannesburg was 15:18.
Uit Johannesburg kan jy weer byvoorbeeld om 10:30 op ’n Woensdag vertrek.
Jou aankomstyd is veronderstel om 01:15 Donderdagoggend op Hutchinson te wees en 12:40 die middag in Kaapstad.
’n Retoerkaartjie tussen Kaapstad en Johannesburg kos R860.
Jy betaal R40 ekstra vir skoon beddegoed. Daar is ook gemeenskaplike stort- en toiletgeriewe.
Vir algemene navrae en besprekings kan jy 0860008888 of 0117744555 bel.
Vir ’n besoek aan Melton Wold kan jy Ronél Vorster bel by 0536211912 vir navrae.
Bel die betroubare Jan Kleinbooi by 0733866215 of 0536210189 om vir jou ’n taxi van Hutchinson na Melton Wold en terug te reël
 

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 19-26°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Mostly sunny. Warm.
Jhb: 16-28°C More sun than clouds. Mild. Bloem: 19-30°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-31°C Mostly sunny. Warm. PE: 20-25°C Showers early. Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU
2003
R 53,900.00

MITSUBISHI

Pajero BK 3.8 GLS SWB 4x4 3-dr AT MY07
2007
R 219,990.00

KIA

K2700 Std Dsl MY04
2006
R 99,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.